Botswana se grootste blou diamant nog ontdek

Die gepoleerde diamant. Foto: ODC

ʼn Blou diamant van meer as 20 karaat is die grootste van sy soort wat nog in Botswana gevind is.

Die ovaalvormige diamant is deur die Okavango Diamond Company (ODC) bekend gestel.

Die diamant se kleur is deur die Gemological Institute of America gegradeer met ʼn helderheid van VVS2, een van die hoogste gepoleerde kleurklassifikasies wat vir enige blou diamant bereikbaar is.

Volgens die ODC is die diamant in die Orapa-myn gevind. Die unieke blou kleur word geskep deur die molekulêre insluiting van die skaars mineraal boron wat tussen 100 en 3 miljard jaar gelede teenwoordig was in die rotse van antieke oseane tydens gewelddadige diamantvormende vulkaniese aktiwiteit.

Die ongeslypte steen. Foto: ODC

“Van die eerste oomblik dat ons die diamant gesien het, was dit duidelik ons het iets baie spesiaal gevind,” het Marcus ter Haar, besturende direkteur van ODC, gesê.

“Almal wat al na die diamant gekyk het, staan verwonderd oor sy unieke kleur, wat baie waarneem as in teenstelling met enige blou steen wat hulle al voorheen gesien het. Dit is ongelooflik ongewoon dat ʼn steen van hierdie kleur en aard uit Botswana kom. Dit is ʼn eenmalige ontdekking wat omtrent so skaars is soos ʼn ster in die Melkweg.”

Die diamant staan nou bekend as “The Okavango Blue” ter erkenning aan Botswana se Wêrelderfenisgebied, die Okavango-delta.

Die diamant sal na verwagting teen die einde van die jaar verkoop word nadat dit eers in die komende maande uitgestal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Neels ·

Wow maar afrika se ancisters sorg vir die lande . Eers SA by Cullinan, toe Leshoto en nou Botswana. Almal obgeveer binne n maand. Al deie met kneuwels van die blink klippe

Andreas ·

En let wel, hulle het dit nie saam uit die noorde gebring nie, nee die goed groei summer hier tussen ons onder die grond. Ook is dit uit Afrika en nie deur die kolonialiste hiernatoe gekarwei nie.

PaulV ·

Jaco; ek is self verstom oor die aanmerking. Die melkweg bestaan uit miljoene sterre.

Frans ·

Bog! Miljarde jare gelede? Hierdie aarde is nie ouer as sesduisend jaar nie, dis volgens die Bybel waarin ek vas glo.

Cherokee ·

Dit is jy wat bog praat. Hierdie is ‘n uitdaging. Nie een van jul ses duisend jaarders bestudeer die Bybel nie maar praat bloot agter mekaar aan. My Bybel sê ‘In die begin het God hemel en aarde geskape’. Dit sê nie hoeveel tyd het gevolg tussen die eerste en tweede verse in Genesis nie. Dit lyk asof julle by vers 2 begin lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.