EFF aangekla oor ‘superverspreiderbetoging’

Talle lede van die EFF het Vrydag na die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) se kantore in Pretoria opgeruk. (Foto: EFF/Twitter)

Die polisie gaan strafregtelike aanklagte teen die organiseerder van die EFF se jongste betoging aanhangig maak, nadat duisende lede van dié party Vrydag na die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) se kantore in Pretoria opgeruk het.

Die opposisieparty dring onder meer daarop aan dat die regering die Russiese Sputnik V-entstof teen Covid-19 sowel as Sinovac se entstof bekom en dat lede van die publiek voortaan moet kan kies van watter entstof hulle ontvang.

Daar word geskat dat meer as 2 000 lede aan vandag se betoging deelneem, hoewel vlak 3-afsonderingsregulasies tans byeenkomste in die buitelug tot 100 mense beperk. Video’s wat op Twitter gedeel word, wys hoe ʼn groot massa EFF-lede in die strate van Pretoria afloop en geen sosiale afstand handhaaf nie.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die polisie beoog om strafregtelike aanklagte teen die sameroeper van die byeenkoms aanhangig te maak weens die groot aantal betogers.

Muridili sê daar sal later vandag vasgestel word presies watter aanklagte teen die sameroeper van die byeenkoms aanhangig gemaak gaan word.

Die DA het intussen gesê hy verwelkom die strafregtelike aanklagte in reaksie op die EFF se “onverantwoordelike” optog.

Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, sê dié party het vooraf gewaarsku dat die optog moontlik op ’n superverspreiderbyeenkoms kan uitloop en juis daarom die EFF se uitnodiging om aan die optog deel te neem, van die hand gewys.

Die optog se slagspreuk is “Loop om lewens te red”.

Die optog se slagspreuk is “Loop om lewens te red”. (Foto: EFF/Twitter)

“Die EFF gee nie daaroor om om lewens te red nie,” sê Mazzone. “Indien hulle het, sou hulle nie ’n optog gehou het wat die afsonderingsregulasies oortree en ongeveer 2 000 van hul volgelinge in gevaar stel om Covid-19 op te doen gedurende ’n tyd waarin die Gautengse gesondheidsorgstelsel oorweldig word deur die derde golf van die pandemie nie.”

EFF kap terug

In foto’s en video’s op Twitter kan gesien word hoe Julius Malema, leier van die EFF, vanoggend oor ’n luidspreker die skare toespreek en reageer op die negatiewe reaksie wat die optog op sosiale media ontlok het.

“Daar is tans meer kinders in ons skole as wat aan hierdie betoging deelneem. Tog word hierdie optog ’n superverspreiderbyeenkoms genoem.

“Die myne word tans onder grond bedryf waar daar geen ventilasie is nie. Duisende en duisende van ons vaders word ondergrond gestuur sonder dat enige Covid-19-regulasies nagekom word,” het Malema aangevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Suzette ·

En wat gaan gebeur – net mooi niks…. eff gaan net verder skree en betoog.

Die Boerepompie ·

Daar kan niks gebeer nie hulle boetties help hulle

Kokerboom ·

Verseker.. sluit aan by khoisan wat uitkamp by Uniegebou( snaaks naam nognie verander)…. dra by om SA ‘n bespotting in wêreldoë te maak!

Persheks Adri ·

Ja nee ons sien die sosiale afstand en dan wonder hulle hoekom ons in Gauteng se syfers styg! Looi hulle en sluit toe vir baie lank

Shady ·

Want ons maak wat ons wil en die regering kan niks daaraan doen nie

Pietertjie ·

Die regering wíl niks daaraan doen nie, want hulle het die EFF se stemme nodig om die grondwet te verander

Die Boerepompie ·

KYK Frikkie voel niks vir die mense om hom en die piblikie nie sy gemors voel ook niks vir nimand nie Hulle kan neers die EFF toe sluit as hulle die wet op virwapens oor brug nie ook nie wanner n SAP lid aan gerand word nie .Nou wat dink die SAP gaan hulle doen aan die EFF .Daar gaan n tyd kom wat mens nie meer die gaan dild nie dan gaan die lope daans

Kokerboom ·

Hoe kan die ANC dan teen hul Jeugliga/ rewolusionere arm optree? Wie moet dan ANC se vuilwerk vir hul doen?

Willem ·

As die verdomde EFF net kan verstaan die kinders probeer ń opvoeding kry en die mense in die myne wil kos op die tafel hê. Hulle nie daar om strate oor te neem

Neelsie ·

Die EFF wil net propaganda maak om stemme te werf vir die plaaslike verkiesing. Hulle is nie gepla oor feite of waarheid nie!!

Rudolf ·

Dubbele standaarde weereens. n Bejaarde egpaar gaan stap inn stil straat en versuim per albuis om hul maskers op te sit. Word summier gearresteer en in die selle gestop. Hierdie snare oortree doelbewus alle Regulasies en daar word slegs – moontlik – teen die organiseerders opgetree. Maak dit vir iemand sin ?

Pot se lepel ·

Wonder of was die komandeer in hoofman al onder in n myn? Daar is beslis baie ventilasie. Meer as in enige kettingwinkel of bus of taxi of motorkar met toe vensters.

Praat alweer deur sy nek

Ovelia ·

Hulle sal niks oorkom nie. Hul is derl van di anc. Sonder maskers geen distansie tussen hulle nie. Dan vra ek die vrazg hoekom is daar nie nog meer civi getalle nie.

