Ernstige misdade neem af in afsonderingstydperk, sê Cele

Bheki Cele. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Bheki Cele, minister van polisie, het die afname in ernstige en geweldsmisdaad verwelkom en dit onder meer toegeskryf aan die drankverbod tydens die tydperk van afsondering.

ʼn Ontleding van misdade wat in die eerste week van die afsonderingstydperk aangemeld is en ʼn vergelyking daarmee met dieselfde tydperk in 2019, het volgens Cele aan die lig gebring dat moordsake van 326 tot 94 en verkragtingsake van 699 tot 101 afgeneem het.

Volgens Cele het sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer van 2 637 tot 456 afgeneem, triomisdade (voertuigkapings, rooftogte by woonhuise en sakeondernemings) van 8 853 tot 2 098.

Die aantal klagtes wat ontvang word rakende geslagsgeweld is volgens Cele steeds baie hoog met meer as 2 000 gevalle sedert die begin van die tydperk van afsondering. Altesaam 148 verdagtes is aangekla in dié verband.

Cele het die vermindering in die aantal klagtes teen polisiebeamptes tydens die afsonderingstydperk verwelkom.

“Dit wys dat mense nou die afsonderingstydperk begin verstaan en aan die regulasies voldoen, asook dat mense hul samewerking aan wetstoepassingsbeamptes gee.”

Die afgelope week is gekenmerk deur lang toue by kruidenierswinkels en betaalpunte vir maatskaplike toelae. Cele voorsien dat daar in die komende week ʼn verbeterde nakoming van die regulasies sal wees, veral met betrekking tot mense se beweging en verkeer op die paaie.

Volgens Cele sal die polisie, weermag, metropolisie en ander wetstoepassingsagentskappe steeds op ʼn hoë gereedheidsgrondslag bly ten einde maksimale nakoming van die regulasies te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JC Venter ·

Dit is die eerste positiewe van die afsonderingstydperk mnr Bheki Cele, die tweede positiewe is die mense is gesonder want hulle mag nie rook of drink nie, die negatiewe is, die ekonomie is vodde, die rand is vodde, die werkloosheid gaan die hoogte in skiet, baie besighede sal ten gronde gaan en erger dinge kom.

JC Venter ·

Met permissie gesê mnr Bheki Cele, ek dink nie die minister van ekonomiese sake is so opgewonde soos jy nie, as dit nou maar aan jou polisiemag re danke is dat die misdaad syfer af is, is dit mos nou reg, maar droom voort. Terloop mnr Cele, hoe gaan dit met die vuurwapen amnestie?

Boortor ·

Is dit nie dalk te vroeg vir die mening nie meneer minister? Wag tot die nasie se geld op is. En dit is binnekort. Ek dink jy gaan nog lang trane huil!

Jessey ·

Baie Goeie Observasie, ek is net nie so seker dat die verlaging enigiets te doen het met rook of drank nie. Almal moet bd huis bly, so die gemeenskap is makliker om te beheer. Ek is ook nie so seker ek stem saam met die observasie van gesonder nie. Mense gaan in opstand kom hieroor as ek dinge so kyk oor hulle nie die goed in die hande kan kry nie. Elke persoon in die gemeenskap het die reg om homself te wees, behalwe as hy rook. Dan is hy of sy ‘n uitvaagsel en behoort deur die gemeenskap sleg gese te word. Ek kon nog nooit die siening verstaan nie. My beste en mees produktiefste werknemers rook, want hulle kompenseer vir als wat van hulle gese word, en dat hulle nie so hard werk soos nie rokers. Jammer meneer ek stem nie saam nie. Laat elkeen sy eie plesiertjie toe. Niemand keer enigiemand as hy/ sy hulle tyd mors deur tv te kyk nie. Ken elke geval baie rokers wat meer gesond en fiks is as nie-rokers. Hou asseblief op veralgemeen.

JC Venter ·

Mnr Bheki Cele, ek het vergeet om by te voeg, en ek sê weer, dis goed dat misdaad so afgeneem het, maar dis om die verkeerde rede. Nou dat die ekonomie ten gronde is, en ek besef die ekonomie is nie jou portefeulje nie, het jy al gedagte aan die miljoene dagloners in hierdie tyd gegee, ook daaraan gedink wat lê vir hulle voor?

Waar gaan hulle kos vandaan kry om te oorleef?

JC Venter ·

En dan Bheki Cele, jy wat nou so bors uitstoot, ek sien in die media Dawie Roodt is van mening dat Apokalipties toestande gaan in die land aan die orde van die dag wees as inperking verleng word. As Suid-Afrika se grendeltyd met nog twee of drie maande verleng word, gaan mense honger ly, gaan maatskaplike en politieke spanning losbars en gaan mense winkelsentrums stroop.

Ek hoop julle is gereed daarvoor.

JC Venter ·

Die staat van inperking gaan die ekonomie in ’n doodspiraal plaas as daar nie op groot skaal ekonomiese beleidsveranderings gemaak word nie.

PieterP ·

Die man is eenvoidig die skerpste potlood in die pakkie is hy nie? As almal tuis moet bly en 95% besighede is toe is daar nie veel oor om te roof nie is daar? Daar is skielik meer rooftogte en pogings om geldwaens te roof in die Laeveld en voedsel trokke word geplunder. Ek bars jou ou borreltjie maar solank vir jou, dit gaan nie beter nie. Jy jet iewers “spreadsheet” manager wat vir jou syfers deurgee. Die mense in die trust hier naby rook en drink steeds ongestoord voort.

Sarel ·

Danksy Coronz…..nie Cele nie. Hy gee nie errs om vir sy.eie mense op grondvlak.nie.

Snowball ·

Die professionele misdadigers is ook onder grendelstatus, dis maar al.

Janc ·

My raad aan winkel eienaars wie se plekke gesluit is, gaan haal al jou voorraad en waardevolle items uit die winkel uit (bv drankwinkels). Gister ‘n video gesien van hoe hulle inbreek by ‘n drankwinkel en leeg dra!

Nie Verbaas ·

Mnr Cele, jy verwys na afname in misdaad by huise en besighede. Daar is minder besighede oop en die syfers is nog steeds hoog. Daar is ook meer mense daaglikse in hul huise en syfers is steeds hoog. Werk met ratio en jy sal vind dat die verhouding drasties verander. Jy blameer drank vir geweldadige misdaad. Wat van sosiale opvoeding en gene? Bereken getalle wat sin maak en nie getalle wat mense vals hoop gee nie.

marius ·

Dis dag agt hoed. Die vervoer inperkings is die oorsaak . Niks anders nie .

Genis ·

Met die lockdown hou my koffie definitief… Dink Cele nie dis nou ook n goeie tyd om almal se ID’s en vinger afdrukke te neem nie??

Okmardom ·

Goeie plan deur Genis. Kry almal wat toets se vingerafdrukke en plaas dit op stelsel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.