Foto’s: Lodge noord van Pretoria brand af

Die Sheerwalk Lodge in Grootvlei brand. (Foto: Verskaf)

’n Lodge noord van Pretoria het Sondag so te sê afgebrand nadat ’n verwoestende veldbrand daarheen versprei en grasdakstrukture die een ná die ander aan die brand geraak het.

Sowat tien strukture (20 kamers) en ’n konferensiefasiliteit by die Sheerwalk Lodge in Grootvlei het in die slag gebly nadat die wind gedraai en ’n nabygeleë veldbrand in die rigting van die lodge gedruk het.

Twee teëldakhuise by die lodge het staande gebly. Die strukture se dakbalke het begin brand, maar kon taamlik vinnig geblus word.

Daar was egter geen keer toe die grasdakke begin brand nie, vertel Tarien Cooks, voorsitter van die Apiesrivier-brandbeskermingsvereniging.

Die Sheerwalk Lodge in Grootvlei brand. (Foto: Verskaf)

“Die hitte was van so ʼn aard, jy kon nie naby die dakke kom om dit te blus nie.”

Cooks sê die brand het 11:40 in die omgewing van Grootvlei ontstaan en “letterlik van Tambotiestraat tot teen die N1-snelweg deurgebrand.”

Sowat 13 kleinhoewes het in die proses afgebrand. Cook verduidelik dat daar geen water op die kleinhoewes was om die vlamme te blus nie nadat die Pyramid-substasie, wat langs die Rooiwal-kragstasie gebou is, verlede week self aan die brand geraak het.

Die Sheerwalk Lodge in Grootvlei brand. (Foto: Verskaf)

“Dit was ’n verskriklike moeilike brand gewees. Die vlamme was tussen twee en vyf meter hoog en het teen ’n spoed van tussen 1,5 en 2 km [per uur] beweeg. Dit was redelik vinnig gewees en die wind het in ’n suidoostelike rigting gewaai. Die plantegroei was ook van so ʼn aard dat ons gesukkel het om dit geblus te kry.

“Die lodge het so vinnig afgebrand. Ek dink dit het binne tussen 20 minute en ʼn halfuur afgebrand.”

Die eienaar van die Sheerwalk Lodge kon nie Maandag dadelik vir kommentaar bereik word nie.

Die Sheerwalk Lodge in Grootvlei brand. (Foto: Verskaf)

Die Sheerwalk Lodge in Grootvlei brand. (Foto: Verskaf)

Die Sheerwalk Lodge in Grootvlei brand. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

FCR ·

Solank as die ANC in beheer is sal dit so aangaan en NOOIT ophou nie.

FCR ·

Ja want hulle weet hoe gou brand so ‘n plek af. Selfs die een in Magoebaskloof ‘n paar jaar terug.

Mariaan ·

Ek glo gladnie meer dat spesifiek oorde en lodges afbrand agv weersomstandighede nie.

Papsak ·

Nee kyk geen plek of veld kan net so aan die brand raak nie hierdie brande word gestig klaar

John ·

Snaaks genoeg dit gebeur nadat die substasie ook afgebrand het……

FCR ·

Dalk moet hulle eerder ‘n teëldak opsit as hulle dit herbou. Ons land is bekend vir veldbrande die tyd van die jaar en ‘n GROOT risiko vir plekke met grasdakke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.