Eskom het Donderdagoggend ʼn noodtoestand rakende die land se elektrisiteitstoevoer afgekondig en amptelik bekend gemaak dat beurtkrag vanaf 09:00 ingestel gaan word.
Die moontlikheid bestaan dat beurtkrag tot die naweek gaan voortduur. Beurtkrag is laas in 2008 in Suid-Afrika toegepas.
Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, het gesê die afgelope week se reën het daartoe gelei dat die kragreus se steenkoolvoorrraad nat is, en die kragnetwerk onder groot druk geplaas is. “Ons het ons groot nywerheidskliënte gevra om hul verbruik met 10% te verminder, maar dit wil voorkom of dit nie genoeg gaan wees nie,” het Etzinger gesê. Eskom doen ʼn beroep op die publiek om hul elektrisiteitsverbruik te verminder ten einde die vraag na elektrisiteit te verminder.
Klik hier om Eskom se beurtkragskedule te sien.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
En af is die krag in Centurion. Nice Eskom!
Hulle wou mos nie nuwe kernkragsentrales bou nie, maar eerder steenkool. Sal hulle ooit inhaal op die agterstand?
Ons betaal ten duurste vir krag, die wagwoord hier is baie eenvoudig….BEPLANING.
Die beurtkragskedule is nie eers reg nie. Net seker dele se skedule is gelaai. Nou sê hulle oor die nuus as die krag vir langer as 2 ure af is, is daar iets anders fout. Die krag in Centurion nou al amper 3 ure af. Het Eskom vergeet om ons weer aan te skakel wonder ek.
BEURTKRAG ALWEER!!!!! Ek het gedink….. Hulle nie…… Dan betaal ek so duur vir krag. AI kan ook nie wen nie