Fisio se ‘moordenaar’ was op parool  

Marolien Schmidt. (Foto: Facebook)

Die vermeende moordenaar van die Baaise fisioterapeut Marolien Schmidt (40), het wel besluit om ʼn regsverteenwoordiger aan te stel nadat hy vroeër aangedui het hy wil homself verteenwoordig.

Simxolele Zitshu het Maandag tydens sy aanvanklike verskyning in die Gqeberha-landdroshof aangedui hy wil homself verteenwoordig en pleit op die aanklagte teen hom. Hy het egter by sy tweede verskyning Dinsdag, nadat die landdros die proses aan hom verduidelik het, aangedui dat hy regsverteenwoordiging wil bekom en om borgtog wil aansoek doen.

Die Nasionale Vervolgingsgesag in die Oos-Kaap het bevestig Zitshu het intussen ʼn regsverteenwoordiger van Regshulp Suid-Afrika bekom en dat die saak tot 22 Augustus uitgestel is vir ʼn borgtogaansoek.

HeraldLive berig Zitshu is jare gelede op parool vrygelaat nadat hy op aanklag van moord en roof skuldig bevind is. Hy was glo die afgelope ruk soek nadat hy nie sy paroolvoorwaardes nagekom het nie.

Schmidt is op Vrouedag deur haar bure in haar huis aangetref nadat ʼn vermeende inbreker haar met ʼn mes gesteek het.

Sy is na ʼn hospitaal geneem, maar het daar aan haar beserings beswyk.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat ʼn verdagte by Schmidt se huis ingebreek het deur ʼn kantvenster te breek. Die polisie vermoed dat die motief roof was.

Die nuus van die moord op Schmidt het skokgolwe deur die gemeenskap van Richmond Hill, waar Schmidt gewoon het, gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Mnr De Beer ·

N moordenaar was in die tronk vir moord. Word vrygelaat op parool en vermoor Mev Schmidt. Tyd vir verandering in die land moet gebeur om die te stop. Mense raak keelvol vir dit

Elize ·

Die nuutste vloekwoord in hierdie land is “parool”. Jy kan doen net wat jy wil en dan aansoek doen vir parool en is die kanse 99,9% dat jy dit gaan kry

Wondermaarnet ·

Hoe hard was gesoek na die ou toe hy nie sy parool voorwaardes nagekom het nie?

Racheltjie Debeer ·

Presies. En nou is Alison Botha se verkragters uit op parool, Marieke de Klerk se moordenaar kom einde van die maand uit op parool. Hoe lank voor hulle weer verkrag en moor??? Hierdie land se regstelsel is ‘n totale grap.

Bolandse Nooi ·

Ek sou skat ……. nie té veel nie. Te veel “administratiewe rompslomp”. Die KFC quarter of Streetwise3 was te lekker! Na alles, is dit maar net nóf ‘n “whitey/Boer” wat geëlimineer is.

Frank ·

Uit op parool en pleeg moord, en wil wraggies nou aansoek doen vir borgtog. Kans behoort NULL te wees maar in SA is alles mos onderstebo

Hanri ·

Net weereens ‘n bewys dat ons regstelsel ‘n grap is. Moordenaars kan NIE gerehabiliteer word nie! Hierdie 25 jaar met parool behoort glad nie van toepassing te wees op moordenaars nie. Aangesien tronke oorvol is, gebruik Robbeneiland weer vir “lewenslange” gevangenis.

Johan D ·

Daar sal ʼn groot droogleggingsprojek geloods moet word om Robbeneiland groter te maak, daar gaan nou beslis te min plek op die eiland wees.

Elize ·

Robbeneiland is vir hulle ‘n piekniek gewees. Gebruik die leë myne want daar is genoeg van dit

Bolandse Nooi ·

Sy bedoel die regstelsel faal – nie dat dit snaaks is nie. Jy weet, om iets as ‘n “grap” te beskryf, bedoel om dit as ondoeltreffend op te som, nè?

tierwyfie ·

Dit wys jou net dat sulke wrede moordenaars nie parool moet kry nie, hulle doen dit net weer. Korrektiewe dienste wat die parool toegestaan het, moet ook aangekla word, want hulle is net so skuldig

Lakemalawi ·

Daar is regtig geen hulp meer vir SA nie. Hoe kan moordenaars op parool vrygelaat word. Wat ‘n grap, hulle kom uit en doen presies weer dieselfde waarvoor hulle in die eerste plek gevonnis is. Hulle WIL terug tronk toe, SA tronke is mos ‘n fees.

