Fase 8-beurtkrag die winter tóg moontlik

Ter illustrasie (Foto: Andrey Metelev via Unsplash)

Die instelling van fase 7- en selfs fase 8-beurtkrag is dié winter moontlik op hande. Maar, hou Eskom vol, dalk nét tydens spitstye indien onklaarrakings by sy kragsentrales verliese van 18 000 MW bereik.

Eskom se bestuur het Donderdag gewaarsku dat ʼn “moeilike winter” met betrekking tot kragvoorsiening op Suid-Afrikaners wag. Die kragvoorsiener sê hy benodig nou meer as ooit die samewerking van huishoudings en sakeondernemings om hul kragverbruik te verminder.

Caleb Cassim, Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, het wel gesê ʼn algehele ineenstorting van die kragnetwerk is steeds “onwaarskynlik”.

“Die wintervooruitsig dui op ʼn verhoogde risiko van kragvoorsieningstekorte teenoor die verwagte aanvraag; dit beteken dat fase 8-beurtkrag moontlik in die ergste omstandighede ingestel kan word mits ons ingrypings onsuksesvol is.

“Verhoogde beurtkragvlakke beteken egter nie daar is ʼn verhoogde risiko vir ʼn nasionale netwerkineenstorting nie. Beurtkrag is inteendeel een van die prosesse wat ons gebruik om só ʼn gebeurtenis te voorkom deur die vraag na krag op ʼn gegewe tydstip te bestuur.”

Volgens Cassim gaan Suid-Afrika vanjaar die winter binne met 3 000 MW minder as wat ʼn jaar gelede beskikbaar was. Dít terwyl die vraag na krag die aanbod ver gaan oorskry.

Segomoco Scheppers, transmissiehoof by Eskom, sê die verwagte opwekkingsvermoë is 26 512 MW, terwyl die vraag na krag na verwagting tussen 33 000 MW en 34 000 MW sal wees.

Die Koeberg-kragsentrale buite Kaapstad. (Argieffoto: Eskom)

Scheppers sê die grootste verskil is ook dat Eskom dié winter sonder die opwekkingskapasiteit van eenheid 1 by die Koeberg-kragstasie en eenhede 1, 2 en 3 by Kusile moet klaarkom. Dit is ʼn gesamentlike verlies van 3 080 MW.

“Onbeplande verliese het verder toegeneem tot 16 000 MW wat deur eenhede 1, 2 en 5 by Kusile, eenheid 4 by Medupi en eenheid 1 by Koeberg beïnvloed word.

“Sou verliese tot 18 000 MW toeneem, kan beurtkrag hoër fases as fase 6 bereik. Daar word tans gepoog om eenhede te herstel wat onderbrekings ondervind, om gedeeltelike ladingsverliese te verminder en om beplande instandhouding in die winter tot tussen 1 300 MW en 3 000 MW te beperk.”

Eenheid 1 by Koeberg en vier eenhede by Kusile sal voor die einde van die jaar herstel en weer aanlyn wees, sê Eskom.

Só lyk verskillende scenario’s

Scheppers het voorts drie moontlikhede vir Mei tot Augustus vanjaar geskets.

Die slegste scenario is ʼn tekort aan 18 000 MW wat die instelling van fases 7‑ en 8-beurtkrag kan beteken. Dit sal ook beteken dat wisselende beurtkragvlakke elke dag noodsaaklik sal wees.

Sou alles goed gaan en onbeplande onklaarrakings bly onder 15 000 MW, sal beurtkrag tussen fases 3 en 5 wissel.

Eskom se Kusile-kragstasie. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Onklaarrakings wat tot ʼn verlies van tussen 15 000 MW en 16 500 MW lei, sal die instelling van hoogstens fase 6-beurtkrag beteken.

Scheppers sê hierdie scenario’s is egter bloot geskatte moontlikhede en kan ook oorvleuel.

“Dit is iets wat elke dag kan verander.”

Verder sal Eskom sy planne voortsit om opwekkingsvermoë te verbeter.

Bheki Nxumalo, opwekkingshoof van Eskom, sê eenheid 6 by Medupi is uiteindelik herstel en die kragstasie het tans ʼn energiebeskikbaarheidsfaktor van 92%, teenoor die gemiddelde 52% van ander kragstasies.

