Fabriekswerker bygebring ná elektriese skok

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

ʼn Jong fabriekswerker is Donderdag by ʼn fabriek in Boksburg in Gauteng bygebring nadat hy by sy werksplek deur elektrisiteit geskok is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 09:03 na ʼn fabriek in Delmore ontbied waar ʼn 25-jarige man ernstige beserings opgedoen het nadat hy deur  elektrisiteit geskok is.

ʼn Kliniekverpleegster het die man op die toneel behandel voordat hy met paramedici se aankoms in hulle sorg geplaas is.

Volgens Herbst kon paramedici daarin slaag om ʼn polsslag by die man te herwin voordat hy met ʼn lugambulans na ʼn hospitaal gehaas is.

Besonderhede rakende die voorval is in dié stadium onduidelik

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Madz ·

DIS hoekom jou “First Responders” (van Eerstehulp- tot Professionele Suster’s-kwalifikasie” nodig is in die werksplek. Well done!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.