Eskom-saak oor tariewe nie dringend, gelas hof

Foto: Reint Dykema

Die hooggeregshof in Pretoria het beslis Eskom se aansoek teen die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) oor kragtariewe is nie dringend nie.

Nersa het verlede jaar tariefverhogings van 9,41%, 8,1% en 5,22% oor die volgende drie boekjare vir Eskom goedgekeur.

Eskom het gesê dít het hom met ʼn tekort van nagenoeg R102 miljard gelaat. Die verhogings was minder as waarvoor Eskom oorspronklik gevra het.

Nersa se rede hiervoor was die reddingsboeie wat die regering aan Eskom toegestaan het.

Eskom het intussen in ʼn verklaring gesê hy neem kennis van die hofuitspraak.

“Ons verstaan en respekteer die hof se besluit en sal die hof se leiding in dié verband aanvaar. Ons saak het twee dele. Eerstens het ons versoek dat die saak dringend aangehoor word ten einde Eskom in staat te stel om ʼn tariefbesluit te bekom en in werking te stel voor die begin van die finansiële jaar in April 2020,” het Calib Cassim, Eskom se finansiële hoof, gesê.

Die tweede deel van Eskom se saak is oor Nersa se hantering van die reddingsboeie wat die kragvoorsiener van sy aandeelhouer (die staat) ontvang het.

“Ons stem nie saam met Nersa se besluit om die R23 miljard wat ons van die aandeelhouer af ontvang het, af te trek en dit as inkomste te hanteer nie. Hoewel die saak nie dringend is nie, is daar aangedui dat daar wel meriete in ons saak is. Dít is vir ons bemoedigend.”

Indien Eskom se aansoek suksesvol is, kan dit beteken dat kragtariewe vanjaar en volgende jaar met meer as 16% styg in plaas van die tariefverhogings wat deur Nersa goedgekeur is.

Cassim het vroeër gesê die hofaansoek is ingedien om ʼn finansiële ramp by Eskom te voorkom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nie Verbaas ·

Eskom, ons gaan nie betaal vir die 16000 oortollige werknemers, wanbestuur en plundering nie. Dis nie die betalende verbruiker se skuld as julle met invorderings ook faal nie.

Eragrostis ·

Dis presies hoe ek ook voel, Pierre. Enige regdenkende persoon sal in so ń situasie mos eers kyk waar jy kan sny aan onnodige uitgawes voordat jy tot die besluit oorgaan om geld te leen of kostes te verhoog. 16,000 oortollige werknemers is mos ń duidelike plek om te begin sny.

Dan om nog nie eens te praat van Soweto wie se Eskom rekening R17 miljard agterstallig nie, en die inwoners steeds glo hulle geen elektrisiteit hoef te betaal nie.

Dus is daar nog baie alternatiewe vir Eskom om toe te pas voordat hulle tariefverhogings of reddingsboeie hoef aan te vra.

Johanncb ·

Wie is verantwoordelik vir die finansiële penarie Mnr Cassim?

Strandloper ·

Dit laat my wonder hoeveel lorrie vragte so hoop geld nou moet wees…wat brand hul nou eintlik…geld of steenkool?

Oujongvrou ·

Jaag al die hordes werkers wat net rondsit weg. En sny julle astrenomiese salarisse met die helfde. Wat verstaan mense nie deesdae nie. Geen firma, geen werk. Dis tog eenvoudig.

Cherokee ·

Nog nie een keer het ek in enige verklaring van Eskom die woord ‘Soweto’ gehoor nie. Maar ek hoor ook nie dat Nersa of die hof hulle daaroor aanspreek nie. Ook weet ek nie van enige LP wat dit al aangespreek het in parlement nie.

Willem Sterrenberg ·

Eskom jare terug al bankrot!Laat Eskom verkoop word aan buitelandse maatakappy wat bevoegde bestuur en personeel het om werk te doen!SA deurtrek van vrot korrupte Eskom skelms!André De Ruyter jy mors jou tyd jy gaan self vasgevang word in vrot Eskom korrupsie.Julle speel vir tyd!Laat Eskom bankrot verklaar word jy gaan niks regkry nie!

Magda ·

Eskom – ONS as die Publiek is MOEG betaal vir julle plundering en onbevoegdheid. Enige verhoging – en daar gaan baie MIN mense wees wat verder betaal, en ons :mag of mag nie” dieselfde doen as Soweto .

Wondermaarnet ·

Hoe meer mense sonkrag gebruik, hoe minder maak Eskom nou moet hulle dit verhaal van mense wat nie sonpanele kan bekostig nie. Eskom moet dié wat so slaap en nutteloos is afdank. Begin sommer by Eskom Koeberg.

marius ·

Neem verbande op die regeerders se huise uit en le beslag op hulle pensioen . Neem ook sommer hul medies weg . cassim en sy gevolg kan sommer eerste in die ry staan .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.