EU-datawaghonde wil gesigsherkenningstegnologie verbied

Argieffoto (Foto: Tumisu/Pixabay)

Die Europese Unie se databeskermingsagentskappe het Maandag versoek dat ʼn verbod geplaas word op die gebruik van gesigsherkenningstegnologie om mense in openbare plekke te identifiseer. Hulle wys op die “uiters hoë risiko’s” aan privaatheid.

Die twee organisasies versoek “ʼn algemene verbod” op die praktyk wat “die herkenning van gesigte, postuur, vingerafdrukke, DNS, stem, sleutelbordklikke en ander biometriese of gedragstekens, in enige konteks”, insluit.

“Sulke praktyke meng in met die fundamentele regte en vryhede tot só mate dat dit die wese van dié regte en vryhede bevraagteken,” het die hoofde van die Europese Raad op Databeskerming en die Europese Raadgewer oor Databeskerming gesê.

Die verbod sluit in enige kunsmatige intelligensie wat “individue in groepe kategoriseer gebaseer op etnisiteit, gender, politieke of seksuele oriëntasie”, lui die verklaring.

Die mening is aan die Europese Kommissie voorgelê. Die EU se uitvoerende arm het in April ʼn voorstel onthul om kunsmatige intelligensie te reguleer. Die kommissie se plan sluit in spesiale uitsonderings vir die gebruik van massa-gesigsherkenning in gevalle waar daar byvoorbeeld na ʼn vermiste kind gesoek word, om ʼn terreuraanval te voorkom of om iemand op te spoor wat van ʼn ernstige misdaad verdink word.

Brussel hoop sy eerste wetgewende pakket oor kunsmatige intelligensie sal Europa help om in te val by die VSA en China in ʼn bedryf wat strek van stemherkenning tot versekering en wetstoepassing.

Die kommissie het gesê hy neem kennis van die datawaghonde se verklaring, maar volstaan by ʼn voorstel “wat voldoende beskerming bied en die gebruik van die stelsels tot die minimum noodsaaklikheid beperk”.

Die voorstel word by die Europese parlement en onder die 27 ledestate bespreek. Die uitslag sal ʼn internasionale standaard stel van hoe tegnologie gereguleer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

daniel ·

Dit sou nuttig wees om onwettige migrante en diesmeer te identifiseer .

Stofdonkie ·

MM, is “Gender” nou sommer ‘n nuwe afrikaanse woord? Is dit nie geslag nie? O dis seker vandat daar nie meer net twee geslagte is nie dat julle nou praat van “gender”?

Stof ·

Op skool het ons in St 3 geleer die vroulike vorm van “gender”, is “goose”. Geslagsaanwysing by ganse? Is die mensdom dus nou ganse?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.