Foto’s: Ghoemas uitgedeel midde omstredenheid

Demi Lee Moore ontvang haar Ghoema-toekenning vir beste musiekvideo. (Skermskoot: Video via Facebook)

Die Ghoema-musiektoekennings is Woensdagaand die Sun Arena in Pretoria uitgedeel te midde van ʼn herrie wat oor Steve Hofmeyr se benoeming losgebars het en talle kunstenaars wat die geleentheid geboikot het.

Demi Lee Moore, wenner van die sangkompetisie Die Kontrak, se “Mis Eet Slaap Herhaal” het skoonskip gemaak met vyf toekennings. Sy het gewen in die kategorieë vir beste liedjie van die jaar, beste pop-album van ʼn vroulike kunstenaar, beste musiekvideo, topverkoper-album van die jaar en gewildste liedjie van die jaar.

“Ek dink nie ek sou hier gestaan het as ‘Die Land’ nie onttrek was nie.” Met dié woorde en onder luide toejuiging het Moore haar toekenning vir die beste musiekvideo by die Ghoemas ontvang.

Die Ghoema Musiek Trust het vroeër besluit om die benoeming vir “Die Land” te onttrek weens druk van MultiChoice wat gedreig het om sy borgskap te onttrek indien dit nie gedoen word nie.

Tarryn Lamb (Foto: Anja van der Merwe/ Maroela Media)

“Ons is hier om Afrikaanse musiek te vier en ek voel dit is waaroor dit moet gaan. Maar gelukkig gaan dit nie oor my nie. Dit gaan oor Christian Wolf wat my video gemaak het, asook ‘Die Land’ se video. Johan Oberholzer wat ‘Mis Eet Slaap Herhaal’ geskryf het, asook ‘Die Land’,” het Moore gesê.

“Ek wil hierdie deel met die vyf kunstenaars wat nie vanaand vereer word nie. Verder wil ek dit opdra aan elke persoon wat nog hoop het in hierdie land, wat bly in hierdie land, wat hulle kinders grootmaak in hierdie land en wat lief is vir hierdie land.”

Adam Tas, Bobby van Jaarsveld, Corlea, Jay, Bok van Blerk, Dewald Wasserfall, Ruhan du Toit, Arno Jordaan, Manie Jackson en Nicholis Louw is net sommige van die kunstenaars wat nié die geleentheid bygewoon het nie.

Tarryn Lamb was ook ʼn duidelike gunsteling en het met drie toekennings weggestap vir haar album Mal Oor Jou. Lamb het gewen vir die beste kontemporêre album vir ʼn vroulike kunstenaar, vroulike kunstenaar van die jaar en album van die jaar.

Die naaswenner van Die Kontrak, Ivan Roux, het die toekenning vir beste nuweling ontvang.

Die Ghoemas is vanjaar vir die eerste keer by die Sun Arena gehou, terwyl dit vorige jare by Emperors Palace in Johannesburg plaasgevind het. Daar was ook vanjaar meer kategorieë as in vorige jare.

André Schwartz het ʼn eretoekenning vir sy lewensbydrae in die musiekbedryf ontvang.

Hier is die volledige lys wenners:

