Elton Jantjies-saak ‘op professionele wyse hanteer’

Elton Jantjies. Foto: Geoff Caddick/AFP.

“Die situasie is op ʼn professionele wyse hanteer en as ʼn span verstaan ons waar ons fokus moet wees.”

Só het Springbok-hulpafrigter Deon Davids Maandag gereageer op vrae oor Elton Jantjies wat terug Suid-Afrika toe gestuur is in aanloop tot die Springbokke se toets teen Argentinië.

Jantjies en Zeenat Simjee, die Springbokke se dieetkundige, is teruggestuur Suid-Afrika toe na bewerings van ʼn verhouding tussen die twee.

Volgens berigte het Jantjies, wat getroud is met drie kinders, en Simjee verlede maand tyd saam by ʼn gastehuis deurgebring toe die Springbokke in Mbombela was om teen Nieu-Seeland te speel.

“Ek kan jou verseker dat dit vir ons almal in hierdie groep ʼn groot eer en ʼn voorreg is om deel te wees van die Springbokspan en ons verstaan dat ons die hele Suid-Afrika verteenwoordig.

“Om dit te doen kom met ʼn klomp verantwoordelikheid en daardie verantwoordelikheid word natuurlik weerspieël in die eed wat die spelers aflê en dit waarvoor ons staan,” het Davids in reaksie op vrae oor die aangeleentheid gesê.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het vroeër in ʼn verklaring gesê hy is bewus van die berigte rakende Jantjies en Simjee.

“Geen spanprotokolle is oortree nie, maar die individue keer terug na Suid-Afrika om aandag te gee aan hierdie persoonlike gerugte en om enige afleidings uit te skakel in die span se voorbereiding vir die toets teen Argentinië.”

Die Springbokke speel Saterdag teen Argentinië.

Jantjies was ook in Mei vanjaar in die nuus toe hy aangekeer is kort nadat hy op ʼn vlug van die Emirates‑lugredery van Turkye in Suid-Afrika aangekom het.

Bemanningslede het tydens die vlug klagtes oor ʼn passasier in besigheidsklas ontvang wat ander passasiers en bemanningslede glo gevloek het.

Jantjies het glo ook ʼn TV-skerm en gloeilamp aan boord van die vliegtuig gebreek toe hy beveel is om na sy sitplek terug te keer. Dít nadat hy glo ʼn glas in die besigheidsklas-uitstrekgebied gebreek het. Die losskakel het glo sy vinger in die proses met die gebreekte glas gesny.

Die klag van kwaadwillige saakbeskadiging en oortreding van die Lugvaartwet teen Jantjies is egter later teruggetrek nadat die partye buite die hof geskik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

annie ·

… en die mannetjie tree dan so mooi aan voor hy skop. Dat hy so verkeerd verstaan word. Ons hoop net vroulief val vir sy aantree voor sy verduideliking anders gaan sy gloeilampie nie meer led nie.

Annelize ·

En ek kan nie dink dat Katryntjie in ‘n goeie bui is nie….

Atta ·

Gelukkig het hy ʼn lang vlug gehad om solank al sy verskonings agtermekaar te kry.

Jr ·

Ek is n man, maar gooiste jy het n rammetjie nek geword. Alle respek vir jou verloor. Was dit jou reputasie, vrou, kinders werd. Nee wragtag mens

Swerwer ·

Geen selfrespek vir homself nie so daar kan nie veel verwag word nie. Die arme Eggenote en kinders word die harste getref met hierdie tipe optrede.

Samuel ·

Jantjies hoort nie in die Springboktrui nie!! ‘n Mens weet nie altyd wat agter die skerms aangaan nie, maar hy is nie ‘n goeie voorbeeld vir enigeen nie. SA kan sonder hom klaarkom.

George ·

Was Etzebeth se bar fights oraait vir voorbeeld? of sy fights op die veld? As dit is oor wat dit gaan, moet hy ook gepos word, mpimpi en kie ook.