Tokkel ·

Laat die EFF narre dit koop vir ‘n slag en laat hulle al hul trawante inspuit saam met hul aankope!
Gebruik asb EFF geld en nie ons TAX geld nie. Dalk sal hulle minder goed afbreek en plunder as hulle vir ‘n slag self hand in eie boesem druk…

Blomme ·

Julias die onaantasbare!! Welgedaan Ou Julias.. Wys net weer vd land watter swak en slap leierskap in ons parlement sit! En dit nogals met astronomiese salarisse.

Nie Verbaas ·

Kla Malema aan want dit sal tog net voorgee wees want tot nou toe is hy nog nie vir een van sy misdade gevonnis nie. Dit te danke aan ANC kaders.

annie ·

Die 6 en 1/2%-party gooi sy gewiggie darem erg rond so tydens die covid-inperking. Eise strek vanaf grondverduistering tot entstof a la king tot skole-oop-en-dan-weer-skole-toe… en alles om den brode nà die verkiesing in Oktober? 202?… Malema dra die kroon al moet hy dit self maak.

Karpraat ·

Ek wonder van wanneer af is hy n spesialis van mynventilasie!

Andries ·

Dit is belaglik. Ek weet nie of die regering en polisie bang is vir malema nie. Ek het ‘n plot hier buite Pietersburg en so vyf KM van ons af soos die kraai vlieg het hy ‘n swempark, akkomodasie plek en elke naweek is dit musiek wat pomp en krekkers wat af gaan party sondae aande tot 3uur die maandag oggend. Jy kan die polisie skakel en ‘n klag indien en absoluut niks gebeur nie. Sodra jy die plek se naam noem dan is dit as of die polisie jou dood eenvoudig af jak en die situasie ignoreer. Hulle is bang of hulle word betaal.

Jaco ·

Dis goeie nuus, want hoe langer die EFF en die ANC van mekaar verskil, hoe langer gaan dit vat om met onteiening sonder vergoeding te begin.

Albertus Christiaan ·

Hulle verskil nie van mekaar nie. Dis oë verblindeling. Hulle is regering se beleidsmakers

gatgogga ·

Niks sal gebeur nie. Ramaphosa is die beskermheer van die EFF.

Die Boerepompie ·

Ek kannie vir staan hoekom word hy nie toegeslyt nie

Adriana ·

Jy wat so grootbek is oor alles en betoog oor alles, wat het jy al wat produktief is vir die land al gedoen, niks, jy kerm oor alles, koop jy daardie lande, jou maatjies, se inentings aan en begin jou mense daarmee inent, dan sal ons sien of dit jou gaan help. So moeg van jou gekerm en betogings, haal jou hande uit jou sakke en doen iets goed om hierdie land vorentoe te vat

Rosie ·

Hoekom toi toi hulle vir daardie spesifieke spuite? Wat weet hulle wat die meerderheid nie weet nie? Dis nie dieselfde brand wat daar nou gebruik word om die mense in te spuit nie. Waar daar n rokie is is daar n vuurtjie. Maar nietemin hulle kan my spuit kry. Ek trust nie een van die spuite nie.

Eragrostis ·

Hierdie optog verbaas my nie. Die regering, wat die voorbeeld moet stel, faal in alle aspekte self. Einde Julie laasjaar het met as 200 ANC lede die begrafnis van Andrew Mlangeni in Soweto bygewoon en boonop geen veilige afstand gehandhaaf nie. Ek weet ook van niemand wat daaroor aangekla is nie. Daarom gaan dit nogal moeilik wees om van die landsburgers te verwag om gehoorsaam te wees en die Covid regulasies na te kom, want die ANC het oor die jare heen ń kultuur van wanorde en chaos geskep. Boonop is die ANC deurspek met kriminaliteit. So ja, ANC, julle het die voorbeeld gestel.

Sakkels ·

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die polisie beoog om strafregtelike aanklagte teen die sameroeper van die byeenkoms aanhangig te maak weens die groot aantal betogers. Beoog in die geval beteken niks doen nie.

Nie Verbaas ·

Sien op tv hoe dans en gil die rooipet virus sonder maskers. Doen net wat hulle wil sonder nagevolge, ne Cele.

Dirk Mostert ·

Nie net die organiseerders nie. Elkeen wat deelneem aan die betoging moet in hegtenis geneem word. Cele, jy kan nou gou 1,900 by jou teen-misdaad statistieke voeg!

Johan ·

Om van SAHPRA en al die ander gesondheid organisasies ontslae te raak sal nie die ergste wees nie, hul word misbruik deur regerings om alles te probeer beheer. Dokters is opgelei en kan hulself reguleer. Hoekom moet n klein groepie mense sê hê oor alles, ek hou nie v die EFF nie maar vir eens doen hul tenminste iets en kruip nie net soos ons in ons huisies weg nie.

agnes ·

Daar is reeds menige inenter pasiente dood.
Pas op vir inenting teen Covid

Debbie ·

En meeste van hulle se maskers is nie eers op hul gesigte nie. Ag niks gaan kom daarvan nie. Daar is hofsake teen Malema wat al jare hangend is. Al syne word onder die mat in gestoot

Kanamandanie ·

Hulle voel niks vir hulself nie, los hulle dat hulle verder opneuk en hulself siek maak.

Chris ·

Ons sal graag wil weet wat het toe gebeur want klink my die polisie sal nog besluit daaroor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.