Beste nuweling

Ivan Roux – Daai Ding

Beste liedjie

“Mis Eet Slaap Herhaal” – Demi Lee Moore

Beste hip-hop-liedjie

“Ben Ten” – Early B

Beste pop-album: Manlike kunstenaar

Sous – Snotkop

Beste pop-album: Vroulike kunstenaar

Mis Eet Slaap Herhaal – Demi Lee Moore

Beste kontemporêre album: Manlike kunstenaar

Liefdegenerasie – Refentse

Beste kontemporêre album: Vroulike kunstenaar

Mal Oor Jou – Tarryn Lamb

Beste album deur ’n duo of ’n groep

Bewe – Adam

Beste gospel‑album

S1ng – S1

Beste kinderalbum of DVD

Buster & Bella en die Agt Talente – Buster & Bella

Beste alternatiewe album

Die Liefde Album – Jan Blohm

Beste rock-album              

Die Middernagtrein – Piet Botha

Beste hip-hop-album

Al Jerome – Jerome Rex

Beste boere- of tradisionele album

Tuisgebak – Brian Nieuwoudt & Fred Rheeder

Beste instrumentele album

Joy – Lizelle Le Roux

Beste musiekvideo        

“Mis Eet Slaap Herhaal” – Demi Lee Moore

Beste liedjieskrywer: Solo

Pietman Geldenhuys

Beste liedjieskrywer: Groep       

Francois Henning en Dirk van Niekerk

Beste vervaardiger: Solo             

Robin Kielly

Best vervaardiger: Groep                                                                       

Elvis Blue en Juan ‘Floors’ Oosthuizen

Mees afgelaaide album van die jaar

Die Liefde Album – Jan Blohm

Mees afgelaaide liedjie van die jaar       

“Die Sluise van die Hemel” – Robbie Wessels en Bok Van Blerk

Mees gestroomde album van die jaar   

Aangename Kennis – Early B

Mees gestroomde liedjie van die jaar    

“Die Sluise van die Hemel” – Robbie Wessels en Bok Van Blerk

Die publiek se keuse: Manlike kunstenaar          

Manie Jackson

Die publiek se keuse: Vroulike kunstenaar          

Jennifer Zamudio

Die publiek se keuse: Duo of groep        

Vatvas Dansorkes

Bekendste liedjie van die jaar

“Mis Eet Slaap Herhaal” – Demi Lee Moore

Lewenslange bydrae

The Rockets

Lewenslange bydrae

André Schwartz

Spesiale toekenning: Topverkoper‑album van die jaar

Mis Eet Slaap Herhaal – Demi Lee Moore

Groep van die jaar

Adam

Manlike kunstenaar van die jaar

Snotkop

Vroulike kunstenaar van die jaar            

Tarryn Lamb

Album van die jaar        

Mal Oor Jou – Tarryn Lamb

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Mostert na die maal ·

Ag toe nou! Ons almal weet mos nou dit is ‘n klug.. en dat ‘n ghoema se waarde nou tot rommelstatus geval het.. erger skande as die Steinhof debakel.. wie wil nou ‘n ghoema ontvang???

HPV ·

En rommelstatus sal dit bly! Dit is nou in die geselskap van Eskom, SAL en SABC.

waarheid ·

Mooi Demi jy het opgestaan vir Afrikaans – as for the rest-
sal ek my doodskaam as ek julle is.
Julle gaan nou ge assosieer word met die res van die uitverkopers van Afrikaans.
Jammer vir julle – …….

Berdéhan Brand ·

Veels geluk aan almal wat toekennings ontvang het.

Geluk al die wenners ·

Ek is bly Jerome Rex het gewen in die hip-hop kategorie. Ek hou ook van die Vatvas Dansorkers en Early B se Ben Ten is puik. Welgedaan aan al die wenners.

leser ·

DIE LAND sou loshande gewen het – en almal weet en besef dit.

Iris ·

Stem saam.
DIE LAND sou los hande gewen het.
Kom ons vat dit as Afrikaners. Ons weet hy het sy Ghoema gekry. Dubbel en dwars??

Gerhard ·

Bly vir almal vd “B -span” wat gewen het aangesien die ware talent nie mag deelgeneem het nie. Dankie aan die Ghoemas wat verseker dat Steve, Bobby, Bok en die res se volgende 100 konserte uitverkoop sal wees.

Osie ·

Aan: Heidi Endeling & Karen Meiring: waar bly julle? JULLE BLY STIL!

riaan ·

Die tweekies partytjie seker nog saam met al die ander sell-outs op DSTV intekenare se onkoste !!

