
(Argieffoto: Tracey Adams/ANA)
Die DA eis dat die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, dringend ingryp om die verslegtende kragsituasie in Suid-Afrika te help stuit.
Eskom het vroeër vandag aangekondig dat fase 4-beurtkrag ingestel word nadat die gewraakte fase-stelsel Donderdag op kort kennisgewing in werking gestel is.
Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor energie, sê Mantashe moet die gebruik van alternatiewe kragbronne as ʼn saak van dringendheid hanteer en ook die kragnetwerk oopstel sodat onafhanklike kragvoorsieners daartoe kan bydra.
“Van die grootste oorsake van Eskom se probleme is die feit dat nie ʼn enkele opwekkingseenheid by Khusile, waaraan agt jaar lank gebou is en wat nagenoeg R200 miljard gekos het, operasioneel is nie,” het Mileham gesê.
Hy sê toe die geïntegreerde hulpbronplan vroeër vanjaar bekend gestel is, moes die minister stappe gedoen het om die lisensievoorwaardes te verslap van diegene wat gevra het dat hulle elektrisiteit direk van onafhanklike kragvoorsieners wil aankoop.
“Die nuwe ronde beurtkrag volg op ʼn ekonomie wat reeds krimp en gaan net ʼn verdere uitwerking op ekonomiese groei hê op pad na die feestyd en die hoogtepunt van Suid-Afrikaanse se toerismeseisoen,” het Mileham gesê.
“Die minister moet nóú optree.
Die DA sê hy het voorheen al sy bereidwilligheid te kenne gegee om oor partygrense heen saam te werk om die krisis op te los. In dié verband het die party onder meer die nie-partydige Wetsontwerp op die Onafhanklike Elektrisiteitsbestuursoperateur (IEMO) by die parlement ingedien. Dit is ʼn private lede-wetsontwerp wat gemik is daarop om goedkoper elektrisiteit te help verseker. Dit moet ook Eskom se monopolie help verbreek.
“Ons doen ʼn beroep op die minister om dié inisiatief te steun en ons te help om Suid-Afrika se kragnetwerk reg te ruk.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
25 Kommentare
Verseker!! Almal sukkel en kpm nie ‘n tree vooruit nie!! Dis nie reg nie!!
ESKOM is besig om dieselfde padjie te loop as SAL. Een van die dae is hy ook onder Besigheids-redding. En dan is ons in die donker !!!
Blah… blah… Blah….
Sit eskom ook onder besigheids redding
Sit dit op business rescue,,, Dis ons wat by SAA werk se belasting geld