Eskom stel fase 4-beurtkrag in

(Foto: Maroela Media)

Fase 4-beurtkrag is Vrydag in die vroeë oggendure tot verdere kennisgewing ingestel.

Volgens Eskom is fase 4-beurtkrag om 02:00 ingestel weens twee bykomende opwekkingseenhede wat uit diens geneem moes word vir herstelwerk.

“Ons spanne werk onverpoosd om die opwekkingseenhede weer in diens te kry. Eskom sal verder kommunikeer indien dit nodig sou wees.”

Fase 3-beurtkrag is eers om 22:00 Donderdagaand tot verdere kennisgewing ingestel en daar is kort ná 01:00 vanoggend aangekondig dat daar na fase 4-beurtkrag beweeg sal word.

Eskom het Woensdagoggend aangekondig dat beurtkrag op dié dag tussen 10:00 tot 14:00 na fase 1 verlaag is waarna fase 2 om 14:00 ingeskop het en tot verdere kennisgewing sou duur.

Die aankondiging van onbepaalde fase 4-beurtkrag het gevolg ná pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede waarin hy aangekondig het dat die regering ʼn “duidelike plan” uiteengesit het om “beurtkrag tot ʼn einde te bring”.

“Ons het voldoen aan ons beloftes om nuwe kapasiteit te skep deur privaat beleggings aan die netwerk. Dit help reeds om beurtkrag te verlig. Ons is vol vertroue dat die ergste nou verby is en dat die einde van beurtkrag uiteindelik binne ons bereik is,” het Ramaphosa gesê.

Om seker te maak dat die land nooit weer ʼn soortgelyke krisis beleef nie, word die kragstelsel hervorm om dit meer mededingend, volhoubaar en betroubaar te maak, het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johan ·

En daar doen hy dit wragtig weer, belieg die nasie op nasionale tv… “duidelike plan om beurtkrag tot n einde te being”. Daar is geen duidelike plan nie mnr beesneus! Bewys dit..

willie ·

Die staatsrede is verby, en vir beloning kry ons stage 4 loadshedding!

Catherina ·

I thought Ramaphosa said things are changing…now I understand what he meant….silly me…changing for the worst!!!!!!!

sonneblommekie ·

Blah
.blah..blah..bla..
Maybe just net SHUT up..
Same old story..just ànother day.
Viva Eishkom
Viva anc

Oosieoos ·

By ons as jy krag terug sit kom vervang eskom jou meter met een wat dit block hoe onnosel kan jy wees dis een groot klugspel

vuurvliegie ·

@Oosieoos. Ek neem aan jy is op ‘n plaas. As Eskom die lyn uitgee (afsit) vir herstel of maintenance en jy as gebruiker stuur krag terug op die lyn is jy aanspreeklik as iemand sou seerkry of as daar lewensverlies is.

Manie ·

Net gisteraand het ‘n brulpadda gereken dat beurtkrag amper verby is, en ure later is ons terug op fase 4.

Saartjievandiebosveld ·

Aai die klomp HANSWORSE…mens kan ook nie by bly met die beurtkrag nir

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.