N ·

George, lees asb weer die berig. Dit gaan oor Jantjies nie Eben of enige ander spelers nie.

Kobus ·

Gee hom krediet, hy het goeie smaak as dit by vroue kom. Ek verstaan egter nie die “Geen spanprotokolle is oortree nie”. Wat is die gedragskode waaraan spelers moet voldoen? Ek hoop net dat SARU hier konsekwent sal optree en nie verskillende strawwe neerlê nie. Mnr Jantjies is blykbaar baie selfgversekerd as dit by vroue kom en wonder ek of hy sy posissie misbruik. Volgens vorige berigte het hy aan gaste gevra of hulle weet wie hy is. Dit spel nie ‘n goeie beeld nie. Besef hy nie die skade wat hy aan sy gesin berokken nie? Stel voor die dieetkundiges gooi maar Bloufiterjoel in die spelers se koffie soos daar destyds met ons manne in die weermag gedoen is

Ilze ·

Die vroue het geen smaak as dit by hom kom nie. Grillerige ou seuntjie

SwartBees ·

Hier kom die kalid in hom nou uit. Sorry dat jy n groot kop ontwikkel het.

Zollie ·

En so getattoo. Lyk of hy met ‘n nat Argus ‘n jaar vooruit geslaan is.

Fran ·

die gemors was in elk geval nie eers getroud nie. Saam met sy ‘lewensmaat’ 3 kinners. So hy kan doen wat hy wil. Daars geen toegewydheid nie.

Elma ·

Ek dink hy het dit aspris gedoen. Hy WIL nie meer probeer om die bal tussen die pale deur te kry nie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Daarvoor sou die rugbybase in Kaapstad sorg.

Leon ·

Hopelik nou finaal ontslae van hom. Beteken absoluut niks. Net n verleentheid vir sy land. Bring die springbok rugby trui in oneer

honeybee ·

Skors hom uit rugby, hy gee die span n slegte naam ek dink nie hy is onmisbaar nie. Klein mannetjie sindroom.

SjN ·

Al die ondersteuners smag na punte, nou dat jantjies gescore het stuur hul hom huistoe.

Jakes ·

Jantjies sal ongelukkig uitvind dat hierdie bewerings ernstige nagevolge vir hom en ander persone kan inhou.

Manie ·

SA Rugby moes al met die vliegtuig eskapades streng teen hom opgetree het, maar die volgende oomblik word die saak uitgegooi en buite die hof geskik. Dit laat ‘n mens dink dat daar gekonkel is om hom los te kry. Hy behoort nooit weer vir die Bokke te speel nie weens die gereelde verbreking van die Springbokke se etiese kodes. Raak nou van hom ontslae en beweeg aan, hy is ‘n verleentheid.

Kobus ·

Stem 100% saam. Ek is seker SARU was betrokke by die vliegtuigsage. Indien hy dit in VSA sou doen was sy vlerke geknip en van alle vlugte verban.

Casper ·

Hy weet presies waar die middel van die “pale” maar korrel is deesdae effe skeef na ander pale toe.Hy sal nie gemis word nie.Chris Smith is baie beter as hy maar hy is nie regstellende nie en dit maak laat ek wil opgooi as ek die bokke sien.

Perdeby ·

MAW daar gaan nie teen hom opgetree word nie, net soos met die voorval op die vliegtuig. Hulle het geen reel oortree nie, maw jy kan maar verhoudings aanknoop met spanlede al is jy getroud. Wonderlik om te weet!

asjassie1 ·

“Geen spanprotokolle is oortree nie, ……… ag asb Mnr Davids probeer n beter verskoning uitdink. Die ramkat moes by die span gewees het. Ek hoop nie hy kom weer in aanmerking vir die span vir ten minste die volgende 2 wedstryde nie

Derick ·

Mens moet maar nooit te groot vir die lewe word nie. As jy iemand moet vra of hulle weet wie jy is twyfel jy mos nou in jou eie “fame “. Of so nie het hy regtig vergeet wie hy was na al die Champagne.

