Facebook nie beskikbaar vir gebruikers nie

Die sosialemedianetwerk Facebook was Vrydagaand vanaf omstreeks 18:15 vir ongeveer 30 minute nie beskikbaar vir gebruikers nie.

Die probleem is wêreldwyd aangemeld en meeste gebruikers het hulself na Twitter gewend om die probleem aan te meld en seker te maak of dit wel ʼn wêreldwye probleem of net ʼn individuele probleem is.

Die maatskappy het nog nie reageer op navrae of dit moontlik sy bedieners is wat omgeval het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Bokkie ·

Facebook kan vir my part sommer permanent af wees want dis in elk geval net n klomp bollies. Die mens wat al hul doen en late op sosiale media bekend maak gaan my verstand te bowe!

Anoniem ·

Stem saam grootste klomp gemors ooit. Neuk net ons samelewing op.

Basjan ·

Ek is op Facebook. Sommige mense wat kastig sê dat hulle nie belangstel nie, is net ‘n spul huigelaars en “Facebook” lustig agteraf.

Skyspy007 ·

Basjan, hierdie gedrog van FACEBOOK is vir meer gebroke huwelike en verwronge verhoudings verantwoordelik. Stem saam Johannes, opregte vriende is nogsteeds die beste, kies jou vriende soos ‘n goeie boek, lees uit hom elke dag en leer van hom….jou BYBEL!

Cherokee ·

Los Facebook vir die basjans en ander wat digitale vriende waardeer. Ek het wel ‘n facebook-adres en wanneer ek dit wil besoek weet ek nie waar dit is en wat die adres is. Daar gaan somtyds meer as ‘n jaar verby sonder dat ek dit besoek.

SUSAN ·

Aai MM delete ook gereeld my kommentaar – seker te reguit vir julle by MM.

Facebook is ‘n skinderboek en is een van die mees vernietigendste tydverdrywe wat daar is en tog hou mense soooo daarvan.

Nie eens te praat van al die huwelike wat dit al opgefoeter het nie – gaan soek ou skool liefdes op en loop met die weg.

Al wat ‘n sosiale platform is, kan maar vir ewig verdwyn. Ledigheid is die duiwel se oorkussing

Sunette ·

Dis nie Facebook wat huwelike vernietig nie, dis die peroon self. Ek het self ‘n paar skool vriende gevind en raai wat… my man weet van ieder en elk. Dit hang af van jou as persoon wat jy daarmee wil doen. As jy nie van Facebook hou nie is dit jou keuse. Gun ander mense hulle keuses ook. Lekker dag!

Frieda ·

Facebook is vir vriende wat die mooi van die lewe wil deel en saam geniet, Die wat dit negatief oordeel, is negatief in hulle eie lewe, so dit is ook maar goed hulle bly weg. Dis ‘n groot plesier vir Ouma;s en Ouma grootjies. Dit word ook gebruik vir liefdadige doeleindes, en die bevordering van goeie idees, soos bv vegan lewensstyl en ander gesondheids wenke. Dankie Facebook vir die baie vreugde wat jy versprei.

Haan ·

nee Frieda. Die voorbeelde wat jy noem is nie eers ‘n fraksie van die alledaagse facebook nie. Dit is per definisie ‘n platvorm wat jou ‘n skoot dopamien gee as iemand jou plasing/foto “like” en veroorsaak dus ‘n kringloop waarna mense keer op keer terugkeer. Dit polariseer samelewings en is besig om die vesels van die beskawing stelselmatig los te torring. bv Trump vs Clinton, Femministe vs Chauviniste, wit teen swart, vegans teen die wereld. ens ens. https://www.youtube.com/watch?v=d6e1riShmak

Ag Siestog ·

Dit is duidelik uit die kommintare dat die anti-Faceboekers nog nooit die moeite gedoen het om uit te vind waaroor FB regtig gaan nie. Soos enige ander vorm van kommunikasie kan dit vir goed en sleg gebruik word.

Lerato ·

Anias Ninn
Het gesê. We do not see things as they are. We see things as we are.

Realis ·

Jare gelede het ‘n bekende skrywer gesê, “Any technology far enough advanced, will be perceived as magic”. Dis die ding met sosiale media, te veel mense het agtergebly en nou word SM as ‘n onding beskou. Toe die eerste boeke ‘n honderd plus jare gelede vrylik beskikbaar geraak het was die mense ook teen die “euwel” gewaarsku. As julle nie wil saam op SM speel nie, los die wat kan, en wil, uit.

Dennis ·

So wat van onnosel kommentare het ek nog lanklaas gelees. As Facebook dan nou kwansuis huwelike vernietig dan is dit seker maar lepels wat mense oorgewig maak ook. Facebook, wanneer reg gebruik, met die regte verstellings, kan n lewenslyn wees na familie en vriende wat baie ver van mekaar woonagtig is. Die probleem met baie mense is dat hulle letterlik te onnosel is om enige vorm van Sosiale Media veilig te gebruik. En hierdie onnoselheid het niks met breinkrag te doen nie maar meer met arrogansie en verwaandheid, waar hulle nie wil luister na ander mense se raad rondom kuberveiligheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.