Fase 6-beurtkrag beplan

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Rebecca Peterson / Unsplash)

Eskom wil Suid-Afrikaners daarop voorberei dat fase 6-beurtkrag heel moontlik Dinsdagaand implementeer gaan word.

Dit beteken dat verbruikers meer as 9 uur per dag sonder elektrisiteit sal moet klaarkom met kragonderbrekings wat tot 4,5 uur aaneen kan duur.

Eskom het vanoggend ’n dringende mediakonferensie belê en aangekondig dat tien eenhede oornag die gees gegee het.

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het gesê die moontlikheid bestaan nou dat fase 6 tydens die aandspitstyd (17:00 tot 22:00) ingestel sal moet word sou sommige van die eenhede nie voor dan in diens gestel kan word nie.

Eskom was tot dusver nog net een keer vantevore genoop om fase 6 in te stel – op 9 Desember 2019.

Eskom sit egter vanoggend met ʼn tekort van meer as 14 000 MW opwekkingskrag weens onbeplande onderbrekings. ʼn Verdere 3 661 MW is tans nie beskikbaar nie weens die onbeskikbaarheid van steenkool en arbeid.

Meer as 3 000 MW moes boonop uit die stelsel verwyder word weens beplande instandhouding.

De Ruyter het gesê Eskom beoog om 3 400 MW teen 17:00 by te kry. Indien dit nie gebeur nie, sal die kragvoorsiener geen ander keuse hê as om na fase 6 oor te gaan nie.

Jan Oberholzer, Eskom se bedryfshoof, het gesê twee eenhede is intussen weer in diens gestel. Vier van die eenhede sal moontlik later vandag weer in diens gestel kan word hoewel die oorblywende vier nie vandag in diens gestel sal kan word nie.

Oberholzer het voorts gesê Eskom neem nie die besluit om fase 6 in te stel ligtelik nie. “Ons bevind onsself in moeilike posisie want ons het nie genoeg kragkapasiteit om in die land se vraag na elektrisiteit te voldoen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Groen Ghoen ·

En ons aanvaar dit maar net gelate. Want alles is mos staatskaping, die Guptas en Zuma se skuld.

Piet 6 ·

Waar is die polisie en weermag? Waarom die weermag nie ingepan om die stakers vas te vat nie?

VaalDonkie ·

Dit is onwettig om die weermag los te laat op landsburgers.

Nie Verbaas ·

Want Ramaphosa en Cele is slapgat en genoemde magte seker by KFC ontplooi.

De Villiers ·

As die netwerk in duie stort, dan sal ons van voor af moet begin bou.

As dit nou gebeur, kan ons nou begin bou.

Dit gaan een of ander tyd gebeur.

Ek dink hoe vinniger, hoe beter vir ons almal!

Manie ·

Ek glo ons almal weet reeds dat ons ons huishoudings en besighede onafhanklik van Eskom moet maak, maar tog hoop dat dit nie werklik nodig sal wees nie. Dis nie meer net ‘n opsie nie, sonkrag en selfvoorsiening is nou ‘n noodsaaklikheid. Dit kos geld wat baie huishoudings en besighede nie het nie, maar het ons werklik ‘n keuse?

Mariana ·

Ai Eskom, hoeveel kere nog. En eintlik weet ons hoekom die goed so “onklaar” raak. Praat net die waarheid. Ons is nie onnosel nie. Privatisering is nou ‘n goeie opsie, natuurlik ook om ontslae te raak van die wat die probleem veroorsaak.

Jacobus ·

Ons word deur n klomp terroriste regeer so sal allis wat werk tot stilstand geterroriseer word.

Nie Verbaas ·

Daar is juis te veel werkers in diens van Eskom en dan is die helfte seker nog hopeloos treurig ook. Raak ontslae van hopeloses wat betaal word en minimum doen.

Elma ·

PYNLIK!!!! Ons moet dit maar gelate aanvaar, wat kan ons maak. Ophou rekeninge betaal is nie n opsie nie, Eskom sny bloot af. Ek koop my krag, vooruit, maar mag dit nie gebruik nie. Watter ander opsies is daar tot ons beskikking??
My aandete bestaan maar vanaand uit marshmallows oor n kersvlam. Hulle gee mens nie eers genoeg kans om loadshedding lampe herlaai te kry nie.

marius ·

Nie net tien eenhede nie . Die hele eskom het die gees gegee . Aanvaar maar die waarheid.