Om opwekkingskapasiteit verder oor die wintermaande te bevorder, sal Eskom voortgaan om onbeplande verliese te probeer beperk, beplande instandhouding te bestuur, die gebruik van oopsiklusgasturbines verhoog en inisiatiewe verskerp om die vraag na krag te bestuur.

Nxumalo sê daar is ook vordering gemaak met ingrypings om leierskapstabiliteit by Eskom te verseker, insluitend die vul van noodsaaklike vakante poste, bestuur- en tegniese opleiding.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Jack ·

Ja so gaan dit.Kry maar solank die sonpanele,kragopwekkers en die rond dra powerstations.Elke man gaan verantwoordelik word vir sy eie krag.Eskom is klaar en die onbevoegde regering ploeter voort.Daar is nie kortpaaie nie.Ongelukkig gaan Eskom se gemors jou uitgawe word en jy sal maar so bietjie moet spandeer om aan die gang te bly sonder krag.

Wondermaarnet ·

En so gaan Soweto en kie se kragskuld oor ‘n paar jaar ook weer afgeskryf word en ons betaal.

Petoors ·

jip, totdat die brandstof op is dan is sonpanele en wind turbines maar al uitweg!!!

JvR ·

Wie het gedink dat elektrisiteit n “weapon of mass destruction” kan wees . Aan en af. Paar maal per dag. Soos met battery hoenders. Briljante plan. Nie iets wat die ANC kon uitdink nie. Hulle voer net uit. Teen betaling. Want wie van julle het gedink dat die menslike liggaam die perfekte geleier van elektrisiteit is. En die effekte wat die aan en af skakel op ons het

SwartBees ·

Die anc is huidiglik die grootste weapon of mass destruction.

quartus ·

” onbeplande verliese” ? So ESKOM’ So ESCOM het so iets soos bplande verliese ?

Adriaan ·

Ek is nie bekommerd nie want Dirk Hermann, Suid Afrika se nuutste en beste energiekenner, het ons verseker dat al implementeer Eksdom fase 28 is daar nie n gevaar dat die elektriese netwerk in due sal stort nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis wat Eskom werkers hom ook vertel.

Petoors ·

Glo hom maar, Afriforum is pro-aktief en sit nie rond en wag vir die ligte om af te gaan nie. Ons land kan ons sterre dank vir mense soos Afriforum en Solidariteit. Die minste wat ons kan doen is om n maandelikse bydrae te maak om hulle in staat te stel om planne te maak om ons land van algehele chaos te red!!!

MJLS ·

Só ploeter die anc en staatsinstansies onder hulle bewind net voort.

Althes ·

Die regering moet ophou om die blaam op besighede en verbruikers te plaas. In die era, gebruik almal elektrisiteit spaarsamig, al is die elektrisiteit aan.
Elektrisiteit is in die gemiddelde huishouding te duur om dit onnodig te mors.
So die ‘guilt trip’ wat hul ons opwil sit, werk nie meer nie.

JvR ·

Jy is korrek. Met LS word my geyser seker twee maal per week aangesit, want ek is bang n surge donkie hom op. Yskas is leeg, want n surge kan hom ashoop toe stuur. Leef maar meestal vars. Want dit is te duur om yskas en te vervang. Krag rekening is seker R200 pm. Maar ons survive. Met geen skade

Theunis ·

Het die einste Eskom hoofbestuur nie vanoggend hulle winterplanne op SABC 2 bekend gemaak nie , daar was ook verwys dat tussen fase 3 en 5 toegepas sou word. Met alle respek, stop om met al die statistieke en berekeninge tenvore te kom, feit is feit, die regering weet nie wat hulle doen nie, hulle praat met dubbel tonge waarby hulle woorde uurliks verander, staan terug en gee die mense wat weet, nie die wat dink hulle weet, die geleentheid om die energie krisis op te los, die statistieke en berekeninge sal dan eers werklik en korrek wees.

