Eskom se Molefe verskil met ministers oor Zuma-gedrag

Brian Molefe (Foto: ANA)

Ses uur lank het die voormalige Eskom-hoofamptenaar Brian Molefe Woensdag met een verduideliking ná die ander volgehou sy hande is skoon – al was hy jare lank tydens die Zuma-bewind aan die hoof van Transnet en Eskom het hy geensins deel gehad aan staatskaping of korrupsie nie.

Molefe het voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig en is gekonfronteer met getuienis deur drie lede van die ANC-topleierskap, te wete Gwede Mantashe (tans minister van minerale hulpbronne en energie), dr. Zweli Mkhize (tans minister van gesondheid) en Jessie Duarte (steeds adjunk-sekretaris-generaal van die ANC) in beëdigde verklarings voor die kommissie dat oudpres. Jacob Zuma gesê het hy beplan dat Molefe vir Pravin Gordhan as minister van finansies vervang.

Dieselfde mening is glo rakende Molefe se aanstelling by Eskom deur Zuma uitgespreek teenoor Salim Essa,  senior amptenaar van die eertydse Gupta-sakeryk. Volgens Molefe het hy Essa nog nooit ontmoet nie.

Soos die kommissie se voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, skalks opgemerk het, het Zuma nog nie daarin geslaag om dit tot by die kommissie te maak om sy kant van die saak te stel nie.

Molefe se getuienis voor die kommissie Woensdag was seepglad en ontwykend, en hy het gesorg dat dit op sleuteloomblikke onmoontlik was om hom te volg deur weg van die mikrofoon te praat. Male sonder tal moes Zondo hom vra om op te hou met daardie gedrag.

Oor die destydse Eskom-oorlogskamer waarvan pres. Cyril Ramaphosa tydens die Zuma-bewind in beheer was, het Molefe gesê dit was ʼn vermorsing van tyd, want die oorlogskamer wou net heeltyd inligting hê, maar het nie besluite geneem nie, so hy het opgehou om dit by te woon.

Molefe het hom gedistansieer van stellings deur oudmin. Lynne Brown dat die Eskom-bestuur tydens sy leiding van die organisasie misleidend was jeens die oorlogskamer.

Die kwessie van Molefe se pensioen by Eskom het ook weer ter sprake gekom, naamlik dat hy 12 jaar se pensioen sou ontvang vir 18 maande se werk.

Volgens Molefe was die hele ding nie sy idee nie en was hy onbewus daarvan dat dit onwettig is om pensioen só toe te staan.

Molefe sal Maandag sy getuienis voortsit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pieter ·

Dit is mos hoe kommuniste is doen nooit iets verkeerd nie loop VOETSEK.

Anna ·

Was dit nie Molefe wat by die Shebeen in Sandton gaan kuier het nie? Dit was mos in ontkenning dat hy ooit by die Guptas “tee gedrink” het.

pieterweskaap ·

Ses (6) uur lank voor die Kommissie sonder om ‘n enkele traan te stort!!

Dis wat mens noem emosionele stabiliteit om onder sulke druk te kan getuig
en dan steeds kalm te bly en slim te lieg.

Bertus ·

Sy liggam taal wanneer hy probeer om die waarheid te praat vertel als. Lieg, lieg en en en en en. soos skuldig en regter Raymond weet dit al die eerste keer wanneer Molefe getuig het n absoluute vermors van belansting betaler se geld. Was daar dan nie klagtes by die polisie gemaak nie wat die saak moes ondersoek het nie, of sorry ja SAP woophyyy.

Johann ·

ANC KADER LEGACY….issi ekki issi ekki….waas my tishoes….

Kaptein ·

Dit is darem snaaks dat hy so onskuldig is. Het nie geweet dat pensioen nie so werk nie. Maar het ook nie moeite gedoen om uit te vind hoe dit werk nie. Maar met sy vier oë het hy net nog geld gesien. 18 maandese weken kry12 jaar se pensioen. Lekkerr. Sy wiskunde is net so pateties soos sy braaimaaitjie zumpies. Stortkoppe van enerse vere

koos10 ·

Is sy gedrag, om weg van die mikrofoon te praat, maar nie ook minagting nie?
Zondo, jy het dit verkeerd gestel. Zuma het geweier om sy kant te kom stel!

Kerneels ·

Omsingel hom asb met mikrofone sodat hierdie taktiek in duie stort.

henndrik ·

Die ANC glo in volstruispolitiek, as jy se dit is nie so nie dan is dit nie so nie maak nie saak wat die bewyse is nie

MT ·

Ek wonder wat is meer tragies: dat hierdie man vir 6 ure aaneen kan lieg- onder eed; en of die Zondo kommissie – wat ek en jy finansieel onderhou – hom 6 ure gun om te lieg?

Dit verklaar natuurlik waarom die tragedie-kommisie konstant vir uitstel vra: die leuens duur te lank, en elke leuenaar wil ‘n spreekbeurt he!

Mariana ·

Brian Liegbek Trane Molefe. Shame hy weet nie eintlik iets van enigiets af nie. Behalwe om te lieg en bedrieg. Gaan die Zondo-kommissie ooit hondhaar afmaak van die hele gedoente. Klink of daar nooit enige uitsluitsels vir dit gaan wees nie. Maande gaan dit nou so, maar al die betrokkenes loop nog skotvry rond.

Dup ·

Onthou,korrupsie,bedrog en diefstal word as aanvaarbaar beskou deur sekere mense en groeperinge.Dit is net n skande as hulle uitgevang word…..

Hendrik ·

Die regerende party en hul kaders is sekerlik die mees patetiese klomp in die wereld. As dit nie was vir die goeie sakemanne in S.A was die land se ekonomie seker al verby Zimbabwe.

Jack ·

Molefe was as een van die “kroonprinse” van die ANC beskou, soos byvoorbeeld ook die persoon wat Direkteur-generaal van Buitelandse Sake was, sy naam ontgaan my op die oomblik. Die groot voordeel van die Zondo kommissie is dat dit bewys dat daar nie ‘n enkele ANC ampsdraer is wat eerlik, en hardwerkend is en integriteit besit nie. Selfs Vincent Smith is uitgevang dat hy nie is wat hy voorgegee het om te wees nie. Ramaposa het ook verskeie geraamtes in sy klerekas.
Natuurlik sal Molefi voor Zondo lieg. Dit is eenvoudig naief om te verwag dat hy dit ie sal doen nie.

Alet ·

Net soos meeste onbewus is dit is onwettig om moord te pleeg, mense in hulle eie huise aan te rand, te moor en te roof. Pleit bewusteloos as dit hulle pas maar andersins altyd die victim.

SomeOne ·

molefe se hele houding spreek boekdele, up yours and all around you, sal graag my opinie behoorlik wil lig oor sy afstootlike houding, maar ……….!!!….

Hoekom ·

Om ‘n eed af te lê vir hierdie mense beteken niks. Hulle kan nie vertrou word nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.