Kokerboom ·

En die President “of our people” hang in buiteland rond…asof hy iets kan bydra terwyl sy land brand!!
Hy heul met BRICS comrades en hang uit by G7!!! Onbetroubaar!!!

Carina ·

Maar die buurlande kry seker nog steeds hul krag amper verniet, né? Sny hulle bietjie af en kyk of ons dan genoeg het vir ons self. Dit gaan net my verstand te bowe dat privaat huishoudings kwansuis meer krag gebruik na ure as al die besighede en fabrieke deur die dag.

Annelene ·

En in Pretoria is daar hoeveel kragstasies wat nie mag werk nie a.g.v wetgewing en Eskom. Dis so hartseer dat ons land so verval het.

Riaan ·

Ek dink nie daar is ‘n land in die wêreld wat die politici so goedgesind is soos in Suid-Afrika nie. In ander lande sal mense in skaamte bedank of summier weggejaag word, maar nie in Suid-Afrika nie. Hier word jy beloon met nog ‘n termyn of ‘n diplomatieke uitplasing na ‘n Europese land toe, nooit ‘n Afrika land nie.

Ongelukkig is ons regstelsel so lomp, oorgewig en verkramp dat dit jare vat teen astronomiese bedrae om van die vrot appels ontslae te raak, iets wat duidelik lank terug moes gebeur het.

KatjieDeKat ·

Gee die townships ook beurtkrag dan sal fase 6 nie nodig wees nie!

Luister ·

Ek stem De Villiers. Hy het ook al miljoene begin spaar vir Eskom. Ek dink geld is nie die probleem nie, dit is die vandalisme, sabotasie, korrupsie en veral “arbeid” waarmee hy moet sukkel.

Kokerboom ·

Dis tyd dat die burgery optree om hul belange te beskerm en ons verlos van die ANC en linkse vakbond gemors!!!

Pampoenboer ·

Escom kos my nou n fortuin. Ek betaal vir krag wat net soms beskikbaar is.

Ek moet n generator aansit om my yskaste aan gang te hou.

Ek het fibre wifi maar Escom sit dit af nou moet ek Data ten duurste koop.

Dit kos my bykans R1000 extra per maand.

VaalDonkie ·

Meneer. Kry vir jou ‘n Rain 5G toestel. Kos so R500 per maand. Of anders ‘n 4G simkaart vir jou foon vir R300/maand. Dis wat ek vir internet doen in geval die fiber afgaan. In terme van krag sou ek aanraai jy kry batterye en ‘n inverter. Kos baie, maar baie goedkoper om te hardloop as a generator. Hou die generator vir uiterste noodgevalle.

Delia ·

Hendrik. Ek het n UPS gekoop en met LS bly my wifi aan. Kan ook my TV en n lig hardloop en my telefoon laai. Regtig n oulike apparaat.

piet ·

Ek betaal R55 vir 5GB by Telkom Mobile op Mo’Nice (30 dae geldig).

Pampoenboer ·

En al die wind plaase met hul laaiers mag net beperkte krag aan Escom lewer. Hierdie Escom monopolie moet einde kry

Herman L ·

Is dit hoe ernstig die regering is oor Escom? Die polisie doen skynbaar nie veel nie.

Maritza ·

Natuurlik. cANCer het seker gemaak daarvan. 27 jaar en nog steeds breek hulle alles af

Genis ·

Wat mens te bowe kom- met al die beurt krag, spaar ons nie n sent op elek nie… Verduidelik dit asb….Eiskom en Key

VanDieOsOpDieJas ·

Skaars ‘n week terug is bestuurders van trokke wat die N3 onwettig versper het inhegtenis geneem en aangekla van ekonomiese sabotasie, kriminele aktiwiteite en georganiseerde misdaad. Ook toe was dit ‘n onbeskermde staking. Daar behoort soortgelyke indien nie meer ernstige optredes teenoor die ESKOM stakers te wees. Hulle onbeskermde staking en die rippel-effekte daarvan kom óók neer op sabotasie.

JuanRe ·

Dankie tog ons emigreer Desember uit hierdie hool uit, want so kan dit nie aanhou nie en dit gaan net erger raak. Ek wel baie jammer vir die mense wat wil emigreer en nie kan nie.

Erik ·

Ek kàn emigreer, maar wil nie. Was al in Australië, NZ en VSA en as jy wonder hoekom ek so sê, gee dit so ‘n jaar (totdat die ‘honeymoon’ fase verby is) dan sal jy dalk verstaan dat load shedding die minste van die probleme is.

