Fase 3 geld nog dae lank

(Argieffoto: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

Soos sake nou staan, sal fase 3-beurtkrag nog tot Donderdag om 05:00 duur.

Eskom sê sy noodopwekkingsreserwes is nou aangevul. Die voortgesette beurtkrag is egter nodig weens ’n voortslepende tekort aan opwekkingskapasiteit.

Die eerste van sewe opwekkingseenhede by die Camden-kragstasie kon Saterdagaand in diens gestel word nadat gekontamineerde water vroeër vandeesweek in die stoomketels gebruik is en die kragstasie noodgedwonge buite werking gestel is.

Die oorblywende eenhede sal na verwagting oor die volgende agt dae weer in diens gestel word. Een eenheid sal egter voorlopig weens beplande instandhoudingswerk buite werking bly.

Intussen is ʼn opwekkingseenheid elk by die Kusile- en Majuba-kragstasie weer in diens geneem.

Eskom sê ʼn opwekkingseenheid elk by Duvha, Kendal, Komati, Kusile, Matimba, Lethabo en Tutuka ondergaan tans herstelwerk terwyl die vertraging van twee opwekkingseenhede by Kendal en een opwekkingseenheid by Tutuka bygedra het tot die huidige beperkte kapasiteit.

Altesaam 6 893 MW word tans aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl 16 168 MW weens onbeplande probleme nie beskikbaar is nie.

Eskom sal Woensdag “of sodra daar enige beduidende verandering is” weer ’n vooruitsig op beurtkrag verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ronél ·

Wat is dan die oplossing, hy moet 30 jaar se onbevoegdheid uit die weg ruim?

Antie Sarie ·

Wat as ek vir julle sé dat daar geen baat is vir “the powers that be”, om krag permanent af te sit nie. Die idee is om krag aan en af te laat gaan, vir n duistere rede.

Manie ·

Sekere toestelle soos pompe en motors, yskaste en vrieskaste se kompressors ens neem 2-3 keer soveel krag om weer op normale verrigting konfigurasies te kom wanneer die krag weer aangaan. So wie baat daarby, definitief nie ek en jy nie.

Antie Sarie ·

Jy is korrek. Maar hierdie in n wereldwye “probleem”.

PieterJ ·

Jy besef seker hy kan (mag) net doen wat anc hom toelaat om te doen?

PieterJ ·

Dae, weke, maande, jare, dekades – alles is mos maar “just now” in Afrika.

Papsak ·

Eskom se fout le nie by Mnr De Rhyter of Mnr Oberholzer nie haal die mafia uit wat Eskom so op neuk kyk na dit dan sal julle probleem sien en Pravin Gorden moet sy bek hou hierdie loadshedding het niks met aparheid te doen nie in teen deel was ons land beter af en alles in plek in apartheids jare van dat anc oor gevat het het ons baie probleme met krag en water

Antie Sarie ·

Dit gaan nie werklik saakmaak wie in beheer is nie. Want dit is net n posisie. Nie uitvoerende mag nie

Nie Verbaas ·

Ja en Donderdag is dit tot volgende Vrydag en Vrydag weer tot die volgende Donderdag, en so ploeter Eskom maar voort met die onbevoegdes tot in ewigheid want ons hopelose regering glo mos vas dat 30% n ANC onderskeiding is.

Jaco ·

Aanmekaar dieselfde kragstasies met dieselfde name (vreemd dat party nog Afrikaans is; dis dan die taal van onderdrukking), waar eenhede uitskop en na ‘n paar dae of weke reggemaak word. En oor ‘n paar weke breek dit net weer…
Asseblief eskom, sit die hele SA op beurtkrag vir 2 jaar lank vanaf 07:00 in die oggend tot 12:00. Maak dan alles wat fout is finaal en behoorlik reg. Daars in elk geval beurtkrag elke dag, so ons ken reeds die ontwrigting. Beurtkrag presies dieselfde tyd elke dag sal beplanning rondom beurtkrag baie makliker maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.