FlySafair-vliegtuig weer in die lug

(Argieffoto: FlySafair)

Die FlySafair-vliegtuig wat vandeesweek op die grond moes bly staan sodat ʼn tegniese fout ondersoek kon word, mag weer opstyg.

Kirby Gordon, ʼn woordvoerder van die laekostelugredery, het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat dié Boeing Donderdag om 16:20 weer in diens gestel is.

eNCA berig dat die redery se tegniese-instandhoudingspan sowel as die Burgerlugvaartowerheid (BLO) die groen lig gegee het dat vlugte hervat mag word.

Die tegniese probleem wat op die vliegtuig ondervind is, het twee keer binne een week veroorsaak dat vlugte herlei moes word. Die voorvalle het verlede Woensdag (30 Maart) en toe weer Dinsdag plaasgevind.

Die redery het vroeër gesê dat ’n waarskuwingsliggie tydens albei vlugte begin flikker het. Dié liggie dui op ’n fout met ’n klein komponent op die vliegtuig se vlerk.

Hoewel ’n ondersoek na die eerste voorval daarop gedui het dat die flikkerende waarskuwingsliggie ’n vals alarm was, het FlySafair besluit om verdere ondersoek in te stel toe dit weer gebeur. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Miskruier ·

Glo my daar is baie meer as een vliegtuig by Fly Safair.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.