JuanRe ·

Kyk dit is nooit maklik nie, maar enigiets is better as hier op die stadium. Dit gaan baie moet vat om my te ontstel na al die drama wat ons hier al deur is.

Nettie ·

Met kernoorlog wat wereldwyd dreig, sou ek eerder maar in die donkerte hier sit op hierdie stadium. Dit gaan my verstand te bowe dat mense dink dit gaan veiliger of beter in Europa of Australia wees wanneer hulle openlik voorberei vir en praat oor die komende oorlog.

Dries ·

Hierdie is die begin van groot moeilikheid. De Ruyter en Oberholser word geterroriseer. Rassisme op n baie hoe vlak. Totalle ineenstorting is hulle mikpunt

Sons ·

Dankie Eskom julle het die hele krag netwerk in die grond in gedruk!!!! Absoluut n skande!!!!

MakersMark ·

Hoe “breek” 10 eenhede net oornag ? Wat dit wys is dat bestuur geen idee het wat op vloer vlak aangaan met hul produksie bates nie.

MakersMark ·

Genuine ? Nee ek stem nie saam nie. Ten spyte van al groot planne van bestuur gaan dit van erg na vrotsleg.

Miena ·

Ek verstaan nie – ek ry daagliks verby Kusile- vandag het al 4 eenhede gewerk. Duvha werk net-net want dit is Duvha. Kriel se eenhede is almal aan gewees. Nou wonder ek – hoekom is daar “redundant” kragstasies in Pta wat nie meer in gebruik is nie soos Rooiwal Kragstasie? Weet enige iemand dalk?

Rosie ·

Toemaar Eskom julle naampie gaan julle vooruit. Ons verwag niks beters nie.

henndrik ·

Wees eerlik, hoeveel is as gevolg van sabotasie en wat word daaraan gedoen

Maritza ·

Short and sweet… the ANC ruined this country and will continue doing so until there is nothing left

Voilet ·

Dankie aan eskom- agv jul het my yskas gegroet
Jul neuk net alles op in die land en ons moet net bly betaal agv jul gemors!!!!

Andre ·

Nie lank nie dan stort die hele netwerk in duie dit sal tot totale chaos en anargie toe lei

My siening ·

Laat eskom werkers armoede pleid die hele land behalwe korrupte is arm, dank hulle af dat hulle agterkom wat hulle gehad het.

Annamarie ·

Om n kragopwekker te gebruik, kos verskriklik baie, danksy die duur brandstof. Dankie ANC julle gaan op elke gebied van die sameleweing vir “goud”!!! Magsbeheptheid!!!!!

Charles ·

Eskom is bewus die krag is aan, hul werk tans aan die probleem..

Marthina79 ·

Dit is Mbeki se doen en late. In die laat 90’s het Eskom gevra vir begroting om nuwe stasies te bou en hy het dit afgekeer. Toe begin beurtkrag in 2008.

Carin ·

Kyk as daar nou een persoon is vir wie ek bitter jammer is, dan is dit De Ruyter.

Regtigegtig ·

Ek het 15 jaar terug Madagaskar besoek, toe het hulle net 2 ure krag n dag gehad. Ons stuur nou maar af op dieselfde te wees as ander afrika lande.

MakersMark ·

Bestuur nie ‘n idee wat op hul aanlegte aangaan nie.

Eden ·

As dit nie vir ou De Ruyter was nie sou ons seker lankal fase 8 gehad het. Eintlik wys dit jou net een ding: sonder totale beheer oor jou omstandighede is dit seker amper onmoontlik om enige iets in die Gekaapte Land reg te maak. Die antwoord lê is Orania’s – eilande is ‘n see vol rioolvuil.

JohanR ·

After 28 years of cadre mismanagement, the chickens are coming home to roost! Wonder of daar nog vir die ANC sal gestem word as krag 12 uur ‘n dag gaan af wees?

Swerwer ·

Die ANC het nou die land waar hul dit wou hê met vernietiging /plunder en afbreek nou weet hul nie hoe om uit die gemors te kom nie. Gaan kyk maar na al die ander Buurlande/Afrika lande, almal het dieselfde paadjie geloop.

SjN ·

Andre de Reyter het tydelik beheer van Eskom oorgegee aan sy suster, Genna Ruyter!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.