Fluitjieblasers se ‘moordenaars’ bly agter tralies

Jabulane Petros Mashamaite, James Mswazi Chuma, Samuel Seruputlane Mokonyane en Nkholo Frans Mangadi in die hof. (Foto: Verskaf)

Twee sakemanne wat verdink word van die moord op twee ANC-raadslede wat glo die fluitjie oor wanadministrasie by die Mogalakwena-munisipaliteit in Limpopo wou blaas, is borgtog in die Mokopane-landdroshof geweier.

Hul twee medebeskuldigdes bly ook agter tralies nadat hulle hul aansoek om borgtog laat vaar het.

Jabulane Petros Mashamaite, James Mswazi Chuma, Samuel Seruputlane Mokonyane en Nkholo Frans Mangadi is drie jaar ná die moorde in hegtenis geneem en staan nou tereg op aanklagte van moord en sameswering tot moord.

Dít volg nadat Vaaltyn Kekana (54) en Ralph Kanyane (32) in 2019 in ʼn motor in Mokopane doodgeskiet is.

Albei was destyds raadslede verbonde aan die Mogalakwena-munisipaliteit. Kekana was ten tyde van sy moord op die punt om ʼn verslag rakende onreëlmatige uitgawes en wanadministrasie by dié munisipaliteit aan die munisipale raad voor te lê.

Jabulane Petros Mashamaite, James Mswazi Chuma, Samuel Seruputlane Mokonyane en Nkholo Frans Mangadi in die hof. (Foto: Verskaf)

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Mashamaite het in sy borgtogaansoek aangevoer dat die oorledenes sy kamerade was en dat hy hoegenaamd geen aandeel in hul moord gehad het nie.

Die staat het egter Mashamaite se aansoek teengestaan, aangesien hy die staatsgetuies in die saak ken en moontlik kan inmeng met hul getuienis.

Chuma het ook sy onskuld in sy aansoek volgehou.

“Die hof het borgtog geweier omdat die twee applikante versuim het om buitengewone omstandighede te lewer wat hulle in die belang van geregtigheid toelaat om op borgtog vrygelaat te word,” sê Malabi-Dzhangi.

Die verdagtes sal nou weer op 19 Augustus in die hof moet verskyn. Die akte van beskuldiging sal na verwagting dán aan hulle beteken word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SjN ·

Boendoe beginsel, maak die een wat weet permanent stil want wet en orde bestaan mos nie in n rommelstatus land nie.

Wondermaarnet ·

Dit verbaas my altyd hoe die skelms hul gesigte bedek wanneer hulle in die hof verskyn, maar toe hulle wandade pleeg het hulle nie gedink aan die nagevolge nie.

Perdeby ·

Ek sien op hierdie beskuldige wat vir die raad werk Jabulane Petros Mashamaite het gespog op FB dat hy hulle sal wys dat hy onskuldig is, maar nou ja nou bly hy in aanhouding, want sy redes was nie goedgenoeg om borg te kry nie.

domheks ·

Snaaks dat hulle nie borg gekry het nie! Hier in die nuwe SA is dit mos algemeen om borgtog te kry nadat jy MOORD gepleeg het! Ons WONDERLIKE regstelsel!

Jakes ·

Dit is nogal n vreemde verskynsel dat borgtog geweier is. Die voortsittende beampte ken darem die reels ivm die toestaan van borgtog vir kriminele wat teregstaan vir moord. Slegs baie buitengewone redes maak voorsiening vir borg.

George ·

Hoekom toitoi en betoog in julle rooi overalls, maar as jul in die hof verskyn dan sit julle daar in ander klere

Hennie ·

Onregverdig! Hoe moet hulle ou hul uitdunnings werk in Kwazulu Natal doen as hulle in die tronk sit en pap eet? Nee regtig waar…

Swerwer ·

Dan is dit wesens wat in poste aangestel is/was wat veronderstel is om ‘n voorbeeld vir die publiek te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.