Eskom ontken ‘dreigende’ ineenstorting van kragnetwerk  

(Foto: Rodger Bosch / AFP / 2023)

Eskom het bewerings ontken dat die kragnetwerk binnekort ineen kan stort en gesê daar is maatreëls om dit te verhoed.

Volgens die kragvoorsiener het hy met kommer kennis geneem van verskeie sosialemediaplasings wat beweer dat die land binnekort in algehele donkerte gehul kan word. Beurtkrag is volgens Eskom juis een van die maatreëls om dit te verhoed.

“Die risiko vir ʼn nasionale kragonderbreking, hoewel dit inherent deel is aan die bedryf van ʼn groot kragstelsel, het ʼn uiters lae waarskynlikheid om te realiseer gegewe die implementering van ʼn aantal beheermaatreëls, insluitend beurtkrag.”

Eskom het gesê die netwerk het geensins ʼn hoër of dreigende risiko van ʼn ineenstorting nie en dit sal ʼn onvoorsiene en skielike opeenvolging van gebeure verg wat om die kragnetwerk ineen te laat stort.

“Eskom het robuuste gebeurlikheidsplanne gereed om so ʼn voorval te hanteer.”

Calib Cassim, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het Dinsdag by die Enlit Africa-konferensie benadruk dat daar verskeie kontroles is en dat hy nie “wakker lê” oor die kwessie nie. “Dit is te danke aan sy vertroue in personeel van die stelseloperateur wat die nodige bevoegdheid het en die problematiese stelsel die afgelope drie jaar bestuur.”

Volgens Eskom gaan hy voort om opwekkingsherwinningsinisiatiewe aan te dryf wat daarop gemik is om te verhoed dat die huidige prestasie op kort termyn verswak, en om die algehele prestasie van die opwekkingsvloot op lang die duur te verbeter.

Die kragvoorsiener sal Donderdag ʼn media-inligtingsessie hou oor die toestand van die stelsel om ʼn opdatering van die kragnetwerk te gee en die vooruitsigte vir die winter te deel, insluitend gebeurlikheidsplanne om hoër fases van beurtkrag te vermy.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Carel ·

In die geval van die Kader-Regime is dit selde ‘n “ROKIE” . . . gewoonlik is dit ‘n wegholbrand wat hulle nie wil keer nie, a.g.v. TENDER BELANGE

Piet ·

Ek sou wakker lê in die aande en nie al my vertroue in die stelselopersteur sit nie Calib. Wat jy nou gesê het is as dinge verkeerd gaan dan gaan jy hulle blameer want jy het geslaap.

annie ·

Calib het seker nog ‘n paar blikke diesel in sy motorhuis oor. Wees gerus mense, Eskom is op die wenpad. Calib hou die beursie. Hy weet van hoe.

Sonblom ·

Eskom laat my dink aan Shaggy se liedjie “It wasn’t me”. Hulle ontken alles. Dis nog nie eers behoorlik winter nie en kyk wat gaan aan.

Shakespeare ·

Ontken die land is op n ashoop, ontken korrupsie, ontken onbevoegdheid…ontken, ontken,ontken.

Republikein in die Wes Kaap ·

En StatsSA kook die statistieke om die goeie storie te ondersteun.

Marius ·

Gewoontlik as die regering iets ontken is daar meer agter dit.
Ek glo lankal nie meer die klomp nie.

Marthinus Johannes ·

Soos altyd moet daar gelieg word om die waarheid weg te steek. Die oomblik as die paw paw die fan strike Dan het hulle skielik n onduidelike veduideliking wat geen sin maak nie, Dan is dit te laat en almal wat niks daarmee te doen het nie KRY die skuld.

Papsak ·

Ag erken maar net eskom is binne kort tot niet waar daar n rokue is daar n vuurtjie

Strandloper ·

Met die anc wat lankal ineen ingestort het is alles wat lelik is moonrlik

Pierre ·

Dag 1 van loadshedding het die intuimeling begin Eskom is soos n pasient in ICU wat Kritiek en onstabiel is, net tyd sal tel.

Keelvol ·

Hulle voer dan krag Botswana toe uit om Hulle load shedding daar te verminder.

piket ·

Hulle kan nie eers die gewone bedryf van die stelsel bestuur nie, hoe sal hulle n KRISIS soos algehele ineenstorting kan bestuur?

Amelia ·

Ja mnr cassim jy het dalk nie slaaploose nagte nie want al volgens jou sal die netwerk nie in een stort nie net soos daar ook gese word( Zuma) daar sal nie vir langer as n 18mnde beurtkrag wees nie maar ons sit steeds met beurtkrag Mens kan NIKS

My siening ·

Het jy al ooit gehoor dat die ANC sê iets gaan sleg waar hul betrokke is!

Casper ·

Hulle is al so slinks ons gaan nie eers weet as die stelsel in duie stort nie,dit sal net nag wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.