Egpaar vang saam graad

Die Bam-egpaar het saam graad gevang in Stellenbosch. (Foto: Stefan Els)

Die egpaar Wouter en Louzanne Bam het Maandag saam hul doktorsgrade in bedryfsingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang.

Die Bam-egpaar wat albei dosente by die Fakulteit Ingenieurswese aan die US is, het saam met die PhD in bedryfsingenieurswese ook ʼn PhD in ekonomie aan die Katolieke Universiteit van Leuven in België voltooi.

Vir Wouter was dit ʼn verrykende ervaring om ʼn gesamentlike graad te doen omdat dit hom blootgestel het aan die interdissiplinêre kennis van albei universiteite. Hy het wel dit as uitdagend ervaar om aan die vereistes van albei universiteite te moet voldoen. “Dit beteken daar is ’n groter paneel vir my mondelinge eksamen teenwoordig, met verteenwoordigers van albei universiteite, sodat ons aan die vereistes vir albei instellings kon voldoen,” sê hy.

Luidens ʼn verklaring wat die US uitgereik het, fokus Wouter se navorsing op bedryfsbeleidmaking in mineraalryke ontwikkelende lande. Hy het ondersoek ingestel na hoe minerale waardekettings gekonseptualiseer kan word om ’n holistiese kontekstualisering van so ’n beleid te bewerkstellig.

Wouter het nog altyd in ekonomie ook belang gestel. Nadat hy in 2012 sy BIng (Bedryfsingenieurswese) met lof aan die US voltooi het, het hy sy meestersgraad in ekonomie aan die Cambridge-universiteit afgeskop.Vir haar PhD-navorsing het Louzanne gefokus op die fundamentele elemente van ’n bestuursraamwerk om spankreatiwiteit in ingenieursorganisasies te ondersteun.

“ ’n Paar jaar gelede het ek ’n praatjie oor kreatiwiteit by die US Sakeskool bygewoon en dit het my belangstelling in die vakgebied gestimuleer. Ek het baie gereflekteer op die belang van kreatiwiteit in ingenieurs se werk. Ingenieurs los probleme op, en kreatiwiteit speel beslis ’n bepalende rol in die probleemoplossingsproses.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Banie ·

Baie goed gedoen julle twee. Wat julle bereik het, is uniek. Sterkte vorentoe.

Hanna Hoekom ·

Baie mooi prestasie! Hoop nie julle gaan sukkel om werk te kry nie, want dan in nog twee hoogs geskoolde werknemers vir ons land verlore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.