Egpaar vas vir bedrog ná hulle glo lodge besteel

Die Tshabalala-egpaar (Foto: Verskaf)

ʼn Egpaar het Dinsdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op vier aanklagte van bedrog, wat vervalsing sowel as geldwassery insluit. Dit nadat hulle glo hul sakevennoot uit meer as R200 000 bedrieg het, deur die geld van hul eie onderneming te steel. Die egpaar is mede-eienaars van ʼn spoggerige lodge buite Nelspruit.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê die paar, Sibusiso Tshabalala (41) en Ntombizodwa Tshabalala (32), is Dinsdag in hegtenis geneem en het kort daarna in die hof verskyn.

Die Tshabalala-egpaar besit die Bundu Lodge in vennootskap met ʼn derde party. Hulle het na bewering bedrieglike fakture opgestel en ingedien wat aandui dat die lodge sedert September 2018 geld skuld aan dienste wat nooit gelewer is nie. Die fakture het altesaam meer as R200 000 beloop. Die geld is na bewering sonder die medewete van die vennoot in die twee se persoonlike rekeninge inbetaal.

Sekgotodi sê die vennoot het die Valke gekontak toe hy onraad gemerk het. Die transaksies waarin die geld in die egpaar se persoonlike rekeninge oorbetaal is, is tydens ʼn ondersoek van die Valke ontdek.

Die Tshabalalas is R5 000 borgtog elk toegestaan en sal weer op 22 September in die hof verskyn.

Intussen sal ʼn 40-jarige immigrasiebeampte in ʼn ander saak op 21 Julie in die landdroshof in Kimberley, Noord-Kaap, verskyn op aanklag van korrupsie en aanranding. Die beampte het glo R5 000 van ʼn vermeende onwettige immigrant geëis in ruil vir sy asieldokumente wat vroeër gekonfiskeer is.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê die beampte het na bewering die vermeende onwettige immigrant (die klaer) in Augustus verlede jaar in hegtenis geneem omdat hy vermoed het die man is ʼn onwettig in die land. Die beampte het die klaer se asieldokumente gekonfiskeer.

Mnisi sê die klaer is in die Galeshewe-polisieselle digby Kimberley aangehou terwyl beamptes van binnelandse sake die geldigheid van sy dokumente bevestig het.

“Terwyl die klaer in aanhouding was, het die immigrasiebeampte glo R5 000 omkoopgeld geëis in ruil vir sy dokumentasie,” sê Mnisi.

Mnisi sê die klaer het geweier om die omkoopgeld te betaal en is na bewering deur die beampte aangerand.

Die beampte het glo ook geld van die klaer se broer geëis, maar hy het klaarblyklik ook geweier om te betaal.

Die Valke ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hennie J ·

Komaan MM. Hou ons op hoogte met verwikkelinge. Ek wil regtig weet of dit wel die bee partners is.

JohanR ·

You were not card carrying members of the ANC, so you’re on your own theTshabalala’s. ANC’s hardly ever go to jail. Only two in 26 years, and the ANC has stolen so much! I suggest when you get to jail that you sign up to become a card carrying member of the ANC. Sure then they will be able to make a plan for you?

Jr ·

En as dit nie werk nie – speel jou laaste kaart – THE ACE OF RACISM

Jr ·

En bo op dit het die Tshabalala’s seker ook geld van mej zulu se dept gekry omdat hulle “VOORHEEN BENADELIGGE mensies is” en hulle antwoord vir “… Race ………..was reg op die aansoek vorm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.