Faraway ·

Wat van krag totaal en al afsit en dan maar net met tye aansit – soos met loadshedding (lol)
Sal mos help met al hierdie kamtige “onklaarrakings”

Heinrich ·

Terwyl die kragsentrales om ons inmekaar tuimel moet ons hoor “Nee wat daar is geen probleem nie”. Dis soos wanneer jy in ‘n vliegtuig sit en die kaptein kondig aan “Baie welkom op die vlug, daar is nie ‘n bom aan boord nie, geniet die vlug”. Vertrou dié gelieg-en-bedrieg glad nie!

Nettie ·

LOL. En blykbaar is dit nie ‘n probleem nie, want ander lande sukkel ook daarmee.
So dis om te sê: “Daar’s ‘n bom aan boord, maar moenie bekommerd wees nie, van die ander vliegtuie het ook ‘n bom aan boord! Geniet die vlug.”

JvR ·

Jy is reg. Ander lande het ook n “energie krisis”. Elkeen het n ander rede. Wat mens laat wonder? Ek wonder nie meer. Hierdie is deel van die rest

Nettie ·

Wat ek nie verstaan nie, is hierdie:

As daar bv. 20 kW beskikbaar is, en die aanvraag in die Somer is 25 kW en 27 kW in die winter, hoekom is hoër vlakke beurtkrag nodig?

Daar’s 20 kW in die scenario, maak nie saak wat die aanvraag is nie. En daar’s heeltyd druk op die stelsel van ‘n hoër aanvraag as beskikbaarheid. Wat maak dit saak dat dit meer in die winter is?

Petoors ·

Niks maak sin waar die korrupte regering betrokke is nie, hulle het n ander agenda as om die ligte aan te hou!!!

Nettie ·

Ons is 3 kW swakker af hierdie winter. Wat het die regering daaraan gedoen in die 12 maande wat hulle geWEET het daarvan?

So hoekom dink hulle glo ons hulle dat hulle in die volgende 12 maande, of 2 jaar of 3 jaar, iets daaraan gaan doen?

Ons sit al 15 JAAR met hierdie probleem en die afgelope 4 jaar is dit jaarliks net erger en erger. Maar ons moet hulle NOU glo en vertrou hulle sal dit aanspreek?!

Johann ·

Ja shure. Die woord en begrip “onwaarskeinlik” uit die monde van die onbevoegde ANC kamerade beteken presies die teenoorgestelde.

Marilize ·

Huishoudings moet hulle krag verbruik verminder? HOE??
Ons het die helfte van die dag in elk geval nie krag nie.

Vrystaat2109 ·

Niemand in hierdie regering weet wat aan gaan mbt toestand van die kragstasies nie, Rampspoedig sê een, die minister het ‘n ander storie, die waarnemende CEO het sy storie, Gordhan het ‘n ander storie en dan kom die main indoena, Manthase, die eintlike president van die land, en hy sê wat moet, en gaan gebeur.

Republikein in die Wes Kaap ·

En Jonas op die plant met spanner in die hand het die finale sê.

Wondermaarnet ·

Eskom wil nie hê mense moet minder krag gebruik nie. As dit waar is, sou hulle nie ‘n hofbevel gekry het om die Vrystaatse sonplaas te verbied om krag te voorsien nie. Hou op met jul dubbel standaarde eskom.

JvR ·

Die hofbevel was om seker te maak almal ervaar LS. Gaan kyk my ander komentaar

Manie ·

Verkeerd, ons wissel reeds die afgelope 3 weke tussen fases 6-8.

Papsak ·

Ja hulle moet ophou speel met krag en kry dit liewers reg maar o wie sal blink nuwe motors uit trek as ons geld wat vur eskom moet gasn gebruik vir krag as ons nuwe mercs bmws en poches kan koop daarom le eskom waar hy le want die Menere moet duur motors ry om gesien te word daar is eskom se probleem en skiet my nou af oor dit ek oraat reguit

Petoors ·

Kyk al wat dit beteken is dat die hele land se krag kan af wees behalwe die hospitale, polisie stasies en ander instellings soos wat deur die hof beveel dan is dit volgens die anc nog nie n algehele ineenstorting nie maar eintlik is dit maar!!!

Adri ·

Hoeveel fases is daar en wat behels elke fase? Hoeveel ure per dag gaan ons krag hê as fase 8 ingestel word? Is daar sowaar ‘n fase 28 ook? Dit klink vir my na ‘n verneukspul (nog een!).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.