Fita sê saak gaan voort al is rookverbod opgehef

Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van Fita (Foto: Verskaf deur Fita/ANA)

Die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) het Saterdag gesê hy gaan voort met sy appèlaansoek teen ʼn uitspraak wat die verbod op die verkope van tabakprodukte bekragtig het, selfs al het die regering aangekondig die verbod word ná vyf maande opgehef.

“Ons gaan beslis voort met die appèlaansoek,” het Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van Fita, gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag aangekondig die verbod word Maandag om middernag opgehef, saam met die verbod op die verkope van alkohol en interprovinsiale reise wanneer die land na vlak 2 van die afsonderingsregulasies beweeg in reaksie op die Covid-19-pandemie.

Die hoogste hof van appèl het Vrydag Fita se aansoek om verlof tot appèl toegestaan teen die uitspraak op 26 Junie in die Pretoriase hooggeregshof wat aangevoer het Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het redelik opgetree om lewens te red toe sy die tabakverbod in die Staatskoerant gepubliseer het onder die Rampbestuurwet. Die hoogste hof het ook ʼn kostebevel teen Fita tersyde gestel. Indien Fita nie voortgaan met die appèlaansoek nie, sal hy wel verantwoordelik wees vir die kostes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ben ·

Dagvaar hulle vir n verlies aan inkomste in hulle persoonlike hoedanigheid

Persheks Adri ·

Sterkte Fita! Ons staan agter julle. Dagvaar vir kopdoek en haar kinders wat so lekker geld gemaak het op die swart mark en word steeds nie vervolg nie!!!

Adam Adriaan ·

Stem saam, die saak moet voortgaan en alle verliese aan inkomste, moet van die regering en kopdoek geeis word. Kopdoek moet sommer 90% van die skade betaal. As sy nie kan nie, moet sy maar ‘n oranje oorpak gaan aanpas en rustig verkeer vir ‘n paar jaar, daar waar sy geen skade kan berokken nie en nadink oor haar sondes.

Johan ·

Ek stem saam maar om te droom bly darem lekker in die mislukte Sad- Afrika.

Vrijburger ·

Ek gaan jou “Sad-Africa” aanneem en mildelik gebruik as jy nie omgee nie.

Persheks Adri ·

Ek sal die oorpak koop met ‘n glimlag op my gesig!!!

Die Wolf ·

Met groot ventilasie gate. Vir die vriesende winter koue.

Alleen Wolf ·

Moenie die regering dagvaar vir verliese nie, dan betaal die belasting betaler en kopdoek kom skotvry, dagvaar vir kopdoek in haar persoonlike hoedanigheid, sy het genoeg geld gekry uit die swart mark uit

Jacobus ·

Slim. Kan nie peil trek op enigiets wat kopdoek sê nie. Hierdie is weernet ‘n krummel wat van die tafel van die bevoorregtes vir ons gegooi word.

johanf ·

Mooi so, voor sy weer n verbod onverwags instel, wys haar…… Ek vertrou nie meer nie.

Jaco ·

FITA kry al vir amper 5 maande die wind lelik van voor vanaf die ANC-regering, MAAR hulle voorsitter en die meerderheid van SA se 12 miljoen rokers is swart. Hoe dan nou? Jy behandel mos nie jou eie mense so sleg nie? Iets maak nie sin nie.

Cherokee ·

LOL.. Jaco, die iets wat nie sin maak nie, is die anc:-)

Sakkie ·

Veg tot die laaste, anders stel Kopdoek weer oor ‘n week die verbod in.
Ek gaan net hierdie keer my voorraad beslis aanvul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.