Janneman ·

Waar is Jo Black tussen die wenners . Hy is 42 weke op die top 20 en hierdie jaar nog omtrent elke week op nommer 1 . Maar wie wil nou in elk geval ‘n gzhoema hê ?

Janine ·

Teleurgesteld met Snotkop! groot favourite……en jy het duidelik JOU keuse gemaak gisteraand. Desember as jy in Hartenbos is, maak ons OOK ons keuse.

Beste is maar in Simonstad vir lank nou te bly….

Pierre ·

Verseker, maar dit gaan nie jys oor die wen van n ghoema maar dat hulle ons vryheid en stem will vat en will keur dat daar n boodskap aan ons mense ge stuur word dat die tyd om saam testaan is nou. #VirVolkEnVaderlland

Helena. ·

Well done!! Die hele affêre het toe tog plaasgevind ten spyte van die wat afwesig was. Wonder wie het hullé gemis.

Louise ·

Hoe nou? Die hele LAND het hulle gemis! Daar was ‘n donker wolk oor ghoempie se “affêre”. So ja, almal het hulle gemis!

LD ·

Ek sien op facebook het Amore Vittone ñ paar houe gekry omdat sy die Ghoemas bygewoon het en die vreeslike taal wat sy gebruik het op facebook! Maar ek sien niks van haar in die berig nie? Ek is geskok oor wat en hoe sy terug gekap het op facebook. Party mense het haar geluk gewens maar syt nie dankie gesê aan een van hulle nie maar die wat iets negatiefs te sê gehad het, het sy baie lelik terug geantwoord! Ek het nie ñ probleem met haar wat dit bygewoon het nie want dis elkeen se eie keuse maar ekt wel my respek vir haar verloor oor hoe sy reageer het op facebook?

Skerpioen ·

Dit gaan om by mens se beginsel te bly staan. Almal kan nie aan die selfde kant staan nie. Maar Helena ek is bly jy het jou Ghoemas aand geniet. Ek het my aand net so geniet – sonder Ghoemas sonder Multichoice…

CallieL ·

Dit was soos regstellende aksie in die land. Jy weet jy is nie die beste nie, jy weet mense weet jy is nie die beste nie maar jy aanvaar maar dat jy die prys verdien. Ek dink ons moet die Ashwin Willemses ook vra. Hoe voel dit as jy op so manier as die beste aangewys word. Demi het dit met grasie gedoen. Die res??? Wow wat praat julle

OBSERVASIE ·

Interresant om te sien dat ten spyte van die “boikot”, en verset teen onregmatigheid van die grootste deel van afrikaanssprekendes, is daar geen buitebande gebrand, winkelvensters gebreek, motors beskadig of afgebrand nie. Dit is jammer dat ander belangegroepe nie konflik op dieselfde beskaafde wyse kan hanteer nie.

Judge Dredd ·

Kyk hoe bly is hulle nou !

Die Ghoemas sal van nou af as die VBK bekend staan.
VBK = Verloorder Bemagtiging Kompetisie.

Generaal (afg) Caprivi ·

Gee hulle suigstokkies en spookasem en die wêreld is ‘n fees.

Nett ·

Welgedaan aan DIE LAND met julle toekenning en bydrae tot Afrikaanse musiek, mag julle nooit ophou om op te staan in dit wat julle glo….

Rooi Jan ·

Mense wat die AIG wil bywoon behoort te kies wie moet optree. Gee die Ghoema hensoppers ‘n skop onder die jis.

Andries ·

News24 berig dat die ghoemas sonder enige haakplekke afgeloop het. As dit nie vals verslaggewing is nie? Hulle besit mos Multichoice.

Ansie ·

Die kunstenaars en ander wat wel ghoema
toe is… Julle het jul geboortereg vir n stuk gemors verruil… Daai ghoema is nie jou bloed en velkleur werd nie…maar ja almal het keuses… ons res van die publiek ook… Laat die waarheid val waar hy wil… En so ook die verkope en respek aan die wat NIE gegaan het NIE… mag die pad vir jul mooi wees…. Mag ons Hemelse Vader goedheid en guns soos manna oor jul laat reen….

