
Oudpres. Jacob Zuma en Bongani Bongo toe Bongo in 2017 as minister van staatsveiligheid beëdig is. (Foto: GCIS
Die eerste domino het skynbaar geval in die interne ANC-stryd teen staatskaping toe die omstrede oudminister Bongani Bongo Dinsdag onverwags “met verlof gegaan het”.
Bongo is tans die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake en was Dinsdag sonder verskoning afwesig vir die komiteesitting wat hy boonop moes lei. Die komiteeklerk het toe maar as voorsitter opgetree.
By navraag het sommige ANC-lede teenoor Maroela Media beweer Bongo is met verlof. Die woordvoerder van die ANC se parlementêre koukus, Nomfanelo Kota, het egter gesê geen sodanige verlof is goedgekeur nie en die saak sal na Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg, verwys word.
Bongo se afwesigheid volg ʼn dag ná die bekendmaking van ʼn besluit deur die regerende party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) dat alle ANC-lede wat in die hof tereg staan op strafregtelike aanklagte, dadelik geskors sal word uit alle politieke en ANC-bedrywighede, totdat die hof hulle onskuldig bevind het.
Die NUK het egter geen aanduiding gegee van wanneer sodanige maatreël ingestel sal word nie.
Bongo was minister van staatsveiligheid tydens die Zuma-bewind. Hy is verlede jaar deur die Valke in hegtenis geneem en het in die streekhof in Kaapstad verskyn op aanklag dat hy die getuienisleier in die parlement se ondersoek na wanbestuur by Eskom probeer omkoop het om die ondersoek te kelder.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Koebaai Bongi! Enjoy the trip!
Ons hoop maar dit is waar dat hy geskors is. Dit is hoog tyd
CR pasop dat jou kaders wat geskors word nie ‘n staatsgreep op jou uitvoer.
Geskors met volle voordele. Kan werk vir my.
Nie skors nie, fire hom.