Ermelo-boer het ‘duidelik probeer stop’ – verslag

Luidens ʼn verslag deur ʼn onafhanklike ondersoeker het Louis Grobler se bakkie op los mielieblare gegly en kon hy daarom nie betyds stop nie. (Foto: Verskaf)

ʼn Onafhanklike ondersoeker het bevind dat Louis Grobler (41) duidelik ʼn poging aangewend het om te stop toe hy Vrydag twee kinders op sy plaas in Ermelo, Mpumalanga, raakgery het.

Luidens die ondersoeker se verslag sou Grobler nie kon sien of iemand in die mielieland wegkruip of op pad uit is nie aangesien dié mielieland uiters dig is. Dié verslag, wat ook deur foto’s gestaaf word, is reeds deur Grobler se regspan by die hof ingedien.

Grobler staan egter nou op twee aanklagte van poging tot moord tereg en een van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy verskyn Vrydag vir ʼn derde keer in die Ermelo-landdroshof waar sy borgtogaansoek verder aangehoor sal word. Die aanrandingsklag spruit uit bewerings dat Grobler ʼn derde kind aangerand het.

Die ondersoeker, wat verkies om anoniem te bly, het Dinsdag ʼn besoek aan die betrokke plaas afgelê.

Hy is meegedeel dat Grobler, wat gereeld onder diefstal op sy plaas deurloop, ondersoek ingestel het toe hy mense in sy mielieland gewaar het.

Twee kinders het toe uit die digte mielieland aan Grobler se regterkant reg voor sy bakkie ingehardloop.

Luidens die verslag het Grobler se bakkie op los mielieblare gegly en kon hy daarom nie betyds stop nie. Een van die kinders het glo onder die bakkie beland terwyl die tweede kind na bewering deur die kant van die bakkie getref is.

Luidens ʼn verslag deur ʼn onafhanklike ondersoeker het Louis Grobler se bakkie op los mielieblare gegly en kon hy daarom nie betyds stop nie. (Foto: Verskaf)

Die nodige nooddienste en polisie is onmiddellik na die toneel ontbied. ʼn Vertroulike bron het vroeër aan Maroela Media gesê dit was ʼn tragiese ongeluk en dat Grobler boonop daarop aangedring het dat ʼn private ambulans ontbied word om te verseker dat die kind goeie behandeling ontvang.

Die onafhanklike ondersoek het verder bevind dat daar los mielieblare en grond in die onmiddellike omgewing was waar die voorval plaasgevind het. Luidens die verslag sou dit vir enige voertuig moeilik gewees het om onmiddellik te stop.

“Daar was baie duidelike aanduidings dat die bestuurder ʼn poging aangewend het om te stop aangesien daar diep motorbandafdrukke in die grond was.

“Ek het die motorbandafdrukke gemeet en dit was ongeveer 10 tot 12 m in lengte,” het die ondersoeker in sy verslag geskryf.

Die verslag dui verder aan dat daar ʼn digte mielieland aan Grobler se regterkant was – waar die kinders glo uitgehardloop het.

“Gegewe die rigting van waar mnr. Grobler gekom het, sou dit duidelik sy sig belemmer.

“Indien die remme onklaar geraak het – soos beweer word – sou die ongeluk nie vermy kon word nie, selfs al het hy onmiddellik gestop.”

Die ondersoeker sê verder dit is sy “beskeie mening dat geen vuilspel betrokke was nie en dit bloot ʼn ongeluk was”.

Maroela Media het vroeër berig dat die ondersoeker 30 jaar ondervinding in die polisie het, waarvan 26 jaar in die speurdiensafdeling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Groen-oog ·

Laat ons hoop die ondersoeker is n Mhlangu of Ndukano of so iets. N Louw Roux of n Steyn gaan nie veel gewig dra nie

Kokerboom ·

Die saak sal polities opgeblaas word “for point scoring” en openbaar weereens regerende regime se blatante rassisme. So verdoesel hul hul absolute onbevoegdheid tot rasse rekonsiliasie

Gaitsigubib ·

By n vorige soortgelyke insident in n sonneblomland het Afriforum tot die aangeklaagdes se redding gekom na 2 jaar in die tronk. Stephan Hepburn het 6 jaar gekry omdat hy n mielie dief vir n bosvark aangesien het. Hy het die mans geskiet in skemer lig waar hy op die grond kruip met n sak op sy rug. Hy is gesmeer op hierdie einste blaaie deur mense wat niks van boer of jag weet nie. Hy het alle voorsorg getref wat nodig was, maar is steeds tronk toe gestuur. Oor die dief en betreder wat in die nag rond sluip om kwaad te doen was nie veel gese nie. Dalk sal Afriforum weer betrokke raaak.

Waarnemer ·

Verkeerde tyd verkeerde plek verkeerde kleur….hulle gaan hierdie man braai!

