Fietser in Kaapse Wynland beseer

Nooddienswerkers is met behulp van ’n plaaslike boer tot by die beseerde fietsryer geneem.

’n Plaaslike boer het Saterdag gehelp om nooddienswerkers tot by ’n beseerde fietsryer in ’n afgesonderde gebied naby Stellenbosch in die Kaapse Wynland te neem.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, het die voorval kort voor 09:00 Saterdag plaasgevind. Die 47-jarige fietsryer het glo matige beserings opgedoen toe hy op ’n onbenoemde bergpad gery en van sy fiets afgeval het.

Weens die growwe, veldagtige terrein het ’n boer van die omgewing aangebied om die nooddienswerkers tot by die man te neem.

“Die pasiënt is op die toneel behandel en met ’n 4×4-voertuig bergaf geneem waar ’n ambulans op hom gewag het.”

Die naam van die fietsryer en aard van sy beserings is nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Maggies ·

Hy kan dankbaar wees dat hy gevind en gehelp is.
So kon niemand van hom weet nie en beserings kon noodlottig wees.
Mens ry nie alleen op onbekende plekke nie.

Samuel ·

Maggies, hy is seker van die avontuurlustige soort. Party keer wil mens net wegbreek van hierdie rigiede manier van leef.

Maggies ·

Samuel, dit is waar. Mens soek soms na vrede en stilte. Ongelukkig is daar min plekke in ons pragtige land oor waar mens dit in veiligheid kan doen.
Glo my ek veroordeel nie die man nie. Hy is werklik gelukkig dat hy hulp kon kry.

Chantel ·

Ek is self ‘n bergfietsryer, maar my man en seun weet altyd waar ek gaan ry en my Zenly is altyd aan, sodat hulle my kan “track” waar ookal ek ry. Mens kan vandag net eenvoudig nie meer die kans waag om sonder enige iemand se medewete te gaan fietsry, drag of selfs winkels toe ry nie.

Fritz ·

Maroelamedia praat nou gereeld van “fietser”! Waar kom dit vandaan?!

Leana ·

Fritz sal ek ook graag wil weet. Ek ken net van iemand wat fiets is, gewoonlik ‘n dame, maar nog nooit van ‘n fietser gehoor nie.

Maggies ·

Dalk weer ‘n nuwe woord. Ek is gewoond aan fietsryer… of is daar iets anders?

Nie Verbaas ·

Dit is Nederlands vir fietsryer. Ek vra dieselfde vraag.

Nie Verbaas ·

Fietser is n Nederlandse woord vir fietsryer. Maroela media nou Nederlands of is dit n direkte vertaling van cyclist?

Veri ·

So die titel was te lank so kom ons soek ‘n alternatief vir fietsryer wat twee letters korter is?

Swerwer ·

Hy kan dankbaar wees hy is gevind en gehelp. ‘n Ongeluk gebeur so vinnig en in vandag
se tye is dit ‘n risiko om alleen op sulke paaie te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.