Familielede in hof vir bejaardes se moord

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Twee verdagtes, onderskeidelik 25 en 32 jaar oud, gaan die week in die Izingolweni-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn bejaarde paar by hul huis in die KwaNyuswa-nedersetting in KwaZulu-Natal. Die verdagtes was glo familie van die bejaarde paar.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê ʼn onbekende aantal verdagtes het die bejaarde paar, onderskeidelik 60 en 62 jaar oud, se huis Sondag omstreeks 10:00 betree.

Die verdagtes het die twee bejaardes uit hul huis gesleep, en hulle verskeie kere gesteek voordat hulle die bejaardes se huis aan die brand gesteek het. Die verdagtes het daarna op die vlug geslaan.

Mbele sê die polisie in Ezinqoleni is na die toneel ontbied. Met hul aankoms op die toneel, het hulle die liggame van die twee bejaardes gevind. Die liggame was verkool.

Die polisie se ondersoek het daartoe gelei dat die twee verdagtes in die KwaNyuswa-gebied, digby Ezinqoleni, vasgetrek is. Hulle word aangekla van moord en brandstigting.

Die polisie verwag om nog verdagtes in hegtenis te neem soos die ondersoek vorder.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, die provinsiale kommissaris van KwaZulu-Natal, het die inhegtenisnemings van die twee verdagtes verwelkom. “Ons hoop om so gou as moontlik die ander verdagtes ook in hegtenis te neem,” het Jula bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Wanneer wit mense vermoor word, blameer die polisie altyd baie vinnig wit naasbestaandes. Dis amper al die polities korrekte manier van doen. Dis ‘n houding van “ag dit was mos maar net wit mense wat vermoor is”. Maar in hierdie berig word dieselfde gedoen in ‘n moord op 2 swart mense. Is die polisie dan só swak opgelei dat “blameer die familie” nou maar die algemene norm raak? Hulle kan hulle eie mense tog sekerlik beter behandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.