Eskom sê geen beurtkrag is Sondag in die vooruitsig nie.
“Ons het Koeberg se eenheid 1 weer suksesvol in diens gestel ná beplande instandhoudingswerk en dit het ʼn bykomende 900 MW by die kragnetwerk gevoeg,” het die kragvoorsiener gesê.
Eskom sê sy tegniese spanne werk steeds om opwekkingseenhede ná beplande en onbeplande instandhoudingswerk weer aanlyn te bring.
“Die bykomende kapasiteit wat aanlyn gebring is, sowel as ʼn laer aanvraag oor die naweek, het ons toegelaat om ons pompopgaarskemas te hervul en ons werk steeds om dieselvlakke by ons oopsiklus-gasturbines te verbeter.”
Eskom het onderneem om later vandag ʼn aanduiding te gee oor die moontlikheid van beurtkrag later dié week.
Die skole heropen Woensdag ná die Kersvakansie en die laaste groot ondernemings en nywerhede hervat ook vandeesweek hul bedrywighede.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
21 Kommentare
… gelukkig vir ons het die son darem vanoggend opgekom. Eskom kan nou gerus maar probeer om ‘n paar van die straatligte af te skakel.
Wow, wat ‘n prestasie!!!!
Wat n wonderlike voorreg!! Dankie…..
Interessant hoe vinnig sake reglkom as daar vuur onder hul alies gemaak word.
Dankie Eskom, julle doen ons n vreeslike groot guns.