Ekonomie krimp met 1,5%

rand-ekonomie-suid-afrika

Argieffoto.

Suid-Afrika se ekonomie het in die derde kwartaal vir die eerste keer in ʼn jaar gekrimp. Die bruto binnelandse produk (BBP) het tussen Julie en September vanjaar – ná vier opeenvolgende kwartale van groei – met 1,5% gekrimp.

Dít te wyte aan die grootskaalse plundertogte wat in Julie in KwaZulu-Natal en Gauteng geheers het, asook die instelling van strenger Covid-19-beperkings, sê Statistieke SA (StatsSA).

StatsSA sê nou die derde kwartaal se inkrimping het die ekonomiese vooruitgang wat sedert die ernstige trefslag van Covid-19 in die tweede kwartaal van 2020 gemaak is, “geërodeer”.

Ses van die tien bedrywe wat gemeet word, het tydens die derde kwartaal ʼn afname in produksie getoon. Handel, vervaardiging en landbou is die hardste getref.

Onluste in Diepkloof, Soweto (Julie 2021) (Foto: GCIS)

Landbou het sy grootste daling (-13,6%) in vyf jaar ondervind weens die onluste wat veral KwaZulu-Natal lamgelê het. Mielie-, sitrus- en suikerrietplase in dié provinsie het groot verliese aangeteken weens brande wat tydens die onrus gestig is.

Handel het op sy beurt met 5,5% gedaal. Alle handelsektore het verliese tydens die derde kwartaal getoon, sê StatsSA.

“Groothandel, kleinhandel en motorhandel is negatief geraak deur die wydverspreide plundering en vernietiging wat KwaZulu-Natal én Gauteng aangegryp het. Kleinhandelondernemings is die meeste geraak.”

Dít terwyl vervaardiging met 4,2% gekrimp het. Dié inkrimping word toegeskryf aan die onluste, asook ʼn wêreldwye tekort aan grondstowwe.

Huishoudings se besteding het met 2,4% tydens die derde kwartaal afgeneem. StatsSA sê dis omdat die grootskaalse plundering en sluiting van kleinhandelaars in KwaZulu-Natal tydens die onrus tot voedseltekorte gelei het. “Baie verbruikers het gesukkel om basiese voorrade te koop.”

Uitvoer het ook met 5,9% afgeneem. Tekorte aan onderdele het die vervaardiging en uitvoer van voertuie ontwrig. Die onluste in Julie het ook ʼn uitwerking gehad op vervaardigers wat gesukkel het om goedere na die Durbanse hawe te vervoer, aangesien die N3 tussen Johannesburg en Durban lank deur betogers versper is.

  • Suid-Afrika se ekonomie het in 2020 met ʼn rekord van 6,4% gekrimp, maar vinniger as verwag gedurende die eerste helfte van vanjaar herstel. Die ekonomie het in die eerste kwartaal met 1% en ʼn hersiene 1,1% in die tweede kwartaal van 2021 gegroei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anel ·

En dit gaan verder krimp as ongeënte mense plekke geweier word. Dit gaan niemand dwing om geënt te word nie. Dit gaan absoluut die teenoorgestelde uitwerking hê. Gevolg, meer werkloosheid. So ja, ek glo die ekonomie gaan verder krimp.

Groen Ghoen ·

Soos ‘n stoomtrein wat nie by die laaste halte genoeg kole gelaai het nie, so is Suid-Afrika teen die einde van 2021. Intussen word al hoe meer trokke aangehaak. Stadiger en al stadiger stoom ons voort totdat…..?

casper ·

Viva ANC –
Nog ‘n baanbrekers punt bereik in die doel om almal ewe arm te maak !!
Doen so voort !!!!

annie ·

Die Julie-chaos was een simptoom van die ernstige siekte wat die land onderlede het. Die erns van die kwaal word onderspeel. Dit is dodelik, maar die staat weier om ‘n entstof te ontwikkel. Daar word eerder geskimp vir plegdes en aparthaid as pasiënt x te identifiseer.

Shakespeare ·

Met kommunistiese beheer vd land …….HOE DAN ANDERS ?

Mariana ·

En nou wil hulle nog boere se grond ook wegvat sonder vergoeding. Hierdie land se ekonomie is al voor 2020 en Covid in sy chops. Swak regering.

Hennie ·

Baie geluk ANC! Ons het nou nog n kommissie nodig waarom dit net 1.5% is….

Johanna ·

Nou word KZN se plundering die hoof culprits.
Net n verskoning vir die R-Blijoene wat deur die Staats workers, Ministers, ANC en EFF geplunder is.
ONS DEMAND DAT DAARDIE MENSE IN HEGTENIS GENEEM WORD. Dit is so n korrupte regering dat al wat gaan help is as die huidige regering ontbind. Geheel wantroue in die Regering. n Vertroue wat nooit weer herstel sal kan word nie.. korrupte leierskap van Top to Bottom.
Dit is n GRUWEL . N Huidige Regering VAN GRUWELS TEEN DIE MENSE VAN Suid Afrika.

Tino ·

Lyk my StatsSA het ook vergeet dat huis houdings groot geplunder het wat beteken hulle het nie nodig gehad om te bestee nie want hulle het nog voorraad gehad van daai massa inkopie dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.