Vernon ·

Geen spanprotokol is oortree nie…wat n grap!!! Sy lol met n getroude man!! Ons weet almal hoekom hulle beskerm word….

Lubbe ·

Hoekom was hy in die eerste plek, toegelaat om op sy eie in ‘n gastehuis te gaan bly en nie saam sy spanmaats te bly nie?

Hannelie ·

Hy is van die begin af ‘n “probleem kind”. Stuur hom sommer uit die span, ons sal hom nie mis nie.

Jo ·

Glad nie ‘n fan van Jantjies nie, ek dink sy tyd is in elk geval verby, maar daar is ‘n menslike aspek hier ook. Hy was pas uit die skool gekies vir die springbok span, geld en roem op so jong ouderdom is nooit iets goeds nie, behalwe dit spandeer hierdie ouens meer tyd weg van die huis af per jaar as by die huis (steeds geen verskoning vir egbreek nie). Way too much pressure, way too early.

Kobus ·

Wonder of BMW hom nog gaan borg? Hy ry nie saam met die span nie. Ry met geborgde BMW. Sal seker later in sy boek wat hy gaan skryf sê dis omdat niemand van hom ho gehou het nie. SARU sit met ‘n probleem. Wonder of ek Oros en popcorn moet kry

SjN ·

Bmw gaan sy borgskap terugtrek, hy gaan nou n Honda balade vir n enkeling ry.

Chantel ·

Ag what ever, hierdie is nie die eerste keer wat enige speler en lid van die bestuurspan so iets doen nie en gaan ook nie die laaste wees nie. Hierdie tipe goed gebeur al JARE orals!!! Bla-bla-bla, nou wil hulle ‘n bohaai kom opskop hieroor. Speel net rugby en doen dit goed, wat in jou persoonlike lewe aangaan wil ek wragtig niks van weet nie!!! Sensasie!!!

hendrie ·

Raak tog asseblief ontslae van narre soos hierdie ene wat ‘n verleentheid vir die Bokke en die groeiende aantal ontnugterde ondersteuners is.
Asof daar nie reeds ‘n oorvloed van verleenthede en hansworse is wat hulself as leiers en/of regering van hierdie droewe en agtergeblewe Afrikastaat aanbied nie!!!

Mariana ·

Jantjies is te groot vir sy skoene. Gedrag laat veel te wense oor. En tuis is sy vrou met kinders…….

Dup ·

Engeland het vir Elton John en SA het vir Elton Jantjies……die wêreld is darem onregverdig!

Tanya ·

So ‘n pragtige vrou, met 3 pragtige kinders, en ‘n goeie toekoms, met ‘n standvastige werk wat jou die wereld oor vat…….en jy mors dit op in ‘n oogknip vir ‘n vinnige stukkie lekker kry! Nee my mens, wat het jy gedink of nie gedink nie… lekker dom verby!

Niklaas ·

Nog nooit van hierdie kerel gehou nie. Maar wag net , hy sal weer loskom , soos net na daardie Vliegtuig episode en kaskenades van hom..

Johann ·

Skollie met geld en self waan! GEEN respek vir hom nie. SHAME ON YOU!!!!!!!

Corne123 ·

Ja nee kyk en belowe jou was nie eerste keer nie hoop jou vrou skei jou en vat jou cleaners toe. Eers die vliegtuig en nou dit nee wat gee hom goed gas

Di ·

Wat is dt met “sekere” mans in die land? Rondslaap asof dit uit die mode uit gaan. So iets kom van 2 kante af, die skelmpie is net so skuldig! Nee wat, as ek raad kan gee vir sy vrou, vat jou kinders en los hom, hy is dit nie werd nie. Sy vrou is beeldskoon en kan baie beter doen

Hennie ·

Goed, raak nou op ‘n professionele manier ontslae van hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.