EFF sal betoog wanneer Gordhan, OB hof toe gaan

Julius Malema, leier van die EFF. (Foto: Twitter via @EFFSouthAfrica)

EFF-leier Julius Malema sê die rooi barette sal Dinsdag buite die hooggeregshof in Pretoria betoog wanneer die eerste gedeelte van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se regstryd teen die openbare beskermer (OB) aangehoor word.

“Ons gaan Jamnadas hanteer soos ʼn grondwetlike misdadiger en enige iemand wat nie daarvan hou nie, kan huis toe gaan en ʼn lekker koppie tee drink, want daar is niks wat julle daaraan kan doen nie,” het Malema by ʼn mediakonferensie in Kaapstad gesê. Jamnadas is Gordhan se tweede naam.

“Tree aan, kom ons ontmoet mekaar Dinsdag. Jamnadas het die OB hof toe gevat en ons gaan hof toe en sal nie deur enige iemand gestuit word nie. Geen hoeveelheid intimidasie kan die EFF keer nie, ons luister nie vir enigiemand nie, ons luister vir ons kiesers.”

Malema het teen die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) uitgevaar omdat hulle vroeër die dag hul steun vir Gordhan uitgespreek het. Die SAKP het gesê hy sal die nasionale vergadering aanmoedig om ʼn proses te begin om die OB, Busisiwe Mkhwebane, se bevoegdheid om haar amp te beklee, te hersien.

Alex Mashilo, SAKP‑woordvoerder, het gesê Mkhwebane se bevinding dat Gordhan toegelaat het dat ʼn geheime eenheid binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) tot stand kom, was deel van ʼn veldtog om die regering se poging om korrupsie uit te roei te ondermyn.

Regter Pieter Meyer het Woensdag in die hooggeregshof beslis dat beweringe oor die bestaan van ʼn sogenaamde “geheime eenheid” ongegrond is en dat die vestiging van ʼn SAID-eenheid genaamd die hoërisiko-ondersoekeenheid wettig was.

Mashilo het gesê miljarde rande is uit regeringskoffers geplunder in die staatskapingskandaal, en tog het Mkhwebane op verdagte wyse gekies om eerder te fokus op die valse bewerings van ʼn onwettige eenheid binne die inkomstediens.

Malema het teruggekap dat die SAKP ʼn uitgediende liggaam is en dat die EFF hulle nie aan die party sal steur nie.

“Hulle het niks om vir ons te sê nie. As hulle wil kom, laat hulle kom, maar ons sal nooit stilbly nie. Ons sal nooit in ʼn hoek ingedruk word en voorgesê word wat om te sê en wat om nie te sê nie. Kom ons gaan na die strate toe en as jy ʼn geveg wil hê, gaan jy dit kry. Ons is nie bang nie. Julle soek ons, ons is Dinsdag in Pretoria.”

Mkhwebane het ʼn ondersoek na Gordhan van stapel gestuur nadat sy ʼn klagte van die EFF ontvang het oor die sogenaamde geheime eenheid in die SAID. Gordhan hou vol hy het niks verkeerd gedoen nie en het die hof versoek om die implementering van Mkhwebane se regstellende stappe op te skort hangende ʼn volledige wetlike hersiening van haar bevindings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Wurmpie ·

Julius kry jou mense bymekaar en gaan werk ń slag vir julle geld. As jul nie werk het nie begin om al die plekke wat jul so bemors skoonmaak. Jul doen dan iets positief

BTW ·

Lyk of Malema bamg is dieVBS bank se geheime word openbaar gemaak. Hoekom haat hy Gordhan nou so, of is dit oor die belastinboetes wat hy gekry het toe Gordhan in beheer was by SARS?

