Begroting: Minister moet verhoging in suikertaks omkeer

Die vereniging sê daar was tot dusver geen bewyse dat die belasting tot dalende vlakke van vetsug gelei het nie. (Foto: SA Canegrowers/X)

Suikerrietkwekers het ʼn beroep op die minister van finansies gedoen om, wanneer hy Woensdag die mediumtermynbegrotingsraamwerk in die parlement ter tafel lê, die sogenaamde “suikerbelasting” op te hef.

ʼn Verhoging in die gesondheidsbevorderingsheffing – alombekend as suikerbelasting – is vroeër bekend gemaak.

Dit was ʼn bitter pil om te sluk vir die plaaslike suikerbedryf wat in die 2022/’23-seisoen reeds die wind van voor gehad het. Produsente het gesteier onder stygings in produksiekoste, oorstromings het chaos veroorsaak en beurtkrag het die bedryf by tye lamgelê. Dan is daar ook die suikerbelasting wat deurlopend soos ʼn swaard oor die bedryf se kop hang.

“Die styging wat in April 2025 in werking tree, is ter tafel gelê sonder enige beraadslaging met die suikerbedryf en ander belanghebbendes. Met geen bewyse dat die belasting vlakke van oorgewig werklik verminder het nie, gaan dit verwoestende gevolge vir Suid-Afrika se landelike gemeenskappe inhou op ʼn tydstip wat werkloosheid op rekordhoëvlakke is,” sê die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging (SASKV).

In sy begrotingsrede in Februarie vanjaar het Godongwana aangekondig dat die inwerkingstelling van die verhoging met twee jaar uitgestel word. Die rede hiervoor was om voorsiening te maak vir verdere konsultasie.

“Nieteenstaande hierdie opmerking het geen konsultasie tot dusver plaasgevind oor die verwoestende uitwerking van suikerbelasting op Suid-Afrika se kwekers, meulenaars en landelike gemeenskappe nie.”

Die vereniging sê die “dwaasheid” van ʼn verhoging op ʼn kritieke tydstip vir die bedryf word vererger deur die voortgesette krisis by meule, asook Tongaat Hulett en Gledhow wat steeds in sakeredding is. Groot kommer heers steeds oor die toekoms van die meule op langtermyn, asook oor hul vermoë om op korttermyn die nodige instandhouding te doen om in die nuwe seisoen doeltreffend bedryf te word.

“Die nasionale tesourie moet hierdie materiële kommer oorweeg voordat enige besluit oor die verhoging van die suikerbelasting geneem word.”

Die bedryf dra in hierdie stadium ʼn geraamde een miljoen werkgeleenthede, hoofsaaklik in landelike gebiede in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. “Die verlies aan noodsaaklike werkgeleenthede in die bedryf gaan duisende Suid-Afrikaners op maatskaplike toelae aangewese maak op ʼn tydstip wat die tesourie dit die minste kan bekostig.”

Die vereniging waarsku ook dat werkverliese allermins “teoreties” is. Onafhanklike navorsing deur Nedlac het gewys dat meer as 16 000 werkgeleenthede en R2 miljard net in die eerste jaar van die inwerkingstelling van die belasting verlore gegaan het. Verdere modelle deur die hoogs aangeskrewe Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) wys dat net die blote volhou van die belasting oor die volgende dekade tot die verlies van duisende hektaar onder suikerriet gaan lei – en dit gaan tot nóg werkverliese aanleiding gee.

“Met die staatskas in ʼn benarde posisie en die ekonomie voos wees inflasie en werkloosheid, kan Suid-Afrika die swak tydsberekening van hierdie ingryping nie bekostig nie. Dit is selfs meer kommerwekkend omdat daar tot dusver geen bewyse is dat die suikerbelasting sy doelwit – om vetsug teen te werk – bereik het nie.”

Sommige sien dalk die suikerbelasting as ʼn bron van inkomste vir die fiskus, maar die vereniging sê dit is ʼn kortsigtige benadering wat rampspoedige langtermynkoste gaan hê – veral in plattelandse gebiede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annie ·

Watter skelm twak. Dit is nie suiker wat die probleem is nie. ‘n Mens word nie vet van suiker alleen nie. Nou word mense siek van kunssuiker maar dit is ok. Maar die ANC hou van geld. Baie geld.

Pieter ·

Ek stem saam – suiker is nie die vyand nie – opmdat ek nou houi van Coka Cola met suiker word ek ekstra belas – dis bealglik.

Amelia ·

en die anc gebruik nie suiker nie ag sorry hul doen hul betaal nie daarvoor nie want belasting betalers betaal als vir hullemaar wil tax daaro he nee tog die mense praat …

Nommer 7 ·

Klink of die suikerprodusente armlastig is, en nog nooit niks gespaar het. Kan dit werklik waar wees?

Vriendelike Frikkie ·

Mense moenie nou weer dink dis net ‘n ANC ding nie. Suiker belasting is ‘n werklikheid in meer as 30 lande wêreldwyd. In Amerika is die belasting nie nasionaal nie, maar sommige groot metropole het hul eie plaaslike suikerbelastings ingestel. Is maar hoe dit is, as daar geld gemaak kan word uit die eindgebruiker, sal hulle.

Karoo ·

Vriendelik Frikkie, jy slaap die spyker op die kop. Die ander lande…. sit met… National Health. So….. jy staf die suiker produsent en almal wat dit in produkte gebruik en so het jy geld vir al die pille wat die massas gaan nodig he. Nou is soetgoed duurder, en die verbruiker gebruik minder daarvan so die las is minder op die staat. Kort en die lank is, as jy meer as 2 brein selle het, weet jy dat jy jou gesondheid moet bestuur en die vir wie jy leer en kos gee. Take responsibility…. suck it up buttercup!

OU SAAR ·

Ek gaan dalk nou baie dom klink of voorkom…
Ek sal graag wil weet of die regeringsamptenare ooit belasting betaal?
Ek meen, as hulle ook belasting betaal, hoekom laat hulle toe dat alles so duur word. Op hulle salarisse moet daar ń klein fortuintjie belasting afgetrek word, maar hulle kla nie.
Dit is die rede wat my laat wonder…
Jammer as ek dom klink en sekere mense dalk nou irriteer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.