Fase 2-beurtkrag Sondag, maar net paar uur

Argieffoto (Foto: Johannes Plenio/Pixabay)

Die kragvoorsiener het Saterdag aangedui dat Suid-Afrikaners kan uitsien na effense verligting in beurtkragfases vir Sondag.

Fase 4-beurtkrag word vandag van 16:00 tot Sondagoggend om 05:00 ingestel.

Daarna geld fase 2-beurtkrag Sondag van 05:00 tot 16:00.

Fase 3-beurtkrag word dan weer tot Maandagoggend om 05:00 ingestel. Eskom het onderneem om Sondag meer inligting oor beurtkrag vir die komende week bekend te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.