Egpaar, werker op plaas by Frankfort oorval, beroof

(Argieffoto ter illustrasie: Mariska Nanni/Maroela Media)

ʼn Bejaarde Vrystaatse egpaar is Vrydag in die vroeë oggendure saam met ʼn werknemer in hul huis op ʼn plaas tussen Frankfort en Heilbron oorrompel, vasgebind en beroof.

Die polisie is op soek na ses mans wat die 74-jarige man, sy 78-jarige vrou en die 48-jarige werknemer, wat by hulle in die huis woon, Vrydag omstreeks 03:15 oorval het.

Kapt. Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die slagoffers is vasgebind terwyl die aanvallers die huis op soek na geld en vuurwapens geplunder het.

“Die verdagtes het gevlug met huishoudelike toestelle, twee handwapens, ʼn haelgeweer en die boer se Ford Ranger-bakkie. Die bakkie is verlate in ʼn veld agtergelaat, maar die vuurwapens word steeds vermis,” sê Earle.

Nie een van die slagoffers is ernstig beseer nie.

“Die polisie is steeds op die toneel en volg alle moontlike leidrade op,” sê Earle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

OMW ·

Dis baie veilig by ń plaas …
Die kanse dat jy in die dorp vermoor gaan word is dieselfde as by ń plaas …
Ja right … probleem is die demone wéét by ń plaas is daar baie tyd en kan hul jou martel, aanrand, boor met ń boormasjien, met kook water vermink, met ń strykyster brand, met ń panga herhaaldelik kap en jou keel afsny asof jy ń dier is, jou toesluit terwyl jy nog lewe en die huis aan die brand steek !

Christine ·

Moenie dat jou werkers en huishulp weet dat jy n vuurwapen het
MOENIE DIT IN N KLUIS TOESLUIT NIE

Casper ·

OMW is dit wat hier gebeur het,ek het seker ‘n ander berig gelees.Dankie HERE dat hulle nie beseer is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.