’n Fetus, nog met die plasenta geheg, is Woensdagoggend langs ’n stroom op die hoek van Alwyn Taljaardlaan en Du Plessisweg in Alberton, Gauteng, gevind.
Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is nooddienswerkers na die toneel ontbied nadat ’n lid van die publiek dié gru-vonds gemaak het.
“Nooddienswerkers het ’n oproep ontvang dat daar ’n baba in ’n rivier ontdek is.
“By hul aankoms op die toneel het die nooddienswerkers ’n volledig ontwikkelde fetus, nog met die plasenta geheg, op ’n klein rivierbank langs die stroom gevind.
“Die fetus is op die toneel deur nooddienswerkers ondersoek en dood verklaar.”
Herbst sê dit is nie duidelik hoe lank die fetus daar was nie. Volgens hom was die polisie ook op die toneel. Die polisie het egter nog nie op Maroela Media se navraag gereageer nie.
Dit is nie in dié stadium duidelik of iemand in verband met die voorval in hegtenis geneem is en of die saak ondersoek word nie.
Dit is ñ baba, nie ñ fetus nie!
As ek mag vra, hoekom noem julle ‘n baba ‘n fetus?
Vra ek ook?
Ai ek wonder net of die baba lewendig gebore was en dalk dood gevries het nie. Dis so wreed!!!
Feit dat die ma dink hulle gaan haar nie kan opspoor nie se dis n baie ongeletterde persoon. Vraag is net of hulle eers so ver gaan om ondersoek te doen met DNA toetse…
Hulle kan nie, vir verskeie redes, 1, Zuma moet eers gevang word, 2. Hoed het die DNA stelsel gebreek, 3. Die polisie is te besig om die kroeg en die strand op te pas, hulle kan nie nou hieraan aandag gee nie.
‘n Babatjie, ‘n mensie, ‘n sekere man en vrou se kindjie, met ander woorde, is daar gevind. Maar waarom die bohaai? Dis mos absoluut wettig om babatjies voor geboorte dood te maak…asof God nie sien nie, nie weet nie en ook nie sal onthou nie.
JA jy is reg. Sien die advertensies orals geplak. Ai die mensdom
Dan is jy seker gekant teen voorbehoedmiddels en kondome ook, want dit verhoed ook mos ongewenste swangerskappe, nie waar nie?
Elinette, hierdie is sê/vra, maar daar is seker totaal van ‘n verskil tussen voorkoming van ontwikkeling en die staak van ontwikkeling. Dink vir jouself tot watter enorme debat dit kan lei, indien jy die stelling sou betwis.
Tog so wreed.. Siek wêreld waarin ons leef.
Jy weet dit maak my so kwaad daar is soveel vrouens wat smag om n baba te he, om deel van daai wonderwerk te wees om swanger te wees en n baba n die lewe te bring. Maar dan kry jy vrouens of tiener meisies wat swanger raak en sulke wrede dade doen, as jy nie wil swanger raak nie tref voorsorg indien jy wel swanger raak en nie die kind wil he nie is daar die opsie om hom of haar te laat aanneem. Moenie hulle doodmaak nie
Dit was ‘n klein mensie wat deur God geskend was, dit wys vir my dat daar geen respek en erkening is teenoor God die Skepper is nie. Die persoon dink seker dat God dit nie sien nie, Hy sien dit.
Dit is n Baba -dit is n lewe- Dit is n bewys van ons siek wereld dat n mens se lewe niks werd is nie-Bloot n verbruiks artikel