Ekonomiese herstelplan: DA vra vir minder praat, meer doen

(Argieffoto: pixabay)

Die DA-leier John Steenhuisen sê die ekonomiese herstelplan wat pres. Cyril Ramaphosa Donderdag gaan voorlê, is nie net noodsaaklik vir groei nie, maar ook vir ekonomiese oorlewing.

“Suid-Afrikaanse huishoudings is in diep moeilikheid. Die inperking was ʼn reuseslag vir ons ekonomie wat reeds weens swak beleid, korrupsie en eindelose staatsinmenging in ʼn resessie was,” sê Steenhuisen.

Hy sê Ramaphosa se planne en beloftes het opgeraak en dat optrede en uitkomste nou nodig is. Steenhuisen sê as die inwerkingstelling van die plan misluk, gaan Ramaphosa se presidensie gekenmerk word deur die grootste volgehoue inkrimping van die land se ekonomie.

Steenhuisen sê die konsepweergawe van die plan bevat pro-groei-hervormings wat, indien dit in werking gestel word, ʼn geweldig positiewe uitwerking op die land se ekonomie en maatskaplike welstand gaan hê.

Dit sluit in die hervorming van die elektrisiteitsektor om betroubaarheid en bekostigbaarheid te verbeter. Nog ʼn beloofde plan is die vermindering van datakoste en die verbetering van die visumstelsel om belangrike vaardighede na Suid-Afrika te lok en internasionale toerisme te bevorder.

“Bykans elke groeibevorderende hervorming plaas meer mag in die hande van gewone Suid-Afrikaners, wat saam die private sektor uitmaak. Die pad na vooruitstrewendheid is private ondernemings en entrepreneurskap. Ekonomiese bedrywighede gaan net floreer indien ons onbekwame regering ophou probeer om elke aspek daarvan te beheer en eerder begin om sy eie werk met bevoegdheid en integriteit te doen,” sê Steenhuisen.

Hy sê die president moet aanspreeklik gehou word vir sy belofte om leefstyloudits vir alle ampsdraers te laat doen.

Maar, sê Steenhuisen, die plan bevat ook heelwat valse beloftes wat die regering volgens hom geen plan het om uit te voer nie. Hy sê die belofte dat ʼn vaardige staat gevestig gaan word, is nie die papier werd waarop dit geskryf staan nie, tensy die ANC hom verbind om sy beleid van kaderontplooiing te laat staan.

“Die president beloof lankal en gereeld pro-groei-hervorming en hy moet nou hiervoor aanspreeklik gehou word. Eindelose planne en leë retoriek gaan niks vermag nie. Inwerkingstelling is al wat nou tel.”

Die African Transformation Movement (ATM) het op sy beurt gesê die afsonderingstydperk het ʼn verwoestende uitwerking gehad, nie net op die ekonomie nie, maar ook op mense se maatskaplike situasie en geestestoestand.

“Ons het nou ʼn gedemotiveerde, uitgeputte en uiters gespanne burgery wat gewelddadig teenoor mekaar – en veral teenoor vroue en kinders – is. Die ekonomiese herstelplan moet dus nie net die ekonomie herstel nie, maar ook mense genees,” het die ATM in ʼn verklaring gesê.

“Die ATM vra vir ʼn mensgesentreerde ekonomiese herstelplan wat deur ubuntu, vrede en aanspreeklikheid gedryf word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mariana ·

Sy planne beteken zero. Nou gaan die ramptoestand datum ook vir nog maand verleng. Nee iewers sal daar nou drasties opgetree word teen hierdie ANC regering. Hulle het nou genoeg skade aangerig.

annie ·

Het die vreemde tyd wat ons tydens die pandemie beleef, ons persepsie van die werklikheid verwring en die regering se grootheidswaan verder opgeblaas weens hul magtige beheer/maatreèls en nou onaantasbaar voel. R500 miljard is missing en nog miljarde gaan wegdwarrel saam met die drome van die Big Six.

Vernon ·

Nee wat,n mors van tyd. Het enige planne en beloftes van werk en voorspoed van enige Pres die afgelope 26 j resultate opgelewer? Oe ons gaan vanaand nou weer die planne hoor,hoe ons moet saamwerk en rasse verhoudinge moet bou…mannnn dan is almal weer vuur en vlam.Ons is nie oppad soos Zim nie..ons is klaar soos Zim.

J ·

The ANC gangster regime destroyed the SA economy (along with COSATU and SACP).

The policies that they implemented that KILLED the economy is BEE, AA, minimum wages and bad (militant) labour legislation.

The regime’s ideologically driven obsession with nationalization of minerals, Reserve Bank, monopolisation of oil and fuels and confiscation of land (property), finally killed the economy. Along with deployment of incompetent cadres in Government, ESKOM and elsewhere!

To save the last remaining ‘scraps’ of the once powerful economy:

1. Abolish the above mentioned policies with one pen stroke,
2. Reduce tax on companies.
3. Privatise EVERYTHING that is currently in government’s incompetent hands.
4. Vote the ANC out of government!

Easy! Just do it!

Kosie ·

As die DA regtig ernstig is om die ekonomie weer “aan die gang” te kry, hoekom veg julle nie eerder vir die drastiese vermindering van belasting nie. Ek vermoed, dit sal dalk te na aan die “amptenare” lekker salarisse sny.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.