[Foto’s] Man sterf toe 4 motorfietse, kar bots

Paramedici op die toneel. Foto: Netcare 911

ʼn Man is dood en twee ernstig beseer in ʼn gru-botsing Saterdagmiddag in Rustenburg in Noordwes waarin vier motorfietse en ʼn voertuig betrokke was.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 15:30 op die R24 plaasgevind.

“Een motorfietsryer is op die toneel dood en twee ander het ernstige besering opgedoen. Een van die beseerdes moes met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word,” het Herbst gesê.

Inligting rakende die omstandighede om die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
leser

meegevoel met naastes en beseerdes
4 motorfietse en voertuig aan linkerkant “stukkend” ????????

Landras

As Motorfietsryer-man se vrou wil ek graag ‘n bewusmaking skep , motorfietsryers wat ROOI covers op julle voorligte het , haal dit asb. af , vir voertuie wat van voor af kom , mag dit lyk soos iemand wat rem in dieselfde baan , meantime kom jy van vooraf met ‘n biker-spoed en niks wat jou beskerm nie .

LED

Verwyder ook sommer die ekstra en verblinde kleiner LED liggies aan weerskante van jou fiets, om aankomende verkeer te verblind maak nie die situasie veiliger.

Tammy

Ek ry nie self motorfiets nie, maar ruik n rot. Wat het hier gebeur? Is daar iemand wat weet hoe 4 motorfietse gelyk in een voertuigongeluk betrokke kan wees? Dit klink net nie logies dat almal veilig bestuur het nie?

Chris Ws

My dogter hulle woon langs daai pad.Ons was vandag daar vir ‘n kuiertjie en daar kom ‘n motorfiets verby teen seker 12,000 rpm.Sy enjin het letterlik geskreeu.Hoe vinnig het die maniak gery?Ek weet nie alle motorfietsryers is jaagduiwels nie maar ek is beried om te se meer as 75% IS.So gebeur iets is sy kanse nul om ‘n botsing te vermy of selfs net af te val – sonder beskerming let wel.En die gevolge daarvan is skrikwekkend om die minste te se. Het in die week ‘n mototrfiets gekry van vooraf wat se hooflig my vir etlike sekondes verblind het… Lees meer »