Egpaar binnekort gevonnis vir baba se dood, sibbe se mishandeling

Die egpaar sal in Desember gevonnis word. (Foto: WMACA)

Die stiefpa van twee jong kinders van Kempton Park het hulle sowat ses maande lank mishandel en misbruik. Die ma van die kinders het egter niks hieraan gedoen nie. Dít terwyl die egpaar se vyf maande oue baba gedurende die tydperk weens mishandeling dood is.

Die egpaar sal nou in Desember gevonnis word nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op hul baba, asook die mishandeling en misbruik van die vrou se twee kinders.

Die mishandeling het tussen November 2017 en Februarie 2018 plaasgevind.

Hul baba wat in Junie vanjaar gebore is, is sedertdien in familie se sorg geplaas.

Miranda Jordan, stigtersdirekteur van die organisasie Women and Men Against Child Abuse (WMACA), sê die egpaar is in Julie vanjaar skuldig bevind aan 12 aanklagte wat verband hou met kindermishandeling.

Dit sluit in verkragting, seksuele aanranding, ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot moord en moord.

Die vrou is egter nie skuldig bevind aan die aanklagte van verkragting en seksuele aanranding nie, maar wel as medepligtige aan seksuele aanranding.

Die vrou se tienjarige dogter is gedurende die ses maande by verskeie geleenthede deur haar stiefpa verkrag terwyl haar broer (12) deur hul stiefpa fisiek mishandel is.

Die hof het gehoor dat die dogter haar ma van die verkragting vertel het hoewel haar ma niks daaromtrent gedoen het nie. Die dogter het toe ’n maat by die skool van die verkragting vertel wat ’n onderwyser daarvan ingelig het. Dit het daartoe gelei dat ’n ondersoek na die egpaar van stapel gestuur is.

Die ondersoek het aan die lig gebring dat die stiefpa ’n video geneem het van hoe hy die seun vasbind en mishandel waarna hy dié video aan die seun se ma gestuur het. Wéér het die ma nie opgetree nie.

Die egpaar se vyf maande oue baba is boonop in Februarie 2018 dood nadat die pa haar só aangerand het dat sy later weens breinbeserings in ’n hospitaal beswyk het.

“In die lig van die tydsbestek van ongeveer een tot ses uur voordat die baba na die hospitaal geneem is, kon die hof nie die moontlikheid uitskakel dat die ma van die beserings veroorsaak het wat tot die dood van die kind gelei het nie.”

Jordan sê die betrokke saak dui op ’n afgryslike patroon van wat kinders aan die hand van hul ouers of versorgers verduur.

“Ons sien te veel gevalle van kindermoord waar die ma haar rol as ’n maat vir die mishandelaar bo haar rol as ma vir die kinders kies. Die kwesbaarheid van kinders word nie betwis nie, en wanneer hulle niemand het om hulle veral in die vormingsjare te beskerm nie, is dit ’n tragedie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johanncb ·

Wat ‘n aaklige man en vrou! Hopelik word hulle baie swaar gestraf!

Faraway ·

Ek wou eers niks sê nie . . . maar ek kan nie stilbly nie!
Goddank dit het aan die lig gekom!!!!
Daar’s nog daarbuite . . . wat dalk hierdie berig lees en hopenlik ook die kommentaar
MAG DIE 3-ENIGE GOD SE TOORN OOR JOU ONTVLAM EN JOU VERNIETIG!

Persheks Adri ·

Sluit hulle toe en gooi die sleutel weg! Hoe de hel laat sy dit toe? My hart gaan uit na die kinders toe geen mens verdien dit nie en dan is julle wit! Verwyder uit die samelewing ons het nie sulke mense nodig nie

Connie ·

Hemel wat de hel gaan met die verdomde mense, my hart bloeie vir daai arme weerlose kindertjies. Julle moet sterk staan Liewe Jesus het alles gesien, en hy sal hulle nie ongestraf laat gaan nie. Jammer vir julle pyn en lyding, mag Jesus julle vertroos en heelmaak.

Dr. Rhoshe ·

Hoe te F kan die vrou n ma genoem word. Dit maak my siek as ek dink aan n ma wat toelaat dat iemand haar kinders seer maar.

JM ·

Hierdie man is ‘n monster!! Hy behoort permanent toegesluit word, sonder enige parool. Die ma is niks beter nie!

Misky ·

Kinders is n geskenk van God en kyk wat doen hulle aan daai kinders en laat daai sleg verskoning van n ma toe. Mag julle hel in die tronk al begin en dan ons Hemelse Vader finaal met julle afreken.

LiveAndLetLive ·

Hulle 5 maande oue baba is oorlede agv mishandeling, toe is daar weer n baba gebore in Junie 2020 (die mense behoort nie kinders te he nie) en terwyl dit alles gebeur word haar ander 2 kinders mishandel en sy doen niks nie.
Hoekom is die man (as mens hom dit kan noem) nie toegsluit toe die 5 maande oue baba dood is nie????
Wat n slegte Ma is die, dit skok mens tot in jou siel.

Mariana ·

Mag hulle swaarste straf moontlik kry. Hy verdien nie om aarde te loop nie en sy is slegte ma. Selfs diere laat nie dit toe nie. Sies

Jana ·

Twee babas, een dood en nou nog een hierdie jaar in familie se sorg geplaas…dit gaan my verstand heeltemal te bowe… Hoekom kry jy kinders as jy hierdie soort goed doen wanneer jy hulle het?? Het die ma al gehoor van iets soos die pil, of kondome? En die ander twee… Die stiefpa is nie biologies verwand aan die kinders nie, nie dat dit ooit regmaak wat hy gedoen het nie, maar hierdie kinders is fisies deel van hierdie vrou. Het sy geen hart nie? Hoe gaan jou kinders deur so iets en jy los dit net? Sy is net so skuldig, indien nie meer nie as die stiefpa!

Riaana ·

Mag julle verrot in die tronk en kry wat julle verdien, hoop julle gewettes as julle so iets besit ry julle tot die dag wat julle julle laaste asem uitblaas… SIES MAN… WAT IS FOUT MET JULLE, JULLE IS NIE DIE NAAM MA EN PA WERD NIE, SIES SIES SIES, JULLE RUK MENS SE HART UIT,

Casper ·

Daardie seer sal met tyd se geneesmiddel genees maar die wond is blywend.Hoe gaan hulle ooit weer mense kan vertrou.Mag julle vertroosting vind dat Jesus julle lief het en hulle geskape het met ‘n doel.Hy sal julle lei volgens psalm 23.Die sondaars moet permanent uid die samelewing verwyder word.

Yoll ·

Hoe siek kan jy wees die Here het kids gegee vir ons om na te kyk en op te pas,hul is so weer loos
Hulle kani mense genoem word niE.DAAR IS GEEN VERSKONING NIE EN EK SEKER DAARVAN DIE MA KON HULP KRY HKM HET SY NIE NEE MAN DIT ONSTEL MY ERG

Yvonne ·

Hoe bitter tragies is dit nie…terwyl daar hoevele pare is wat nie kindertjies kan he nie…boosheid neem by die dag toe

christo ·

Die twee behoort permanent uit die samelewing verwyder te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.