Enorme agterstand in seksmisdaadsake weens stukkende toerusting

Die Parow-hof ondervind groot agterstande waarby reeds kwesbare slagoffers betrokke is. (Foto: Liezl Human/GroundUp)

Deur Liezl Human, GroundUp

Die Parow-hof vir seksuele oortredings sit met ʼn agterstand van byna 200 uitstaande sake sedert September verlede jaar, aangesien bandopnemers wat in die howe gebruik word, deurlopend die gees gee.

Die toerusting het aanvanklik in September verlede jaar gebreek, maar dit is maande lank nie herstel nie. Daarna is dit reggemaak en was dit in Maart vir ʼn wyle in werkende toestand – waarna dit weer ingekonk het. Volgens ʼn bron by die hof is dit nou weer herstel.

Die toerusting word gebruik vir die opneem en transkribering van alle hofverrigtinge. Die verrigtinge kan dus nie voortgaan indien dit nie werk nie. Dit beteken byna ses maande lank het geen verhore voortgegaan en is geen sake afgehandel nie – wat tot die reuseagterstand gelei het.

Alle sake wat in die hof aangehoor moes word, is uitgestel.

In Maart het aktiviste buite die hof oor die vertragings betoog. Volgens June Dolley-Major, wat die aktiviste se memorandum aan die hof oorhandig het, is die stukkende toerusting ʼn paar dae ná die betoging herstel en kon die hofverrigtinge voortgaan.

Volgens ʼn bron by die hof was die situasie van korte duur. En hoewel die masjinerie nou weer werk, is die agterstand massief en “buite beheer”. Die agterstand – terwyl die masjiene ononderbroke gewerk het – was gewoonlik net meer as 50 sake.

Die departement van justisie en konstitusionele ontwikkeling het die howe vir die aanhoor van sake wat met seksuele misdrywe verband hou in 2013 op die been gebring. Dit het gevolg op ʼn verslag waarin bevind is dat die doel van die howe is om spesiale dienste (wat betref personeelvaardighede en infrastruktuur) aan kwesbare of gemarginaliseerde slagoffers, soos vroue, kinders, bejaardes, lede van die LGBTQI+-gemeenskap en diegene met gestremdhede, te lewer.

Min. Ronald Lamola het in Desember gesê slegs 19% van seksuele misdryfsake beweeg deur die stelsel. Die res – altesame 15 605 of 81% van sake – is agter. Dit is ʼn reusestyging van die 52%-agterstand wat in Maart verlede jaar ondervind is.

Die woordvoerder van die kantoor van die hoofregter het navrae na die departement van justisie verwys. Dié het glad nie gereageer nie.

Navrae aan die streekhof in Bellville met ʼn versoek om kommentaar is ook nog onbeantwoord.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp geplaas en word met vergunning hier gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Christine ·

Daai toerusting is seker ook gesaboteer, want daar is seker maaitjies, kaders, familielede, ens wat almal betrokke is by sake. Mag regverdigheid seëvier vir daai onskuldige slagoffers wie se lewens vir altyd verwoes is deur die onmenslike dade teen hulle.

Nie Verbaas ·

As n mens hulle pateties noem is dit nog n kompliment. Hulle het lankal die graad van nutteloosheid oorskry.

annie ·

Wat voor voorligtingsperiodes op skool en werkswinkels vir vroue en mans apart. ‘n Beter manier om sulke misdaad te voorkom is om veral vroue te onderrig hoe, waar en wat vroue se kleding en gedrag behoort te wees vir eie veiligheid. Om kordaat menseregte se skreeu in strate is een ding, maar die menslike natuur bly riskant. Groot begrafnisse is effe te laat as opvoedingspodium.

Harley Davidson ·

Mag ek nie die woorde polisie en onoselheid in een sin gebruik nie is dit onaanvaarbaar vir die media of die lesers.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Indien dames ernstig is oor die regte van die vrou, sal hulle beslis nie in die toekoms vir die ANC stem nie.

Swerwer ·

Enige nuwe nuus. Almal weet al dat alle “toerusting” wat noodsaaklik is, vernietig word deur die ANC kader sodat hul net verder kan floreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.