Eskom sê oor beurtkrag vir die naweek

Argieffoto (Foto: Shutterstock)

Fase 3-beurtkrag sal Vrydagmiddag vanaf 16:00 geld tot Saterdagoggend om 05:00.

Beurtkrag sal dan van Saterdagoggend om 05:00 tot Saterdagmiddag om 16:00 opgeskort word. Fase 1-beurtkrag geld van Saterdagmiddag om 16:00 tot Sondagoggend om 05:00.

Dieselfde patroon sal Sondag herhaal.

“Dit is danksy die verwagte laer aanvraag oor die naweek,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Eskom sal na verwagting Sondagmiddag ʼn vooruitsig vir die week kan verskaf en sal met die publiek kommunikeer indien die behoefte vroeër ontstaan.

Altesaam 3 100 MW sal na verwagting Maandag weer beskikbaar wees. Die aanvraag vir Vrydagaand is ʼn verwagte 25 848 MW. Onbeplande onderbrekings staan op 14 144 MW en altesaam 7 674 MW is nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Ag, man, sien is glo!!! Halfpad deur die dag gaan die fases weer verander vir een if ander obskure rede!

Debbie ·

Dit maak my so woedend. Jy kry die beurtkrag schedule. Dan beplan ek my dag of aand se dinge daarom. Dan wragtig gaan dit nie af nie of dit gaan af wanneer dit nie moet nie

KB ·

En ons almal glo in die “tooth fairie” (tandemuis)!
Wat ʼn pot strooi!
Hierdie is niks anders as paaiery, boelie en leuens nie! Julle laat my dink aan COVID-19!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.