Eienaar, nog 2 by Leriba Lodge oorval en aangerand

Leriba Lodge. (Foto: Facebook)

Dit gaan onder die omstandighede goed met die eienaar van die bekende Leriba Lodge in Centurion nadat hy, sy jare lange sjef en ’n voormalige werknemer oor die naweek in sy huis op die perseel oorval en aangerand is.

Peet du Preez is gedurende die aanval aangerand nadat die sjef en voormalige werknemer met draadhangers in die huis vasgebind is. Die sjef is ook gedurende die aanval bygedam.

Ina Strijdom, wyksraadslid en vriendin van Du Preez, vertel die sjef het Saterdagaand omstreeks 19:00 voor die televisie gesit en eet toe hy deur ses mans met klapmusse oorval is.

Die aanvallers het aangedui dat hulle op soek is na die eienaar en kontant.

Die sjef is die trappe opgesleep waar hulle die voormalige werknemer oor sy selfoon in ’n vertrek hoor praat het. Dié is ook oorval waarna die twee slagoffers met draadhangers vasgebind is.

Leriba Lodge (Foto: Facebook)

“Die sjef is verskriklik geslaan. Hulle het hom seergemaak,” vertel Strijdom.

Die sjef en voormalige werknemer is later gesleep na waar Du Preez elders in die huis geslaap het. Hier is Du Preez ook erg aangerand voordat die aanvallers die huis geplunder en met verskeie besittings waaronder selfone, skootrekenaars en kontant op die vlug geslaan het.

Du Preez het ’n fraktuur in sy neus en oogbank gedurende die aanval opgedoen. Die sjef het beserings aan sy kop en bene opgedoen. Albei sterk tans tuis aan en het reeds berading ontvang.

Daar word in dié stadium vermoed dat die aanvallers met ’n wegkommotor op ’n laagwaterbrug in die omgewing stilgehou het waarna hulle van die Hennopsrivier se rigting toegang tot die perseel verkry het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Niemand is egter nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Persheks Adri ·

Nog aanvalle nee hel! Lafaards kom altyd meer as net 1 of 2. Waar de hel gaan dit eindig?

Adriaan ·

SAP vang dalk maar die howe staan maklik borg toe en vonnisse dien nie as afskrik nie …

Almal behalwe die slagoffers het “regte”.

Johan ·

Het maroela media nie vroeer berig dat Leriba lodge gaan toemaak nie, nou verstaan ek nie of was dit net n manier om te adverteer.

Pieter ·

Wat is die rol van die voormalige werknemer in hierdie verhaal? Normaalweg behoort ‘n voormalige werknemer nie op die perseel te wees nie, veral nie rond 19:00 nie. Ekself lê nie rond by my voormalige werkgewer nie, nogal ongewens. Opmerklik dat die voormalige werknemer niks oorgekom het nie, maar die ander 2 wel. Hoop ons kry duidelikheid hieroor.

Nozi ·

Die voormalige werknemer en die sjef is oorval en vasgebind. Die voormalige werknemer kan dan ‘n bja goeie vriend of self familie lid wees. Glad nie agterdogtig vir my nie.

Erika ·

Jy Kan nie eers gemaklik fliek toe gaan nie……-Die Totsis oorval jou ook daar..Daar in Margate by die toilete is n security Hek waar jy moet betaal (R2) betaal om in te gaan vir jou eie veiligheid… Want sien die vroulikeTotsi wag dat jy in n Situasie ” incapacitated ” is op die troon dan word jou Handsak vinnig gegryp …

Cornelius ·

Dis net moord en doodslag en roof en bedrog waar jy lees sedert die ANC oorgeneem het. Daar is geen toekoms vir die land nie.

Regverdigheid ·

Verkeerd hoekom word daar niks gedoen ….Moord Moord

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.