Egpaar moor glo vir lewenspolisse

Lerato en Sibusiso Mahlangu in die hof (Foto: NVG)

ʼn Egpaar van Soshanguve in Pretoria het glo moord gepleeg en ʼn dood vervals om lewenspolisse te eis.

Sibusiso Mahlangu (33) en sy vrou, Lerato (32), het Donderdag in die landdroshof in Soshanguve verskyn op aanklagte van moord met voorbedagte rade, regsverydeling en bedrog.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê daar word beweer dat die egpaar op 2 Januarie 2022 ʼn man by hul huis in Soshanguve vermoor en die liggaam van die oorledene verbrand het.

Lerato het toe glo ʼn bedrieglike doodsertifikaat van die departement van binnelandse sake bekom waarin beweer word dat haar man, Sibusiso, in die brand gesterf het. Sy het toe van haar man se lewenspolisse geëis asof hy dood is.

Die egpaar is op 20 April in hegtenis geneem, nadat die man in Hammanskraal in besit van ʼn gesteelde motor gevind is. Met sy inhegtenisneming en verwerking van inligting is vasgestel dat hy as ʼn oorledene geregistreer is. Mahlangu moet op 29 Mei in die Hammanskraal-landdroshof verskyn in verband met die gesteelde motor.

Die egpaar moet op 18 Mei weer in die hof verskyn vir ʼn formele borgtogaansoek in verband met die moordsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Amelia ·

Mense wat moord moenie borgtog kry nie hul het n mens se lewe geneem sowel as AL sy regte so waar kom dit nou dat moordenaars nog n reg het

Rooi rissie ·

Nou gaan hulle in elkgeval nie daardie geld kry nie want hulle gaan in die tronk sit vir moord. Slim vang sy baas.

skurweberg ·

Tipiese derde wêreld agtergrond en Mentaliteit al kan jy Dr. voor jou naam skryf.

Di ·

Wat gaan aan met die klomp? Dis skokkend hoe min waarde hulle heg aan iemand anders se lewens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.