Tante ·

So is die kaf toe van die koring geskei! Afrikaans BO Steve en sy mede sangers en so die ander wat werklik trots Afrikaans is wat hom bygestaan het ek saluut julle so ook baie ander SAkaners

thea ·

swak swak
die b span het gewen, wonder hoe voel julle wat weet wie moes regtig gewen het
ons sal dit onthou wie en wat ons moet ondersteun

Koos de Meyer. ·

Snotkop en die res het hulle ware klere gewys. Ons gaan julle Spur.

Welkom in SA ·

Enige Sanger wat gisteraand by die Gumas was,

IS ‘N VERRAAIER EN ONDERSTEUN MULTICHOICE

riaan ·

Stem.

Per implikasie ondersteun hulle ook diskriminasie en rasisme want dit is wat die optrede van black choice was!!!

Piet ·

Kan ‘n mens nog iets bysê.
Julle idee van demokraties – onuitspreeklik.
Eindtelling: Vryspraak 0 – Ghoema Demokrasie 1.
`Wiens brood men eet diens woord men spreekt`
Pragtig Demi!
Paneel – terug trog toe!

Siener ·

Ek is bly om te kan se dat nie een van hierdie sogenaamde kunstenaars wat die Ghoema ondersteun se cd’s is in my versameling nie. Snotkop sin is gisteraand al gebreuk en weggegooi. Sies snotkop en om te dink my kinder hou van jou. Gelukkig verstaan my kinders my verduideliking oor Afrikander draadsitters soos snotkop.

Sinies ·

Fasisme het gewen.
.
Multichoice = no choice
.
Hulle groter groep het dieselfde met Praag gedoen.

waarheid ·

Ek is so bly ek weet nou wie die uitverkopers is.
Dankie vir die foto’s sodat ons almal kon sien.
Die ‘fame’ was vir hulle die belangrikste .
Arme hulle – so sal hulle dus onthou word, as Fame seekers en uitverkopers.
Kry hulle jammer.

Boerboel ·

Stem saam Thea, uit beginsel sal ek die wat onttrek het ondersteun, Die res, jammer, geniet julle Goemas, Kyk of dit julle voorentoe gaan help. In plaas van staan by die wat onttrek om hulle n’ punt te wys. Die beste was nie daar nie so hierdie was seker die troos prysies.

Trots Afrikaan ·

Wanneer gaan ons besef dat on nie ‘n uitverkose volk is nie, dat daar nie so iets soos uitverkose volk bestaan nie. Wanneer gaan ons leer dat niemand my taal en kultuur kan wegneem van my nie, behalwe ekself… Wanneer gaan ons leer dat ons nie in ‘n koekon op ‘n mensgemaakte eiland kan leef met ons kop in die grond soos ‘n volstruis nie. Wanneer gaan ons besef dat ons is Afrikane, gebore in Afrika, Afrika bloed in ons are Afrikan son in ons lewens… Ek is trot Afrikaan, ek praat Afrikaans en ek leef saam met ander Afrikane in Afrika… Ek gun hul hul kultuur en taal en hul gun my my kultuur en taal. Solank as wat jy kop in die grond volstruis is sal jy altyd alleen en uitgeworpe voel… sorry jy doen dit aan jouself. Ek is ook trots kind van God en leef Sy liefde elke dag voluit uit en omhels alle mense met Sy liefde sodat hul ook Hom kan ontmoed en leer ken soos ek… Titus 2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn

Judge Dredd ·

En tog besef jy nie dat sekere Afrikane soos Lesufi/Multichoice hard besig is om jou taal/kultuur te probeer ontse.

Boere-Afrikaner ·

BOERE-VERRAAIERS, DRAADSITTERS….
Julle gaan dit voel aan julle sakke…Vir die manne wat saam met STEVE HOFMEYR staan, die land het baie meer respek vir julle gekry…Gaan Groot!!!!

