‘Energiedrankie-pa’ nog in hospitaal

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Die Gautengse pa wat daarvan verdink word dat hy sy seuns se energiedrankies vergiftig het, sterk steeds in ’n hospitaal onder polisiebewaking aan.

Hy is intussen van moord en poging tot moord aangekla.

Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê die dossier is vandeesweek na die landdroshof in Heidelberg geneem sodat die saak teen hom in sy afwesigheid kan voortgaan.

Lehlogonolo Khoabane (16), Katleho Khoabane (13) en Tebogo Ngcongwane (6) is Donderdagoggend dood nadat hulle die energiedrankies gedrink het wat hul pa glo vroeër die betrokke oggend aan hulle gegee het.

Twee van die boeties is dood kort nadat hulle by die skool aangekom en van maagpyn gekla het. Die derde boetie is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas, maar is op pad daarheen dood.

Die seuns was leerders aan onderskeidelik die Ratanda Primary en Khanya Lesedi Secondary School, suid van Heidelberg.

Die pa het op die dag van hul dood glo energiedrankies aan al vyf sy kinders gegee. Een van die kinders is nog in ’n bedenklike toestand in die hospitaal. Die vyfde kind het glo nooit die energiedrankie gedrink nie en is ongedeerd.

Die pa het na bewering ná die voorval sy eie lewe probeer neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.