Foto’s: Boeke uit gebrande UK-biblioteek gered

‘n Aantal boeke het die brand oorleef. (Foto: Lerato Maduna/UCT)

Vrywilligers het die afgelope naweek ingespring en waardevolle boeke, manuskripte en joernale uit die gebrande Jagger-biblioteek by die Universiteit van Kaapstad (UK) help verwyder.

Dié historiese biblioteek is een van die geboue wat in die slag gebly het nadat ʼn brand op 18 April aan die voet van Tafelberg uitgebreek het en na die kampus versprei het.

“Die UK wil al die vrywilligers wat op ons noodkreet gereageer het, hartlik bedank,” lui ʼn Twitter-plasing van die UK.

Talle vrywilligers het sedert Vrydag by die universiteit aangemeld met kratte en bokse om dokumente uit die biblioteek se indrukwekkende Afrikastudies-versameling te red. Die UK se Kaplan-sentrum vir Joodse studies en navorsing het ook sy deure oopgemaak om talle boeke tydelik te huisves.

“Baie dankie aan die Kaplan-sentrum-span vir die ruimte en ondersteuning wat julle in hierdie tyd aan ons gebied het.”

Ondanks brandbestryders se pogings, het die Jagger-biblioteek steeds talle seldsame boeke, kalenders en kaartkatalogusse in die brand verloor.

Maroela Media het vroeër berig dat meeste van die sowat 70 000 items in die biblioteek se drukversameling, die hele Afrikastudies-filmversameling, universiteitkalenders en manuskripte en argiewe wat in die biblioteek vir verwerking of digitalisering gehou is, deur die brand verwoes is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco ·

Hoekom word die boeke gered? Dis dan “koloniaal” en meestal deur “wit rassiste” geskryf. Dis nie ek wat so sê nie; dís wat studente en baie akademici van die universiteit van Kaapstad sê wanneer hulle tydens betogings vra vir die “decolonialisation of education”. Hulle behoort bly te wees oor die brand. Klomp koloniale goed is mos nou verwoes. Dis mos wat hulle wou hê.

Samuel ·

Ek stem volmondig saam. Die swart studente behoort verheug te wees oor die vernietiging van koloniale leesstof.

Pieter ·

Dit is so Jaco. En kyk op die foto wie aanmeld om die boeke te red. Beslis nie BLF nie (Black First, Lunacy First).

Grassie ·

Interessant om op die foto te sien wat die ras is van die mense wat besig is om die boeke te “red”. Dit sluit mooi aan by Jaco se kommentaar hier bo.

Boeing ·

Hoop maar di is ordentlike boeke en nie al daardie liberale gemors waarvoor UCT en Wits al hier sedert die laat 60″s bekend is nie.

Samuel ·

Die koloniale leesstof wat verlore is vir altyd, behoort die studente te verheug, of hoe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.