EFF-LP uitgegooi oor ‘wit seun’-uitlating

Mbuyiseni Ndlozi. Foto: Twitter

Mbuyiseni Ndlozi. Foto: Twitter

Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, is uit die Nasionale Vergadering gegooi nadat hy geweier het om sy uitlating terug te trek.

Dean Macpherson, DA-LP, het tydens ʼn stemming oor die begrotingsoorsigverslag van die departement van kuns en kultuur opgestaan en daarop gewys dat Ndlozi nie in sy aangewese sitplek sit nie. Ndlozi het in die voorste ry gesit waar Julius Malema, leier van die EFF, en Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, gewoonlik sit.

Ndlozi het opgestaan en terwyl hy na Macperson gewys het, gesê: “Ek sal nie gemonitor word deur ʼn wit seun nie.” John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het beswaar aangeteken en die voorsittende beampte, Thoko Didiza, versoek om Ndlozi te dwing om die aanmerking terug te trek.

Didiza het ingestem en Ndlozi gevra om dit terug te trek. Ndlozi het Didiza egter uitgedaag om die naam te noem van die persoon na wie hy glo verwys het. Volgens Ndlozi verbied die parlementêre reëls nie veralgemening nie. “Dit was ʼn veralgemening, ons sal nie deur wit seuns gemonitor word nie.”

Didiza het Ndlozi hierna versoek om die Nasionale Vergadering te verlaat. Hy het geweier waarna hy verwyder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ja wat ·

Ek wonder wat sal gebeur as ek my veralgemening oor hom publiek sê? Hy sal nooit n rasis genoem word nie. Maar laat iemand wat wit is so iets sê?

Victor ·

Is dit nie juis omdat hulle NIE gemonitor word nie, dat Suid-Afrika se regering so n gemors is nie en dat daar so baie korrupsie/bedrog in die land plaasvind nie…??? Ek dog ek vra maar net…

Victor ·

Is dit nie juis omdat hulle NIE gemonitor word nie, dat Suid-Afrika se regering n gemors is en dat daar so baie bedrog/korrupsie plaasvind nie…?? Ek dog ek vra maar net…

theresa ·

Ha ha ha ha hie hie!!! Dié man is so verspot!! Sit op verkeerde plek = swak protocol en sommer plainweg geen maniere nie. Hoort nie op so vergadering nie, sien. Dan is dit ‘n regte rebelse tipe persoonlikheid wat floreer in die afwesigheid van dissipline. Aldus die uitdaging van iemand waaraan hy eintlik respek moet betoon. Foeitog. En toe tog verwyder – besef hy nou eintlik dat hy verneder is deur sy eie toedoen, of projekteer hy nou weer na iemand anders die skuld van sy eie stupidity.

Theresa ·

Moet nog ‘n eier lê asb: Nog iets wat die man nie verstaan nie, is dat niemand jou so sal monitor en rondskuif, as jy in die eerste plek die regte ding doen nie.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Kry die eff nie skaam om soos barbare aan te gaan nie Dit lyk maar vir my na a party vir iue gewin

Oom Okkert ·

Sal nie kwaad word as iemand my wit seun noem nie ( wit ou toppie is ook reg).
Dit is mos die waarheid en ek is trots daarop.

jannie ·

Die EFF soek net aandag. Hulle maak geen konstruktiewe bydrae tot die land nie. Afbreek en om die land in gemors te dompel is hul missie. Hoop hulle ondersteuning verlaag

Jan maak n Plan ·

Met sulke varke sal die nuwe RSA nooit werk nie – baie dankie. Hulle breek vinnger af as wat die res kan opbou.

Dan ·

Die D.A. kon maar net vir hom die teenoorgestelde gese het. Ek wonder wat sou die eind-einde dan gewees het. Eindlik maak dit nie vir my sin nie.

vermeende ·

SA Parlement.
Die beste sepie ooit, selfs beter as Dallas en die Laan met meer intrige en drama, moord, veelwywery en ‘n magstryd. Dit alles kan jy volg op SABC, vermaak vir almal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.