Suid-Afrikaanse suikerrietkwekers waarsku dat werksverliese weens die sogenaamde suikerbelasting allermins “teoreties” is. Dit kan die doodskoot vir duisende werkgeleenthede in veral die landelike gebiede van Mpumalanga en KwaZulu-Natal wees.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "suikerbelasting"
Suikerbelasting ʼn bitter pil vir die bedryf
ʼn Nuwe verslag oor die sosio-ekonomiese impak van die gesondheidsbevorderingsheffing (HPL of suikerbelasting) wat in 2018 ingestel is, wys die verwoestende impak wat dit op die suikerbedryf, breër ekonomie en werkskepping het.
Inflasie op verbruikersgoed – so boet jy nou vir drank, tabak en koeldrank
Dié grafiek verskaf ʼn oorsig oor die Verbruikersprys (VPI)-inflasiekoers. Amptelike verbruikersinflasie staan tans by 4,5% vir Maart 2019.
Ekonomiese oorsig oor 2018: Die ANC se groter projek
Die uiteindelike vraag wat dinkskrums en ontleders nou moet oorweeg, is of ʼn Suid-Afrika, geskoei deur ʼn oënskynlik beter bestuurde, minder korrupte ANC, maar wat steeds volgens sosialistiese ekonomiese en maatskaplike beleidsvoorstelle handel, sal kan werk, skryf Gerhard van Onselen.
Administratiewe kostes gaan verbruikers hard slaan
Roodt wys daarop dat veral vervoerkostes opgejaag word, wat noodsaaklike produkte se pryse gaan laat styg.
Slegte nuus vir soettande
Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het die heffing op suikerdrankies verlede jaar voorgestel en gesê die doel is om vetsug te beveg wat tot 42% van vroue en 13% van mans in Suid-Afrika raak.
Minder Coke teen dieselfde prys
Talle sosialemediagebruikers het die maatskappy vandeesweek daarvan beskuldig dat hy dié verandering sonder enige behoorlike advertensie gedoen het en boonop ook dat hy gebruikers “uitbuit” deur die prys dieselfde te hou.
60 000 kan werk verloor oor voorgestelde suikerbelasting
Die koeldrankbedryf in die Oos-Kaap het Dinsdag ʼn beroep gedoen op die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit en die provinsiale regering om hom by te staan om die voorgestelde belasting op suikerversoete-koeldranke teen te staan.
Soettande dalk binnekort bitter oor nuwe belasting
Die voorgestelde belasting kom teen ʼn agtergrond van ʼn toenemende wêreldwye kommer oor vetsug as gevolg van ʼn hoë suikerinname.