ES ·

Ek is al ‘n rukkie ‘n regsgeleerde en het ‘n gelofte gemaak om die landswette te handhaaf en te bevorder, maar die vrek weet, ons “rehabiliterende” regstelsel WERK NIE.

Jy kan nie ‘n moordenaar of verkragter rehabiliteer nie. Hulle moet nie die voorreg gegun word om ooit uit die tronk te kom nie.

Misky ·

Kan nie genoeg saam jou stem nie. Sekere misdadigers hoort net eenvoudig nie in die samelewing nie.

Pierre ·

en dit verbaas niemand meer nie, die staat vaal sy burgers op elke moontlike manier

Karoo ·

En so val die misdadigers deur die “krake” van die geregstelsel…..

SjN ·

Hy moes mos opgesluit gewees het dmv n lasbrief want hy het nie sy paroolvoorwaardes nagekom het nie, pateties, nog n moord te veel.

MJLS ·

Moordenaar op parool – nie sy parool voorwaardes nagekom – weer moord gepleeg – nou wil hy aansoek doen vir borg …. om net weer nog ‘n moord te kan pleeg? Dis verregaande en vermetel. Hóé dink die regslui?

Amelia ·

Is daar nie dalk n manier wat staat gedagvaar en skade vergoding kan betaal nie of persone wat dan die borg toestaan nie weet dit sal nie n lewe terug bring nie maar dink dan sal minder op parool uitkom want paroolbeampte moet dan indien krimineel weer misdaad pleeg betaal

domheks ·

Die in die tronke het meer voorregte as gewone burgers. Dit is hoog tyd dat hulle weer begin groot klippe klein kap in die tronke. Maar nee – ons versorg hulle so goed almal wil weer teruggaan. Die dame se mense moet die staat dagvaar!

Elize ·

Ja want vandat die woord “menseregte” vrygestel is dink almal dit is hulle reg om te doen net wat hulle wil en kom weg daarmee

Pieter ·

Hulle moet hierdie onbevoegte mense wat kriminele op borgtog vrylaat, begin vervolg, opsluit. Die vrou kon nog gelewe het, as hierdie krimeneel agter tralies was waar hy hoort.

Cindy ·

Ja, Mnr President.. laat hulle vry.. uit op parool na hy moord gepleeg het, net om dit WEER te doen.. net soos ‘n 47 jarige man van Kraaifontein wat skuldig was aan seksmisdade uit was op parool en ‘n 8jarige seun verkrag en vermoor het. Hulle hoort agter tralies, vir ewig.. dis wat LEWENSLANK beteken.

Karen ·

Ek weet nie of dit so in die buiteland werk nie, maar moordenaars kry in Suid Afrika die reg tot parool, al is hulle lewenslank gevonnis vir moord??

Anel ·

Ek sou sê, laai die spul op ‘n vragskip en vaar met hulle suid. Laat daar een maal in ‘n af en toe ‘n vliegtuig vir hulle die noodsaaklike afgooi. Laat hulle die lewe op die skip, gooi oorboord. Hulle moet dan maar self dien kom klaar. Kan mekaar dan sommer uitsorteer ook. Hulle slagoffers het geen kans gehad nie. Wie is hulle om beter te hê.

IlseL ·

Nog ‘n geval waar iemand op parool moor/verkrag/inbreek… Wanneer gaan ons wette verander sodat hierdie dinge nie kan gebeur nie… Hoeveel onskuldige lewens moet nòg verloor/verwoes word, voordat dit gebeur..

Samuel ·

Dit lyk my menselewens tel niks in SA nie en dit begin sommer heel bo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.