John ·

Geheime, geheime… Hoekom is Julius so behep met Gordhan? Die bank wat geflop het; Zuma en die EFF was kliènte. Daar moet ten alle koste gekeer word dat inligting oor belastingsake uitlek wat klinkklare bewyse sou wees van omkopery en skelmstreke. Hoekom wil Malema wat kamtig so vir ‘n skoon regering veg, dan Gordhan stuit? Dit is teenstrydig. Hoe groot is die EFF? Watter magte sit agter die groep? Die ex-pres staan self agter die deur en nou soek hy ander daar. Is die EFF sy geheime eenheid?

lewies ·

As die Eff hulle by die spelreels van betogings hou is almal veilig. Uitdagings en dreigemente van hulle kant af is nie genoeg om iets aan hulle te doen nie. Kom ons kyk of hulle daardie self-dissipline het?

marous ·

Direkte dreigement wat niks anders as sedisie teen die staat is nie . Gaan hoed die weermag vra om te help of dalk die VN ?

wilma ·

Ai, Mnr. Malema – dink net watter verskil julle kan maak deur julle energie aan te wend en uit te help waar daar nood is soos bv. opknapping van skole, skoonmaak van plekke waar dit onveilig is vir kinders om rond te speel, ens. ens. in plaas van om jul tyd te mors met beuselagtighede. Wat gaan julle nalatenskap wees?

George in Bloem ·

Hierdie Malema en sy alewige gevegery gee my ‘n groot pyn daar waar dit seer maak. “He talks a good fight” maar dis mos maklik om te doen as ander die houe vir jou moet vat. Ek dink nie hy sal veel werd wees in ‘n regte geveg nie. Dis jammer dat ons land in ‘n tyd van ernstige krisis en vele uitdagings met die lae kwaliteit leierskap opgeskeep sit soos wat dit tans die geval is,waarvan die patetiese “Redclad warrior” natuurlik ‘n baie goeie voorbeeld is.Hy spoel gereeld sy mond oor die ANC korrupsie maar is so stil soos die graf aangaande die EFF se eie VBS bank skandes? Hoe pateties is dit? Van ware staatsmanskap is daar ongelukkig absoluut geen sprake nerens in SA nie.

Ore ·

Blikke wat leeg is maak geraas……..hoe lui die spreekwoord nou weer?
Het hulle nie meer belangrike dinge om aandag aan te gee nie? Ek dink maar aan al die beloftes wat gemaak is voor die verkiesing.Hy staan self agter die deur en Pravin is die perfekte weerlig afleier om sy eie bas te red

MT ·

Spul hansworse!!! Hulle moet permanent uit die parlement geskors word!!

George in Bloem ·

Who let the dogs out? Woof woof!!
Spul narre wat hierdie land groot skade berokken.Rather pay back the VBS money EFF.

AndrewL ·

Die opskrif moet lees: ” Die Eff betoog”. Of doen hulle ook iets anders?

ap ·

malema weet gordan het hulle ontbloot , almal skelms net soos zuma

Andreas ·

Hier is ‘n juweeltjie oor Julius, soos per The Citizen van 18 Julie 2019. Gungubele sê in die parlement om met Malema te debatteer is ‘n mors van tyd:

The African National Congress (ANC) MP accused Malema of leading a cult, with EFF members singing their leader’s song, dancing to his dance, jiving to his jive, walking his walk and even attending “the party you attend”.

“That’s why they call one of your guys the ‘Ice Boy’ because they carry water for you,” Gungubele said in reference to the EFF’s national spokesperson Mbuyiseni Ndlozi.

wilma ·

juliassie het vergeet waar is Peter Mokaba. hy raak hoeka soooo maer

Kallie ·

Malema sal in die hoek wegkruip terwyl sy comrades bloei. Meer bek as binnegoed.

Cherokee ·

Pieter Groenewald, as jy wil hê malema moet die VF+ ondersteun, moet jy slegs jou veroordeling an Gordhan uitspreek. Dit sal so snaaks wees. Almal sal vir hom lag.

Boy van die Suburbs ·

Terwyl julle in die strate rond hang, begin sommer vee! Julle dra mos “overalls”

Hans ·

Hoekom is Juju so bang dat pravin in die parlement bly. Gaan Pravin dalk iets uitvind oor wat Juju se trustfonds gewen het op Pietersburg??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.