Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het gesê hy sal die Openbare Beskermer versoek om ondersoek in te stel ná pres. Cyril Ramaphosa glo versuim het om ʼn konflik van belange te verklaar tussen hom, sy seun Andile en Bosasa.
Lees meerAlles vir Donderdag 18 April 2019
Hulp gevra vir beseerde werkers ná staking
Die vakbond Solidariteit het Donderdag die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater versoek om finansiële, emosionele en ander ondersteuning te bied aan die talle gesinne wie se huise afgebrand is tydens ʼn vyf maande lange staking wat met geweld gepaard gegaan het.
Geen onafhanklikes in algemene verkiesing toegelaat
Onafhanklikes sal steeds nie in nasionale en provinsiale verkiesings in Suid-Afrika as kandidate kan staan nie – hulle sal hulle by politieke partye moet aansluit of desnoods self partye moet stig as hulle dit wil doen.
Drie vas oor padwaardigheidsertifikate
Drie persone is Donderdag deur die Valke se eenheid, wat ernstige korrupsie ondersoek, in hegtenis geneem in verband met vervalste padwaardigheidsertifikate.
Hier is die beste munisipaliteite in die land
Die jaarlikse peiling van Good Governance Africa het die beste munisipaliteite in die land aangewys.
Mueller-verslag oor Trump binnekort vrygestel
Die spesiale ondersoeker Robert Mueller het 10 gevalle van moontlike inmenging tydens Amerikaanse pres. Donald Trump se verkiesingsveldtog ondersoek, het prokureur-generaal William Barr Donderdag gesê.
Kragtoevoer by hospitaal herstel ná storm
Die kragtoevoer by Addington-hospitaal in Durban is herstel ná kritiese dele van die hospitaal in donker gehul is ná ʼn “erge middernagtelike storm”.
ToekomsVenster: Ken jy die krag van gebed?
Hoe lyk jou toewyding vandag? Waaroor gaan dit ten diepste? Watter rol en plek speel persoonlike toewyding in jou lewe? Ken jy die krag van gebed?
Interdik bekom teen staking by Comair
Die arbeidshof het Donderdag tydelik ʼn interdik goedgekeur teen ʼn staking van lede van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) by die lugredery Comair Limited, maar het uitspraak voorbehou in die saak.
Inflasie op verbruikersgoed – so boet jy nou vir drank, tabak en koeldrank
Dié grafiek verskaf ʼn oorsig oor die Verbruikersprys (VPI)-inflasiekoers. Amptelike verbruikersinflasie staan tans by 4,5% vir Maart 2019.
Beswaar teen staat se poging om Airbnb te reguleer
“Afgesien van die potensiële inbreuk wat hierdie drempels op eiendomsreg maak, is dit heeltemal oorbodig.”
Ses trokke, bakkie tydens betoging vernietig
“Die werkers, wat glo al maande lank nie betaal is nie, het paaie met klippe, brandende bande en ander voorwerpe versper en verkeer op die R38, asook die N11 by Middelburg ontwrig.”
Foto’s: Helikopter val in Centurion
ʼn Helikopter het Donderdagmiddag langs die Zwartkop-gholfbaan in Centurion geval.
Botswana se grootste blou diamant nog ontdek
“Dit is ongelooflik ongewoon dat ʼn steen van hierdie kleur en aard uit Botswana kom.”
Amla in Wêreldbekergroep ingesluit
Die Proteas se groep vir die komende Wêreldbeker is pas bekend gemaak.
Nog ʼn hupstoot vir droogteverligting in NK
Volgens Agri SA het die droogte in Sutherland verwoestende gevolge vir die skaapboerderye ingehou en die dorp se ekonomie onder enorme druk geplaas.
Internasionale regte verkoop vir topverkoper-misdaadreeks
Irma Venter word algemeen beskou as een van die topskrywers in die Afrikaanse misdaadgenre. Die vertaling van haar werk vergroot haar lesersgehoor en bied vir meer boekwurms die geleentheid om haar lekkerleesboeke te geniet.
SA mag nie ‘veilige hawe vir sluipmoordenaars’ word
“Sou die NVG, Valke en polisie versuim om die verdagtes in dié saak te vervolg, sal dit beteken dat Suid-Afrika ’n veilige hawe vir sluipmoordenaars geword het. Dié uitspraak stuur ’n boodskap aan die polisie en die NVG dat hulle nie kan nalaat om misdadigers te vervolg bloot omdat hulle politieke verbintenisse het nie.”
1 dood, 10 beseer op Suid-Afrikaanse paaie
In die Wes-Kaap het ʼn trompop botsing op die N1-snelweg buite De Doorns Donderdagoggend die lewe van een persoon geëis.
MRK gryp in ná bruidswinkel nie gidshond wil toelaat
Die kommissie het gesê daar is heelwat wetgewing wat mense met gestremdhede se waardigheid help respekteer en hulle beskerm teen onbillike diskriminasie. Hy het hom daartoe verbind om dié regte te help bevorder.