Gideon ·

Regstellende aksie. Is jy regtig die beste? Of kry jy die prys vir ‘n ander rede? Geloofwaardigheid en respek op die spel.

Susan ·

Wat nou van die kunstenaars wie gisteraand daar was? Gaan almal hulle optredes en cd’s boikot? Dan gaan arme Karlien baie hartseer wees, want sy het gesorg dat sy op die rooi tapyt verskyn.
Nog ‘n vraag: verstaan ek reg dat Piet Botha ‘n toekenning moes kry? Sien sy naam op die lys, maar lees niks van hom nie. Wat is daar aan die broei?

HPV ·

Ek respekteer die wegblyers asook die wat teenwoordig was, hulle het die reg om self te besluit. Ek minag egter Instansies en borge wat dubbel standaarde en afpers metodes tot hul eie voordeel gebruik.

Joan ·

Kom ons sê die sogenaamde groot vyf sou al die toekenning gewen het wat Demi Lee gewen het…. Daar is nog 30 ander toekennings wat ander mense gewen het, maar oor STEVE wat weer sy 10 minute van roem MOET kry, kry hulle nie die erkenning wat hulle verdien nie ? Ek skaam my vir julle….

Danie van der Westhuizen ·

FAME vs TROTS…. Dankie DSTV dat jul ons Taal PROBEER Breek… Wel, die nuus is dus… Ons is te sterk jong, ek moes die jaar kies om te gaan of nie, dit was maklik, Geluk aan my ander Kolegas wat so Mooi Uitgestaan het… Goeie Werk.

Mag Alle Kunstenaars soos ek, wat by ELKE Optrede, ELKE CD, en met al hul Doen en Late Konstant opstaan vir ons Taal en Kultuur, ook deur Ons mense Raakgesien word.

Groete.

#SAAMSTAAN

Chrisi ·

1…2…3…. Gaan KOOP nou die mense se liedjies en CD’s!! Wees ook ondersteuners met integriteit.

mr q ·

Baie geluk aan die wenners !
Hoe op aarde kan hierdie kompetiesie regverdig word ? Nie alle inskrywings was oorweeg nie ? Baie geluk vir niks !

Jan Alleman ·

Na dese gaan die volgende in alle musiekwinkels afspeel: mamma, hou ons van Snotkop? Nee pappa, hy was by die ghoemas

Wil net weet ·

Die vertoning was nie life uitgesaai soos ander jare nie oordat hulle bang was vir uitlatings soos Demi s’n. Wonder as hulle dit nou gaan uitsaai of hulle haar speach gaan uithaal of wys. Ekt nie meer dstv nie, so ek wonder maar net…

Die aand was ‘n flop. Die kos was pateties. Die musiek by die after party was oorverdowend hard. Diens by die kroeg was vrot. Moes omdraai sonder iets. Die atmosfeer was ongemaklik.

Gaste wat kaartjies gekoop het was ingeskuif by vip gedeelte omdat daar te veel stoele leeg was.

Geluk Ghoemas, hoop julle het julle laaste jaar geniet. Want waar ek sit en als ontleed, was hierdie julle laaste een. Tensy julle volg jaar bereid is om weer te probeer met slegs gekleurde vel mense.

Aan Die Land… Julle was die Wenners. Dis my nuwe gunsteling lied. Puik.

Net ek ·

Wie is al hierdie vreemde mense en wat maak hulle met goed wat lyk soos blompotte!!

Snaakse besigheid

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Who cares ……..selfde narsistiese snert as die Hollywood afbeeldings….hoekom deel hulle nie Kruger-rande uit wat iets werd is as jy dit verkoop nie…….
.
.

anton ·

Gelukkig het ek nog nooit en gaan ek nou ook nooit na enige sanger wat die ”goemas” bygewoon het se musiek luister nie!!!
Dank die Vader mens het keuses in die lewe wat niemand van jou kan wegvat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.