Europa doen dalk stappe teen grondonteiening

Jaco Kleynhans en dr. Dirk Hermann saam met Sabine Verheyen van die Christen Demokratiese Unie in Duitsland. (Foto: Verskaf)

Die Solidariteit Beweging het die afgelope week meer as twintig lede van die Europese Parlement (EP) in Straatsburg versoek om sterk standpunt teen grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika in te neem. Daar bestaan by verskeie partye in die EP ernstige kommer oor die politieke en ekonomiese rigting waarin Suid-Afrika beweeg en vir heelwat Europeërs is die beplande verandering van Suid-Afrika se Grondwet die spreekwoordelike laaste druppel wat die emmer kan laat oorloop.

In Julie vanjaar het die Nederlandse Parlement na steunwerwing deur die Solidariteit Beweging ʼn mosie goedgekeur wat sterk standpunt teen grondonteiening sonder vergoeding inneem. Volgens Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling vir dié beweging, word soortgelyke mosies ook in ander Europese parlemente bespreek. “Europa is steeds die belangrikste handelsvennoot van Suid-Afrika en daarom wil ons hê dat die Europese Parlement ook sterker standpunt hieroor moet inneem,” sê Kleynhans

Die afgelope week se sitting in Straatsburg, in die ooste van Frankryk, was die eerste van die nuwe fraksies wat na die Europese verkiesing vroeër vanjaar gevorm is. Die Solidariteit Beweging se afvaardiging het bestaan uit dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van dié beweging, en Kleynhans. Gesprekke is gevoer met lede van die grootste fraksie in die EP, die sentristiese Christen-Demokrate, sowel as ander groeperinge wie se steun nodig is om ʼn meerderheid in die parlement te oortuig om teen die beplande grondwetwysiging standpunt in te neem.

Volgens Kleynhans begin die Beweging se skakeling in Europa vrugte afwerp. “Daar is ʼn groterwordende realisme in Europa oor die motiewe van die Suid-Afrikaanse regering. Europese politici begin deur die propaganda en leë beloftes van die regering te sien. Ons verskaf feite oor wat werklik in Suid-Afrika gebeur, maar stel dit ook duidelik dat die Beweging sterk daartoe verbind is om oplossings aan te bied sodat Suid-Afrika ekonomies kan slaag.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Dankbaar ·

Genade dis nou goeie nuus! Baie dankie, hoop dit kan gestop word!

Peet J ·

Elke aksie het ‘n reaksie Europa sal nie die plaasmoorde kan stop nie dink maar wat het in Zim plaas gevind met onteiening van grond.

DC ·

Die VSA se onlangse wetgewing mbt Hong Kong, het n belangrike presedent geskep. Die dalk n opsie wat ook vir ons van toe passing kan wees.

Feite ·

Druk teen OSV moet gebou word terwyl daar terselftertyd gesorg moet word dat boere reg is wanneer daar teruggedruk word deur die ANC staat en georganiseerde polities georkestreerde misdaad (Break the spirit of the “Boer” with OSV and or land grab). Ek is nie altyd so seker daarvan dat solidariteit/afriforum besef dat vir elke aksie sal daar noodwendig n reaksie wees en nie noodwendig teen solidariteit/afriforum nie, maar noodwendig teen die boere, gewone mense, die afrikaner, soos reeds gesien die tendens is. Is die boere dus gereed en gerat vir wat kom indien die ANC staat met OSV misluk? MM se berigte oor misdaad en plaasaanvalle wys dat dit n feit is dat ons mense nie gereed en gerat is nie en indien die berigte nie fopnuus is nie, dan so ook nie die feite nie!

Bess ·

Ag julle naiewe oukies droom.die anc word al vir dekades deur die europese regerings ondeesteun.dieselfde europese regerings het vir dekades lank vir mugabe gesteun…go figure..

Pottie ·

Stem saam jou bess die ANC steur hulle in elk geval aan niks en niemand nie hulle hou van hulle broers die kant

Anti Da ·

Baie sterkte daar, geen twyfel dat die massas na Europa sal luister nie. Ramaforie kry baie geld by sy sosialistiese vrinne daar.

Kallie ·

Daai antie van Duitsland weet nie eers waar is Suid Afrika nie. En sy gee ook nie om nie.

Kla en kerm ·

Kla en kerm, kla en kerm…. almal van julle hier bo wat so kla en kerm…. Solidariteit werk hard om vir die van ons wat moet oorbly, want ons kan nie uit nie, ‘n toekoms te skep. Slegs tyd sal leer hoe suksesvol hulle pogings is, maar heel beter as om te sit en kla en kerm en kritiseer. Die land is in sy pekie, ja, so jy kan kla en kerm en terugsit en huil of probeer om jou lot te verander…. welgedaan Solidariteit, julle pogings en harde werk word wel waardeer

Kraai ·

Stem saam met Judge Dredd en met “kla en Kerm”
ons negatiewe houdig gaan ons nerens bring. Laat daar darem positiewe tye en nuus ook wees..>>>>>> Shucks,

Peet J ·

Grondonteiening sonder vergoeding is deel van die ANC se beleid en geen huidige politieke party of instansie wat daarteen gekant is sal die ANC tot ander insigte kan bring nie . Die onteiening van landbou grond is male sonder tal aan die kiesers belowe en hulle sit en wag op hete kole dat dit moet plaasvind. Die voorbereiding van onteiening het reeds geruime tyd begin waarvan die plaasmoorde vermoedelik deel uitmaak dit is ‘n langtermynproses en sal heelwaarskynlik op hierdie trant voortgaan totdat die grond aan die minder gegoedes terugbesorg is aldus die ANC se sienswyse.

Anniekie ·

Afgesien daarvan dat die plase nie in die boere se skoot geval het nie en hulle ten duurste daarvoor moes opdok, wat van die grondbelasting wat hulle al die jare betaal het? Waarin is daai geld geploeg?

Jr ·

Ja hulle die cANCer party luister vir niemand nie. Maar dink jy rêrig hierdie onteining gaan goed vir hulle wees. Nee die HELE AFRIKA is getuienis daarvan. Soladariteit doen iets darem en al julle kermpotte doen niks. Ek kan julle wed dat julle nie eers ń bydra maak nie. My bydra is ń uiting van my stem wat as enkele soos om in ń parfuum fabriek n wind te los. Niemand ryk hom. Maar baie winde te los sal geryk word. Julle klaers is gewoonlik daai wat ander beskuldig van “ja” stem maar ons sal nooit weet wat ” julle” gestem het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.