Swerwer ·

Waarom moet alle voorvalle altyd uit ‘n rassistiese oogpunt gesien word. Die feit bly staan of dit kinders of grootmense was, hul hoort nie in die mielieland nie, dit behoort nie aan hulle nie! Leer die wesens nooit maniere nie, as iets nie aan jou behoort nie, bly daar uit en weg! Maar nee, hul opvoeding skiet te kort!

Gaitsigubib ·

Hulle is klein krimenele, Swerwer. Dis eintlik tragies want dit is die toekoms wat ons ingaan. Hul ouers behoort oor die fingers getik te word, maar dit gebeur nie. Selfs in die kommentaar kan mens aflei dat sommige mense dink betreding en diefstal is normaal. Hierdie kinders kry seer, mens sien dit mos nou hier. As ouers nie omgee oor hul kinders nie, hoe gaan ons nageslag dan lyk?

Mallie ·

As ek hy is, sit ek die mense onmiddelik van my plaas af en sien wat word dan van hulle en hulle gesinne. Nog n anti-apartheid foefie. Moeilikheid soekers en makers.

Groen-oog ·

Dit gaan nie werk nie want sit hy hulle van sy plaas af dan gaan dit weer n Rasse storie en n Wraak stotie wees en dan is die man weer aangekla en hulle besorg vir hom n koninklike kleinhuisie vol drama.

Johann101 ·

Gevalle soos die word deur die banana regering gebruik om rassehaat te stook… Verbind die dots…
Wit Boer (rassis)… swart mense (die ontskuldige)… en dit maak ook nie saak watse getuienis vir die boer is nie… = plaasmoorde…
Dan ignoreer die regering plaasmoorde & maak of dit nie bestaan nie…

Misky ·

Sterkte aan die boer. Om die ander kant nou dit in te sien gaan moeilik wees, want hulle het hom reeds veroordeel.

T-Man ·

Verslag gaan niks beteken teen goedkoop politieke praaitjies aan die ongeskoolde staker voor die hof nie… die boer moet die LUR, ANC en EFF dagvaar vir dat hulle sy lewe in gevaar stel, dit opsigself is poging tot moord

Anel ·

Hoe vinnig is hy nie toegesluit vir ‘n gewone ongeluk nie, maar waar een van hulle ‘n blanke vetmoor word geen moeite gefoen om hom te vervolg nie. Hoop mnr Grobler stel ‘n siviele eis teen die hele lot, regering inkluis, in. En die wag wat hom geslaan het, poging tot moord, sommer. Stel siviele eis ook sommer teen hom in vir rassisme!!!

Mariana ·

Kan net sê sterkte met die saak. Ongelukkig is ons regstelsel so vol politiek dat ons enigiets kan verwag. Hy sal waarskynlik swaar gestraf word al is hy onskuldig.

Herman ·

Daar begin die feite nou ook op die tafel verskyn en steeds word sy borgtog afgekeur. Bloot omdat hy wit is en ‘n Boer is wat sy eiendom probeer beskerm. Wat het die gespuis daar gesoek?

Samuel ·

Ek hoop geregtigheid sal seëvier. Hy is ‘n boer en wit. Sterkte

Casper ·

Ek onthou die bosvarkjag episode baie goed.My geleerde vriend,die was nie in die nag nie maar net na sononder.Bosvarke trek nie klere aan nie.en jy maak 100% seker voor jy skiet en ja ek het al talle bosvarke geskiet maar nog nie een het klere aangehad nie.Ek het al bosvarke met volmaan geskiet sonder ‘n lig maar ek ken die verskil tussen ‘n bosvark en ‘n mens.Ons lees van wat met die boer gebeur het maar ons was nie daar nie,maar poging tot moord aikôna.

Gaitsigubib ·

Casper ons mag seker maar op die punt verskil? As jy al bosvarke geskiet het dan dra jou insette vir my gewig. Vir my lyk n swart persoon wat kruip tussen mielies met n sak op sy rug egter soos n bosvark, maar dalk is my oe nie so goed nie. Ek kan myself sien dieselfde foute maak, so mens moet seker iets leer daaruit.

Toy ·

Geweet dit word weer uitverband geruk om te se hy het hulle “moedswillig” raak gery en aangerand. Waar is die kinders se ouers. Kyk na julle kinders en hou op om mense onskuldig die skuld te gee.

Emily ·

Die beste van alles is, die boer word aangekla ens ens ens, Maar dit is sy privaat eiendom, Wat soek mense op sy grond.
Die fout word dikwels aan ons gegee, maar Niemand besef dat ons die reg het om ons eiendom te beskerm.

philippus ·

Dis hartseer. Maar hulle was op n plek waar hulle nie moes gewees het nie. En daar loop Baie kinders wat moordenaars is buite rond. Noem hierdie voorval maar die blinde sambok

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.