Egpaar in gegoede woongebied aangeval, beroof

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Paartjie is Donderdag helder oordag in ʼn gegoede woongebied in Port Elizabeth deur ʼn aantal mans oorrompel en aangerand.

Albei die slagoffers het die beproewing oorleef en herstel nou nadat hulle in ʼn hospitaal opgeneem is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ʼn 70-jarige man was om 08:50 in sy kombuis in Walmer besig toe hy twee mans by sy huis se stoepdeur gewaar het. Die mans het handskoene en klapmusse gedra en albei het vuurwapens gehad.

“Die slagoffer is glo met die vuurwapens aangerand voordat hy vasgebind is. Drie ander verdagtes het toe die huis binnegekom en na die slaapkamer gegaan waar die slagoffer se vrou was,” sê Naidu.

“Hulle wou by haar weet waar die kluis en kontant was voordat hulle haar na bewering ook aangerand het.”

Al die verdagtes het egter op die vlug geslaan toe die kluis se alarm geaktiveer is. Die vermeende rowers het glo met kontant en juweliersware ter waarde van R100 000 weggekom.

Die egpaar is vir behandeling in ʼn plaaslike hospitaal opgeneem.

Die polisie ondersoek tans ʼn saak van huisroof, maar niemand is al in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kokerboom ·

Dankie ANC..resultaat van jul vernietigende bestuurstyl

Johan ·

Gebruik gerus PE se nuwe naam, dit pas by die gemors waarin die Oos-Kaap is. Wens hulle wil nou maar ander vervalle ashope soos Standerton se naam ook verander na hul cANCer helde toe.

Madelein ·

Klink nogals asof hulle presies geweet het van die bedrag geld in daai huis

Anel ·

Baie keer bly die misdadigers self in die kompleks. Huur onder iemand se naam vir ‘n tydperk. Kan lekker die hele plek bespied sonder om agterdog te wek. Verdwyn dan net by hulle blyplek in en niemand verdink hulle nie. Dis wat ek dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.