Foto’s: Kaapprovinsies in wit getooi

Sneeu in die Matroosberge (Foto: Storm Report SA, Twitter)

Sneeu het Donderdag dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap oornag in ʼn prentjiemooi landskap omskep. Sneeu het op plekke tot 20 cm diep gelê.

Sosialemediagebruikers het talle foto’s van berge met sneeukappies en sneeubedekte bome, velde en paaie op Facebook en Twitter gedeel.

Sneeu het Donderdagaand oor die hoogliggende gebiede van die Wes-Kaap, hoogliggende gebiede in die westelike en suidelike dele van die Oos-Kaap en die suidwestelike dele van die Noord-Kaap begin uitsak. Dit het uiterste koue in hierdie provinsies tot gevolg.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het vroeër berig die sneeu sal teen Saterdag na die hoogliggende gebiede in die suidwestelike en westelike dele van KwaZulu-Natal en die Drakensberg-streek uitbrei.

Sneeu in die Matroosberge (Foto: Storm Report SA, Twitter)

Die koue sal teen dán ook na die sentrale binneland versprei en inwoners in die Vrystaat, Noordwes, Gauteng en Mpumalanga sal ʼn ongewone byt in die lug voel.

Wydverspreide reën het van Donderdag af ook in die westelike gedeeltes van die Wes-Kaap uitgesak en teen vanoggend na die westelike en suidelike gedeeltes van die Noord-Kaap uitgebrei.

Sneeu in die Matroosberge (Foto: Storm Report SA, Twitter)


Boorde bedek met sneeu by die Swaarmoed-pas (Foto: Hortgro, Twitter)


Sneeu digby die Swaarmoed-pas (Foto: Hortgro, Twitter)


Sneeu in die Matroosberge (Foto: Storm Report SA, Twitter)


Nooitgedacht Koue Bokkeveld (Foto: Hortgro, Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Suzette ·

Pragtig verby. Net jammer ons kry net altyd die koue. Dankie tog vir fotos :)

Samuel ·

Dit is pragtig. As ek dit nie mis het nie, is sulke koue welkom by die vrugteboere.

Cherokee ·

Arme Kapenaars! As julle verder geleer het, het julle ook nou in durbs ontspan, met ‘n koel plafonwaaier. Ek fight julle nie (!) onthou, julle het net verkeerd gekies na hoërskool, om na die koue Kaap toe te trek (of daar te bly). Emigreer na KZN!!!

Harley Davidson ·

Wag tot die kaap onafhanklik word dan gaan julle Kzn mense ‘n visum nodig hê om nadie kaap te reis.
Lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.